Kohler-Barnard terug in die DA

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard

Dianne Kohler-Barnard se skorsing uit die Demokratiese Alliansie (DA) is Dinsdagmiddag opgehef.

ʼn Paneel van vyf het Dinsdag Kohler-Barnard se appèl teen haar skorsing aangehoor en daarna aangekondig dat sy weer tot die party mag terugkeer met sekere voorwaardes.

“Sy moet bedank uit al haar posisies in die party, buiten haar setel in die Nasionale Vergadering,” het Glynnis Breytenbach, voorsitter van die DA se Federale Kommissie, gesê.

Die voorwaardes sluit in dat sy vir die res van haar parlementêre termyn nie aan enige oortredings skuldig bevind word nie; sy ʼn boete van R20 000 aan ʼn nie-regeringsorganisasie betaal; en dat sy versoening en restitusie onder voorheen benadeelde persone sal bevorder.

Maroela Media het vroeër berig Kohler-Barnard se lidmaatskap is in Oktober opgeskort nadat sy skuldig bevind is aan wangedrag. Dit kom nadat sy ʼn inskrywing van Paul Kirk, ʼn joernalis, op haar Facebook-blad gedeel het waarin hy onder meer geskryf het: “Hierdie is ʼn blêddie sirkus. Kom asseblief terug PW Botha. Jy was by verre eerliker as enige van hierdie ANC skurke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Mariki ·

Feit bly staan, sy het die absolute waarheid gepraat!!!! Bly haar appel het geslaag. ANC doen en sê baie erger rassistiese dinge elke dag, en geen haan kraai daarna nie!

Dee ·

Nee, die enigste feit wat bly staan is dat sy ‘jammer is dat sy dit gesê (of gedeel) het, beslis het sy verskoning gevra daarvoor, so dus is geld vir haar meer werd is as die siening wat sy vir enkele dae werklik geglo het. Sy glo dus nie meer dat die krokodil beter was as enige van die anc-skurke nie. Julle DA-skurke is presies soos sy. In hierdie forums pleit julle konserwatief totdat tannie Helen vir julle geel T-hemde gee.

Loeis ·

Dit sal vir haar en ander DA lede ‘n waarskuwing wees om nie die waarheid te praat nie.

Johann Marx ·

Ek dink politici mag net foto’s van hulleself laat publiseer wat nie ouer as 6 maande is nie…

Thuunda ·

Ag, stem mense nog vir die DA. Wat sal dit vat om te besef dis net ANC-lite?

Acca ·

Ek wonder net wanneer gaan ons ophou gatkruip en verskoning vra. Ons moet altyd versigtig wees oor wat ons sê want dit moet tog net nie aanstoot gee vir die wat daadwerklik verkeerd is nie. Ons kan slegs gesê word en vertel word hoe ons die geslagte se gronde gevat het en dat ons durf die feite deel dan is ons verkeerd. Die DA moet oppas hulle wys hulle ware kleure en is net soos die ANC

KarenG ·

Sy praat eerder Spaans as Afrikaans is al iets wat sy kytgeraak het…..sy vergeet duidelik wie ‘n groot bydrae tot die party se stemme lewer. Klink vir my asof sy ‘n gewoonte daarvan maak om te praat en doen voor sy dink…

magdas ·

My opinie is dat Niekie v d Berg ook te eerlik was en sy sê ge sê en daarom nie weer gekies is as lid van DA nie.

Chris ·

nee Magdas as jy jou opinie is heeltemal verkeerd. Dink mooi Niekie was bang hy gaan sy job in die parlement verloor en toe bedank hy by die DA en sluit by die VF aan omdat hulle hom 12 de op die lys geplaas het. Hulle het toe minder setels gekry en hy is sy job kwyt as hy by die DA gebly het was hy steeds in die parlement gewees.

Dee ·

Nog ‘n ou Chris, wat vir geld sy seining verander het. Ek is teleurgesteld in die VF dat hulle hom as lid aanvaar het terwyl hy dit openlik gedoen het ter wille van ‘n setel.

Sarel Strydom ·

Eerstens verbaas dit my dat Glynnis Breytenbach so optree? Maar bestaan daar nog iets soos “voorheen benadeelde” Ek meen na 20 jaar wie is hierdie ” voorheen benadeelde ” groep?
Nee wat, klink vir my sy het haar siel verkoop vir die DA.

Frik Lotz ·

Hahaha! Wat n grap! Die DA se deuntjie verander elke dag. Hoe kan enige regdenkende mens nog DA stem? Hul is net die ANC, geen verskil nie. Komaan mense, maak jul oë oop en hou op DA stem!

chrisp ·

Bach.
Dink jy die ANC se beleid is ondersteunbaar(regte beleid om te ondersteen)? Indien jy so dink stem vir hulle.
Indien nie stem vir die een wat die naaste aan jou oplossing is.

