Kolisi aanvaar hy’s dalk kapteinskap kwyt

(Foto: Anne-Christine POUJOULAT / AFP)

Springbok Siya Kolisi het Woensdag gesê hy aanvaar dat hy bes moontlik sy kapteinskap sal verloor aangesien hy deesdae in die buiteland woon.

Kolisi draf tans uit vir Racing 92 in Frankryk en hoewel sy kontrak hom toelaat om internasionale rugby te speel, verkies Rassie Erasmus dat die Springbok-kaptein sy rugby in Suid-Afrika speel.

“Dit is normaal. Ek het dit geweet voordat ek die besluit geneem het om hierheen te kom,” het Kolisi vandag uit Frankryk aan verslaggewers gesê.

“Hy [Erasmus] praat en hy sê dit is die situasie; dit is wat dit is, daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.”

Kolisi is Sondag teen Toulouse terug op die veld ná ’n duimbesering wat hy op 2 Maart opgedoen het, hom op die kantlyn gehou het.

“Ek voel goed, my hand is goed,” het Kolisi vandag gesê. “Ek het die spesialis gaan sien en hy was tevrede met hoe my hand herstel.

“Ek wil net op die veld wees. Ek het verlede week probeer speel, maar die afrigters, bestuur en dokters het gesê ek moet wag tot hierdie week.”

Kolisi het die Springbokke reeds in 83 toetse verteenwoordig en het 67% van sy 53 wedstryde as kaptein gewen.

Benewens sy dubbeldoor Wêreldbeker-sukses (die Bokke het immers in 2019 ook die Webb Ellis-trofee omhoog gehou), was hy ook aan die stuur van sake toe die Suid-Afrikaners in 2021 met die Britse en Ierse Leeus afgereken het.

Hy het in dieselfde jaar die eerste Springbok-kaptein (sedert Jean de Villiers in 2013) geword om met SA Rugby se speler van die jaar-toekenning weg te stap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

etienne ·

Baie goeie besluit deur n uitstekende kaptein. met al die druk van kapteinskap nou weg geneem, gaan sy spel baie verbeter, nie dat hy sleg speel nie.

Aai ·

Hoop net die ANC verstaan dit want erens gaan hulle iets te se he.

Martie ·

Mag hy vir altyd in Frankryk bly. Het nooit van hom geweet voor Rassie Erasmus hom persoonlik vir die bokke in die WP afgerig het nie om vir hom en Kolisi status te gee.

John ·

Glo ook hy is beter in Frankryk…..ons het goeie jong spelers beskikbaar hier.

trotsNAMSA ·

GAAP ! Maak eers naam in ‘n Provinsie- of Springbok spanne, nou wag die groot geld oorsee. Rugby is so vervelig.

Casper ·

Ons sit tans met kapteine soos Bongi Mbonambi,Lukhanyo Amm,Steven Kitshoff,Eben Etzebeth,Handre Pollard wat enige tyd net so goed vaar indien nie beter nie.Kies vir jou een wit of swart,maar sê my George as Kolisi dan so goed was hoekom is hy in elke toets in die tweede helte vervang.Moet jou kaptein nie vir 80 minute kaptein wees nie of was hy net ‘n eerste helfte kaptein.Maak dit vir jou sin George,ek glo nie.

absoluut ·

Kolisi was nog nooit leier en kaptein van die springbokke nie, in die posisie gesit omrede omstandighede wat niks met rugby te doen het nie. Hy het met tye goed gespeel as speler maar dit is waar dit gebly het. Soos reeds gese is hierbo in komentaar dat daar baie beter kapteins as hy is, wit of swart, kies maar. Hoop hy bly in Frankryk en het sukses daar want hier maak hy dit net onnodig moeilik vir die res van spelers en die span om hoogtes te bereik en daar te bly

