Kollegas sterf in trompop botsing

Old Faureweg Foto: Google Earth

Old Faureweg Foto: Google Earth

Twee personeellede van die stad Kaapstad se veiligheid- en sekuriteitsdirektoraat is Vrydagaand dood toe hulle motors reg van voor gebots het.

“Bulalekile Ganta, ʼn wetstoepasser wat al 30 jaar lank vir die munisipaliteit werk, het in ʼn munisipale voertuig gery,” het Richard Bosman, woordvoerder van die direktoraat, Saterdag gesê. “Zindiswa Canca (33) wat as ʼn operateur by die 107-nooddiensnommersentrum gewerk het, het in haar privaat motor gery.”

Die ongeluk het in Old Faureweg naby Mfuleni plaasgevind.

Ganta en Canca is op die toneel dood. Brand- en reddingdienswerkers moes meganiese toerusting gebruik om hulle uit die wrakke te sny.

Bosman het gesê die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

“Personeellede in albei departemente is baie erg getraumatiseer en het gisteraand en vanoggend berading ontvang,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bach ·

Is dit nie vanselfsprekend dat die polisie die saak moet ondersoek nie? Hoekom word dit altyd in berigte vermeld?

Peet Schabort ·

Daar is min of geen terugvoering aan die media wat mens laat wonder of daar ondersoek gedoen word. Kan iemand dalk help met my stelling?

Dee ·

Bach, dit is ‘n sinnetjie in elke soortgeleke berig wat my ook irriteer. Dit is immers logies.

Suzette ·

Ag nee julle 3 het werklik niks anders om te doen as om net te oordeel nie. Hulle noem dit in elke berig anders kla en kerm julle weer oor onvolledige berigte. Dee net so terloops, “soortgeleke berig” , in watter woordeboek vind jy dit? Wonder maar net want weet jy wat. Ek is seker in my en hoeveel ander se woordeboeke word dit as “soortgelyke berigte” weergee. Pleks julle hou net op om taal generale te speel en waardeer die gratis nuus wat julle kry of nog beter, sluit by News 24 of iets dergliks aan. Betaal dan vir julle “foutlose” berigte. Mens kla NIE ALEWIG oor goed wat jy verniet kry nie. Wees dankbaar vir die gawes wat jy ontvang, hou op om te kritiseer. Julle besef nie teen watter spoed Maroela Media werk om julle op hoogte te hou nie. Nes julle is almal nie perfek nie. Almal probeer dit nastreef maar julle kommentaar grens soms aan beledigings. So hier is my raad. Moet dan nie berigte volg op Maroela Media nie. Loop soek vir julle ander joernaliste om op te pik. Dankie Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.