Loeis ·

Anders as die DA wat verlede jaar in die parlement vir ‘n verskerping in swart bevoordeling gestem het, veg VF+ met alles wat hy het teen daardie beleid. Anders as Kohler Barnard wie eerder Spaans as Afrikaans praat, staan VF+, onder meer, vir ons taalregte. En ja, ek weet VF+ gaan nie die ANC wen nie, maar die DA gaan ook nie (kyk gerus na verlede jaar se verkiesingsuitslae, dis graad een wiskunde).

Die ACDP het al in koalisies in rade by die ANC help afvat.

Front Nasionaal se benadering is ook prysenswaardig en verteenwoordiging in die strukture kan daartoe bydra.

Fred ·

Dankie me barnard dat jy die waarheid vir die leke van apartheid VErTEL het.dit is die waarheid.

Loeis ·

Fred, Kohler Barnard het na die tyd gese dat sy nie die deel oor PW Botha gesien het nie, en sy het (oor die waarheid) verskoning gevra…

Dit is wel die waarheid, waarheid waaroor sy jammer is, en waaroor haar party haar straf.

Bach ·

Chrisp dankie maar ek het Frik se raad gevra. Sien ons moet oop kop bly en na die bree prentjie kyk. Me Barnard se geval bepaal nie ons toekoms nie. Ons moet mobiliseer teen die ANC en net stemme vir die sterkste opposisie party kan die ANC in die bek ruk. Jy kan seker ook vir die EFF stem.

Gemsbok ·

Bach, jy is baie naïef indien jy glo dat die somtotaal van die land se probleme by die ANC lê.

Indien die ANC met ‘n party vervang word wat bloot voortgaan om die ANC se beleidstukke uit te voer (soos RA, SEB), dan gaan die probleme dieselfde bly.

Hoe groter die DA word, hoe meer word hy soos die ANC. Hier is ‘n voorspelling wat jy maar kan neerskryf: Wanneer die DA die ANC as nasionale regering vervang, gaan die DA presies soos die ANC wees. Waarom? Enige party wat die land wil regeer moet die onmiddelike behoeftes van die meerderheid inwoners van die land eerste stel en dit is reeds bewys dat die bevrediging van hierdie onmiddelike behoeftes tot nadeel van die land as geheel strek.

de Wit ·

Waarvoor wil jy stem ? vir wat ? “Choosing between the lesser of 2 evils” . Moenie die’ subsidieer nie . Jy wys net dat jy erken hulle outoriteit / geloofwaardigheid . Asb ook nie vir n nuwe “puppet” nie .

Loeis ·

Goeie argumente, Gemsbok. Voeg daarby dat Helen Zille en haar Black Sash voor 1994 baie hard geveg het om die stelsel omver te werp en die ANC aan bewind te bring. Die DA se vermetelheid om te vra dat ons hulle nou teen die ANC moet help, en erger, om te verwag dat ons moet glo dat hulle on belange op die hart dra, is eenvoudig ongelooflik. Hul ondersteuning verlede jaar in die parlement van die ANC se voorstel op verskerpte swart bevoordeling is een van vele bewyse dat ons vir ‘n party moet stem wat wel ons belange op die hart dra.

En ja, so ‘n party gaan nie die ANC wen nie, maar die DA gaan ook nie. Stem dan eerder vir ‘n party wat vir jou belange staan.

chrisp ·

Bach.
Jy moet regtig lees en verstaan wat mense soos(loeis,gemsbok en de Wit) se.
Dink logies .As jy ‘n party steun, steun jy hulle beleid en kan hulle met reg aanspraak daarop maak.Dws hulle kan teen jou of jou kind diskrimineer en se jy ondersteun dit en hulle sal reg wees.
Vergeed hierdie “groot opposisie storie dit is net ‘n DA leun soos vele ander.Van die mense het dit al mooi verduidelik.

Langtand. ·

Goeie genugtig! Hoe oud is Barnard op die geplaaste foto?
Laat al die politieke partye in hul maai vlieg, want sulke valsheid en lieg en bedrieg bestaan amper net in die politiek!

Tiaan ·

Daar is nogtans baie Afrikaners wat vir die DA stem bloot omdat hulle die grootste opposisie is ten spyte dat hulle nie regtig na die Afrikaner omsien nie.

Mira ·

Dit is wat hulle weet en dis dit , niks meer nie , Sy oupa het gestem , so hy sal ook .Ceaser , ceaser skree hulle in die Coloseum terwyl Rome brand en hulle sit die “Game” en kyk .