Republikein in die Wes Kaap ·

Casper, een van die nuwe reëls wat Wêreldrugby wil instel is dat spanne steeds hordes spelers as reserwes mag kies, maar net vyf kan gebruik word. In praktyk beteken dit dat net beseerde spelers sal vervang word. Die bomsqaud dae is verby. Voorrye sal nie na rustyd maklik kan verander nie. Kolisi sal nou 80 minute moet speel, tensy hy beseer is.

piet ·

Casper, jy weet mos nou van die Bokke se “bomb squad”. Bittermin spelers speel die volle wedstryd in daai span volgens die huidige Bok-strategie (en meeste ander land) so hoekom Kolisi uitgesonder word is werklik vreemd. Baie slegte neus wat die kapteinskap aanbetref, beste Bok-kaptein ooit. Ek dink egter hy gaan steeds kaptein wees.

Sandra ·

Was hy werklik ‘n uitstekende kaptein? Vir politieke doeleindes seker, maar die vir spelvermoe en leierskap nie. Besluite op die veld is duidelik deur ander meer bevoegde spelers geneem. Hy het wel finansiele voordeel getrek deur advertensies as Springbok kaptein. Lekker opdie “wave” gery.

kragaap ·

As dit ‘n maklike wedstryd is, 65 min. As dit ‘n harde wedstryd is, veral voor, 52 min dan is dit rusbankie toe. Hoe kan Piet Stef du Toit die hele wêreld beker finaal speel en 28 duikslae uitvoer en man van die wedstryd kry? Die antwoord is voor die hand liggend.

George ·

@Casper, ek volg net wat Rassie se, Rassie is n rugby meester, en as hy voel dat hy die beste is wat die Bokke kan lewer, dan is dit so? Of moet ek vir jou uitspel wat die probleem is met Kolisi?

George ·

@Casper, hy het 2 wereld bekers as kaptein, that’s all. Eben is n great speler, maar nie kapterin nie.

George ·

@Casper, dis my opinie, ek staan agter wat ek se, kry my nog n bok kaptein met 2 wereld bekers, Smith? Nee. Matfield? Nee. Pienaar? Nee. Kolisi, ja. Jy kan stry, maar die stats se anders.

JN ·

kaptein ? Regtig?Ek verstaan nie die bohaai oor as hy sy kapteinskap afstaan nie!! Klink maar weer na rasse politiek soos altyd…
En dan was daar sy permanente vorm, n 40 minute speler dan suig hy asem soos n asma pasient..
Nee wat hy was maar n vyfde wiel wat nooit eintlik eens nodig was nie..
Kyk ek gaan eerlik wees, op vorm dink hy was daar as n verteenwoordiger niks meer nie, dit is nou maar die Afrika politiek. Hy was nie daar op meriete nie verseker!
Mense hou nie daarvan om dit te hoor nie maar ek dink sonder hom sal ons nogsteeds die wereld beker gewen het..
Kolbe was n???? wenner so ook Arendse was ook goud en nog n paar ander..
Gaan nie oor kleur vir my maar oor feite voor die verkrampte lot wat alreeds komentaar hier bo gelos het los brand wat hul sal doen want dit is in hul gene..
Kolisi was maar net daar. niks meer niks minder..Verdien hy sy paycheck en die erkenning…Nee ek dink nie so nie..

Cassie Carstens ·

Kolisi is nie ‘n swak speler nie, maar hy is tot kapteinskap gedruk op dieselfde wyse as John Smit, wat nog lank aangehou is na sy beste dae verby is. Hulle hou net jonger spelers wat moet ontwikkel terug. Ons het genoeg puik spelers in die land. Hy moet maar daar bly waar hy is. Tyd van politieke kapteins kies is verby. Onder die wat nog hier is is daar genoeg leiers om die span vorentoe te vat.

Riaan ·

Alles te danke aan Rassie, glo dit was polities gemotiveerd gewees, die hele sage want regtig hy is nie leier materiaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.