Kokaïen in motor se stuurwiel versteek

Foto: Limpopo-polisie

Foto: Limpopo-polisie

ʼn Man sal na verwagting Donderdag in die Lephalale (Ellisras)-landdroshof in Limpopo verskyn nadat sakkies kokaïen glo in sy motor se stuurwiel versteek is.

“Die waarde van die dwelmmiddels beloop ongeveer R5 000,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het ook ʼn elektroniese skaal by hom gehad wat vermoedelik gebruik word om dwelmmiddels te weeg.”

Die 36-jarige man, wat met ʼn Nigeriese paspoort reis, is Woensdag van die pad afgetrek toe die polisie onraad vermoed het. “Snuffelhonde is tydens die soektog gebruik waarna die kokaïen gevind is,” het Otto bygevoeg.

Hy staan tereg op aanklag van die besit van dwelmmiddels.

Foto: Limpopo-polisie

Foto: Limpopo-polisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

harry ·

Daai sakkies s nie 5000 rands se coke nie. Meer soos R50 000 se coke

snuffels ·

Harry, jy gaan met jou dealer moet praat vir beter pryse…lyk my jy betaal te veel!!! _____/

Nic Grobler ·

Dis nou ‘n uitstekende plan! Sou self nooit daaraan gedink het nie.

P O Dear ·

Stel jou voor dit was in sy “airbag” en hy is in n botsing . Kepooof!

Jan maak n Plan ·

En ons liewe regering dink die Nigiereers is hier om skoene en klere te verkoop. Almal deal. Vandat hy sy winkeltjie oopmaak binne n jaar dan ry hulle mooi karre en lewe luuks. Gaan probeer jy dieselfde en sien of jy regkom – ek glo nie.

anton ·

Ek hoor die nuutste is om coke of tik in hoofpyn poeier se papier, by uitlanders se winkels te koop. Waar gaan ons land heen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.