Johann Marx ·

Gebruik tog net asseblief ‘n foto van haar wat onlangs geneem is………..dan sal julle sien hoe die “kommin”-tare verander…

Rynhardt ·

Daar word ou Kohler-Barnard terug verwelkom deur die liberale DA oftewel, tweede Anc! Sy moet darem vir oulaas die soustrein ry.Kohler-Barnard is anti-Afrikaner en anti-Afrikaans! Haar DA ondersteun die vryheidsmanifes van Anc wat se dat blankes mag nie n toekoms he nie, dit is reg dat blanke boere se plase afgeneem word.Die einste DA weier ook om op te staan vir Afrikaanse sjole wat verengels! Rassusme is beslis springlewendig in die DA se DNS! Die DA verteenwoordig niks van my Afrikanerskap, waardes en kultuur nie! DA-ondersteuners moenie bekommerd wees nie, die “dinosaurus-media”gaan volgende jaar se verkiesing bemaek as wonderlik vir julle! Sommige DA-outjies spig reeds dat hul al die munisipaliteite gaan wen.Dit laat my lag! Ek het n spesiale slagspreuk vir die liberale DA:#DAmustfall, the sooner, the better!

Nico K ·

Ek wil eers sê oor Niekie. Ek dink die VF het hom aspris so laag op die lys gesit dat almal geweet het sy kans om in te kom is nul. En dan oor die mense wat net vir die grootste opposisie party wil stem. Dit is werklik onnodig. Enige stem vir enige opposisie party is steeds teen die ANC. Enige opposisie kan ook ‘n koalisie van partye wees. Dit is hoe dit in 90% van alle ander demokrasië werk. En buitendien gaan die DA nie gou die ANC as regering vervang nie. Ek persoonlik glo dit sal nie in die volgende 20 jaar gebeur nie.

Jan maak n Plan ·

Sjaks moet Dianne Kolher-Barnard nie ook tronk toe gaan nie. As ek sy was het ek die DA ook m…toe gestuur. Met hulle optrede is dit duidelik dat die DA nie baie belangstel in die waarheid van die tyd nie. Maar hulle sal volgende jaar leer. Stem sal ons moet gaan stem, maar beslis nie ANC of DA nie, en ongelukkig is daar ook nie n party vir nie stemmers nie. Maar stem sal ons moet gaan stem – OF tervrede wees met die ANC en sy boetie DA.

Flippie ·

Ek kom nog nooit verstaan het hoekom na alles wat hulle ons aangedoen het van ons Boere steeds saam die liberale Brit in een juk wil trek nie.

Ons Boere moet vir eens en altyd besef dat die liberale Brit ons met ‘n passie haat. Hulle sal jou gebruik (misbruik) en as hulle klaar is met jou, jou uitspoeg.

Los die DA hulle het die steun van die Boere nie meer nodig nie – hulle is op ‘n rollende koers met ‘n nuwe baba. Die “urban liberal black”. Wat ook glad nie van die Boer hou nie.

Stem maar eerder vir die VF+. Maar die hemel weet hulle is maar ook ‘n klompie papsakke. Hulle is ook maar te akkomderend en ook te verskonend.

Die enigste oplossing is dat ons, onself moet regeer. Hoe simpel, onsinnig en onuitvoerbaar dit ook al mag klink. As ons dit nie kan vermag nie, is dit verby met ons as volk en kan ons nou maar begin aanpas om iets anders te wees as wst ons is.

Nie die ANC, DA, EFF, IVP, UDM, het baie draad vir die Boer nie en sal eerder whulle wil laat verdwyn as laat voortbestaan.

LAAT DIE BOER HOMSELF REGEER.

Johann Marx ·

Flippie, dit klink na ‘n goeie plan. LAAT DIE BOER HOMSELF REGEER. Net so. In die enkelvoud nes jy dit beskryf……….want waar drie boere bymekaar kom, stig hulle 2 politieke partye, hulle stig 1 kerk, en voor die einde van die week stig twee af!!! BOERE laat hulle nie regeer nie, laat hulle nie lei nie, luister na geen redenasie nie. Lees tog ‘n geskiedenis boek voor jy weer daai stelling maak………..Toe die boere uit die Kaap Kolonie getrek het, waarheen het hulle getrek? Orals heen…….want nie twee kon saamstaan, en na ‘n gesamentlike doelwit toe werk nie. Nog niks het verander sedert daai tyd nie….

Loeis ·

Ongelukkig is van die goed wat jy se, waar, Johann. So bietjie kies in die tong oor jou verwysing na twee partye stig: partye was nie ‘n Boere stelsel nie, die mense het demokraties vir kandidate gestem. Dit het hulle nie in groeppe verdeel soos die ingevoerde stelsel vandag doen nie…

Wat saamstaan vir ‘n gemeenskaplike doelwit aanbetref, is omstandighede tog besig om mense in daardie rigting te druk. Hoe erger dit in die land gaan, hoe harder die druk om saam te werk.

Laar die Boer homself regeer!

GPC ·

Dis jammer dat die waarheid nie gese mag word nie, haar stelling was 100% korrek. Vandag se ANC laat Apartheid soos piekniek lyk. Dis jammer dat DA haar vir die wolve gegooi het, maar mens kan die anderkant ook peobeer verstaan dat DA alles en enigeiets sal doen om ANC stemme te kan werf, gooi hulle haar nie vir die wolwe nie, gaan hul pogings misluk. “Catch 22”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.