ʼn Kok van die Suid-Afrikaanse Vloot daag ʼn polisiebeampte van Kaapstad in die gelykheidshof ná ʼn vermeende rasse-onderonsie, het The Times Woensdag berig.
Phila Mnyanda, die kok, voer aan sers. Zelda Bussey, wat hom in 2011 in hegtenis geneem het vir beweerde dronkbestuur, het hom tydens die voorval ʼn k-woord genoem. Hy beweer sy het hom ook beseer toe sy hom agterin die polisievangwa gedruk het om hom na die streeksgeneesheer vir bloedtoetse te neem.
“Bussey het vir haar kollegas gesê, ‘Die k**** dink hy is slim. Ek sal hom uitsort’,” het Mnyanda in hofdokumente aangevoer. “Ek is ook beseer weens roekelose bestuur van die polisievoertuig terwyl ek agterin vervoer is.”
Mnyanda dagvaar Bussey vir ʼn onbekende hoeveelheid kontant en eis ʼn verskoning.
Bussey het versoek dat die saak uit die hof gegooi word, maar haar aansoek is van die hand gewys.
Die saak is tot 11 Augustus uitgestel. – SAPA
Jip, skree net rassis om die aandag van jou misdaad af te lei en jy is sommer dadelik ‘n slagoffer … ai!
Klink nogal snaaks….dit neem hom ongeveer DRIE JAAR om hierdie K***** storie uitgewerk te kry.
Hoop hy kry lekker op sy neus… flippen dronkbestuurder !!! wat soek jy op die pad as jy GESUIP is ??
So as Dr Mulder sleggesê word as ‘n F****n boer is dit niks, maar hier is die woord k****r iets vreesliks. Ag tog, kry ‘n lewe dronkie!