Kollega skiet glo vrou dood ná verhoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou in haar 30s in Woensdagoggend by haar werksplek in Belfast, Mpumalanga doodgeskiet.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by ʼn dieseldepotgebeur. “Die verdagte het Woensdagoggend voor ʼn dissiplinêre komitee verskyn en die beslissing was teen hom.”

Volgens Mohlala het die man uit die kantoorgebou gestap, met ʼn vuurwapen teruggekeer en ʼn vrouekollega doodgeskiet. Mohlala het gesê die 29-jarige verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en sal Vrydag in die hof verskyn.

Mohlala het gesê daar is op ʼn vuurwapen beslag gelê. “Daar is vasgestel dat dit ʼn ongelisensieerde vuurwapen is.” Volgens Mohlala is niemand anders tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irene ·

Ek moet elke 5 jaar gaan vir lisensie ander besit groter en beter wapens sonder lisensies

Winston ·

Dis net wettige eienaars wat elke keer deur n nuut uitgedinkte proses moet gaan. Die “gras lêers”weet die regering nie van nie. Dis nou daai wapens wat in die gras geberg word. Daar word maar weinig gekry en meestal net die wat in rooftogte en moorde gebruik word.

Peet Schabort ·

Sy laat twee seuntjies agter in graad 4 en 5.
Kyk by Middelburg Observer vir nog inligting.
Net doodeenvoudig tragies dat ‘n mens se kop ophou met werk om so-iets te doen.

SNEL ·

Goeiste, dis n jong ma hierdie as sy seuntjies van graad 4 en 5 het. Dis vreeslik dat die kinders nou sonder hul mamma moet groot word en dit terwyl sy net by haar werk was om n eerlike salaris te verdien. Die akker wat haar geskiet het was sekerlik ook skuldig aan dit waarvoor hy aangekla was en sy moes seker getuig teen hom. Kan nie dink dat hy n geweer gaan haal en haar skiet en weet dat hy gevang gaan word nie. Wat het hy nou hierdeur gekry. Nou is ouers, kinders en n man in hartseer gedompel. Baie sterkte aan die familie.

Janneman ·

Wys maar net weereens dat mense nie meer respek vir enigiets het nie, nie vir ander se lewens of besittings nie, selfs nie eers selfrespek nie. ‘n Mens sonder respek en dissipline is totaal nutteloos vir die samelewing en dit begin by die huis, wanneer jy klein is. Tog jammer dat die doodstraf afgeskaf is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.