Kolisi stap met groot toekenning weg

Siya Kolisi is SA Rugby se speler van die jaar. Foto: Rodger Bosch/AFP.

Die Springbokflank Siya Kolisi is Donderdagoggend as SA Rugby se speler van die jaar aangewys. Die Bok-kaptein was in ’n titaniese stryd met onder meer die slot Eben Etzebeth vir die gesogte prys gewikkel.

Maar die 30-jarige losvoorspeler het uiteindelik die eerste Springbok-kaptein (sedert Jean de Villiers in 2013) geword om die toekenning in ontvangs te neem.

“Dit was om verskeie redes waarskynlik die Springbokke se taaiste seisoen nóg en Siya het beslis van voor gelei,” het Mark Alexander, president van SA Rugby, gesê.

“Hy was goed deur die afrigters en sy spanmaats ondersteun en hy het ware leierskap onder moeilike omstandighede getoon. Hy het al beter begin speel soos wat die jaar gevorder het en hy is uiteindelik saam met Makazole Mapimpi, Lukhanyo Am, Eben Etzebeth en Malcolm Marx in Wêreldrugby se droomspan vir 2021 opgeneem.”

Die Springbokke het agt van hul 13 toetse in 2021 gewen en Kolisi het met elke toets die span op die veld gelei. Die Suid-Afrikaners het onder meer met die Britse en Ierse Leeus klaargespeel, terwyl hulle met ’n heldhaftige vertoning vir Nieu-Seeland in Queensland geklop het.

Die opwindende Aphelele Fassi – wat maar min speelkans in die Springboktrui gekry het – is as die jong speler van die jaar aangewys.

“Aphelele se ster begin al helderder te skyn en ons het gesien waartoe hy in staat is.”

Jake White. Foto: GB Jordaan.

Hoewel die Springbokke die toekenning as die span van die jaar ontvang het, is die Bulls ook vir hul uitstekende seisoen beloon.

Die Pretorianers was verlede jaar so te sê onstuitbaar teen plaaslike teenstanders en die trofeekas op Loftus Versfeld het uit sy nate gebars.

Jake White is as die afrigter van die jaar gekies, terwyl die sterk Elrigh Louw die beste in die Curriebeker se Premierliga is.

  • Kategorie-wenners:

Speler van die jaar: Siya Kolisi

Jong speler van die jaar: Aphelele Fassi

Vrouespeler van die jaar: Lusanda Dumke

Sewesspeler van die jaar: Ronald Brown

Junior Springbokspeler van die jaar: Henco van Wyk

Span van die jaar: Springbokke

Afrigter van die jaar: Jake White (Bulls)

Curriebekerspeler (Premierliga) van die jaar: Elrigh Louw

Curriebekerspeler (Eerste Liga) van die jaar: Dylan Maart

Toetsdrie van die jaar: Cheslin Kolbe se poging in die derde toets teen die Britse en Ierse Leeus.

Skeidsregter van die jaar: Aimee Barrett-Theron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Casper ·

Ag is dit so.Etsebeth was konstant aan die kook en ons kaptein uiters wisselvallig,maar nou ja say no more.

Johnny ·

Kolisis en Aimee se toekennings is beide ewe veel deur polities-korrektheid gedrewe.
Sy is beslis nie die beste skeidsregter nie. En Kolisi se spelpeil het wel verbeter, maar was bitter selde op toetsstandaard.

piet ·

As sy spelpeil volgens jou nie op toetsstandaard is nie weet ek nie wat om van die ander spelers te se nie. Die ander (behalwe Eben, Am en miskien De Allende) was beslis nie op daai standaard verlede jaar nie.

Mariaan ·

Ag regtig?? Maak mens nie eers meer opgewonde as mense iets wen nie…want dis meer politiek as iets anders! Baie beter keuses gewees as hy

Samuel ·

Gelukkig het Kolisi nie homself gekies as speler van die jaar nie. So, basta om hom te kritiseer. Dit is nou politiekery!!

Androclus ·

Dis net soos jy dit daar stel Samuel.G’n ander mense ook iets in die lewe.

Vernon ·

Polities korrek. Eben was en is baie beter…..ons almal weet dit en beskou dit so!!

piet ·

Hy verdien dit, baie goed gespeel verlede jaar, was beslis tussen hom en Etsebeth wat ook kop en skouers bo ander uitgestaan het, Am was ook goed. Een van die beste SA kapteins op grond van speelvermoe ooit.

piet ·

Watter SA kapteins van die verlede was beter spelers. Johnny? Kolisi is byvoorbeeld ‘n veel beter speler-kaptein as ouens soos John Smit en Francois Pienaar. Selfs Morne du Plessis was ‘n briljante kaptein maar nie juis ‘n briljante speler nie.

SjN ·

Stem nie saam oor kolosi, kan nie eers n volle game speel nie, maar polities moet dit seker so wees.

Samuel ·

Hier gaan lesers juis polities aan en wat is dit anders as blatante rassisme. Huigelaars!?

krodedil ·

Stem saam Samuel, Dis rasisties dat ‘n speler wat wit is en beter as kolisi is nie die erkenning kry nie.

piet ·

Sommiges sal nooit ‘n swart kaptein aanvaar nie al is hy hoe goed. Definitief ‘n rassistiese reaksie want hier het jy nou ‘n speler wat definitief die toekenning verdien met sy briljante spel en kapteinskap.

piet ·

Hoekom, omdat hy swart en kaptein is? As kaptein Kolisi praat, luister die spelers wit en swart…..

krodedil ·

Piet dis waarom hy baie min praat of laat ek eerder niks praat nie.

piet ·

Hy praat min maar as hy praat luister hulle. Stel ook ‘n voorbeeld met sy skitterende spel so hy lei deur voorbeeld.

Peter Pan ·

Nee jong… elke persoon het sy eie opinie. Weet nie hoekom moet jy nou daar rasistiese kaart gooi nie.. Lekker dag Pieta

SomeOne ·

een man alleen, kolisi, kan nie die span maak nie, was die ander nie daar, was kolisi ook nie daar

Hannes ·

Hy is ver “overrated”. Buite Eben was daar heelwat ander wat ook hand opgesteek het vir toekenning.

piet ·

Baie gewilde speler en kaptein wereldwyd, ook baie beskeie iets wat jy min deesdae kry.

Philip ·

Die persoon onder bespreking asook die politiese korrekte beoordeling verbaas my nie want hy het mos al n aantal jare sedert sy aanstelling reeds sy PERKS gekry so my middelvinger vir rugby SA.

Arthur ·

Hy is nie eers die beste flank in Suid Afrika nie. Die span dra hom. Sies! Polities

Thom ·

Ek KEN wit flanke wat hom sal vernietig op die veld __ swak speler en patetiese kaptein maar sy kleur is reg .

MakersMark ·

Die toekenning is vir speler van die jaar en nie kaptein van die jaar nie. In my opinie was hy een van die beter bok spelers in 2021. Hy het definetief sy werktempo op die veld verbeter. Hy speel ook langer ipv gebruiklike 50 min nou meer as 70 min. Hy het kritiese duikslae en turnovers gemaak in belangrik toetse. As kaptein het hy verbeter maar het nog nie die leierskap ontwikkel van John Smit of Pienaar nie. Hy is vir my ‘n beter flank as Pienaar maar nie ‘n beter kaptein nie. Ek dink jy as speler kan hy nie met Smit vergelyk nie Smit was ‘n haker/stut. So as speler van die seisoen verdien hy dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.