Kokstad-verdagte soek ná hy op borgtog vrygelaat is

Antony van Rooyen. Foto: SAPD

Antony van Rooyen. Foto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is op soek na Antony van Rooyen (44) in verband met ʼn beweerde verkragtingsaak.

Volgens kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Van Rooyen na bewering ʼn vrou tussen Maart 2002 en Desember 2009 verskeie kere in Kokstad in KwaZulu-Natal verkrag. “Nadat die saak by die polisie aangemeld is, het die seksuelemisdrywe-eenheid in Kokstad die saak ondersoek en hom kort daarna in hegtenis geneem,” het Zwane gesê.

Van Rooyen het gevolglik ʼn paar keer in Kokstad se landdros- en streekshof verskyn en is later op borgtog vrygelaat. “Van Rooyen moes weer op 13 Desember 2013 in die hof verskyn, maar hy het gedros en nie sy borgtogvoorwaardes nagekom nie,” het Zwane gesê. “ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisname is dadelik uitgereik. Daar word vermoed dat hy in die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied is. Hy besoek glo ook gereeld Pietermaritzburg.”

Die polisie versoek enigiemand wat weet waar Van Rooyen hom mag bevind om sers. Nobefundisi Manzi by 039 727 6300 of 079 500 0160 te skakel. Mense kan ook Crime Stop by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Tipies SA se regstelsel. Hoe de ^%$#@( kan die ding borg kry……..???

juan ·

Ja nee gee hom borg man hy sali weg raak nie wa is hy nou ni meer in die selle ni

Slim Daan ·

Mnr die Moderator:
Ek stel werklik belang in die opinie van mede forumgebruikers. Waarom u my skrywe modereer bloot omdat ek Juan vra om in meer eenvoudige taal tot my te spreek ( sy hoogdrawende uiteensetting is bo my vuurmaakplek ) – gaan my verstand te bowe ??

Slim Daan ·

En verder. As u vir my se u gee Khoi-sprekendes ook die geleentheid om hul opinie te lug, verstaan ek dit. Gee my dan immers net die geleentheid om ooreenkomstig so, ook n relevante woordeboek in die verband, nader te mag klap. Dki.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.