Kollig op padwaardigheid van voertuie ná N1-ongeluk

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Pres. Cyril Ramaphosa het sy stem by die talle boodskappe van skok en medelye gevoeg oor die massiewe ongeluk op die N1 in Limpopo wat Vrydagmiddag die lewe van 28 mense geëis het.

Ramaphosa het sy medelye met die families van die oorledenes gedeel en die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens. Hy het ook die onderskeie nooddiensspanne en die departement van vervoer geloof vir hul vinnige optrede om die oorlewendes van die ongeluk te hulp te snel.

“Geen moeite moet ontsien word om te verseker dat tragedies van hierdie aard heeltemal vermybaar is nie. Padgebruikers moet met hoflikheid en omsigtigheid op ons paaie optree. Dit is des te meer kommerwekkend om te weet net minder as ʼn maand gelede is 11 mense op hierdie selfde stuk pad dood toe ʼn bus omgeslaan het,” het Ramaphosa gesê.

“Ek herhaal die boodskap wat die regering voortdurend probeer tuisbring en nog te meer in Oktober wat nasionale vervoermaand is – spoed kos mense lewens.”

Jacques Smalle, die DA se premierskandidaat van Limpopo, het ook ʼn verklaring uitgereik waarin hy sy medelye met die naasbestaandes van die oorledenes betuig.

“Hierdie ongeluk het gebeur toe ʼn voorband van ʼn vragmotor gebars en dit in aankomende verkeer ingeploeg het. Dit laat vrae ontstaan oor voertuigveiligheid in die provinsie en die regering se doeltreffende monitering daarvan,” het Smalle gesê.

“Die regering moet verseker dat behoorlike maatreëls geld en die padwaardigheid van voertuie behoorlik gemonitor word om onnodige lewensverlies te voorkom. Genoeg mense het onnodig hul lewe op Limpopo se paaie verloor. Geen onpadwaardige voertuig moet toegelaat word om op ons paaie te wees nie.”

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Die Padverkeerbestuurkorporasie (RTMC) het ook Saterdag sy stem dik gemaak teen verkeersoortredings en onpadwaardige voertuie, en motoriste wat hulle hieraan skuldig maak gewaarsku dat hulle deur ernstige gevolge in die gesig gestaar sal word.

“Die betrokke regulasies plaas ʼn verantwoordelikheid op operateurs om beheer oor hul voertuie en bestuurders uit te oefen. Dit sluit in om te verseker dat voertuie in ʼn padwaardige toestand is en dat bestuurders geskik is om daardie voertuie te bestuur,” het Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, gesê.

“Versuim om hierdie verantwoordelikhede na te kom kan lei tot die kanselassie van operateurspermitte met ernstige gevolge vir die ondernemings wat betrokke is. Voertuie kan ook geskut word en verhoed word om verder te reis totdat alle foute herstel is. Strafregtelike aanklagte kan ook aanhangig gemaak word in die geval van noodlottige ongelukke.”

Maroela Media het vroeër berig 28 mense is dood en drie beseer toe die buiteband van die regtervoorwiel van ʼn vragmotor op die N1-Noord tussen Kranskop en Middelfontein naby Mookgophong (Naboomspruit) gebars en veroorsaak het dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die vragmotor het verskeie voertuie getref, insluitend ʼn minibus-taxi wat in ʼn suidelike rigting op pad was.

Volgens Zwane is daar sedert die begin van vanjaar reeds 91 mense dood en 275 beseer in landswye ongelukke waarby vragmotors en busse betrokke was. Volgens Zwane is die hooffaktore wat tot hierdie ongelukke bygedra het oorskryding van die spoedbeperking, ry teen aankomende verkeer in en verloor van beheer oor die voertuig. “Meganiese probleme en padtoestande het bygedra tot ʼn baie klein aantal van hierdie ongelukke,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ig ·

As al die onpadwaardige voertuie van die paaie verwyder word sal dit salig op die paaie wees want daar sal 70 % minder voeruie wees.

Anel ·

Sorg dat die spoorstelsel op gegradeer word. Baie goedkoper as brandstof en soveel veiliger. Was altyd so lekker om met die trein te ry.

Realis ·

Ja Ramp-hosa! Voeg bietjie jou skok en medelye by plaasaanvalle & huisrowe! En, as jy weer skrik……skrik WAKKER!

IK ·

Spoed? Nee, maar wel onoordeelkundige spoed wat ook die voortkruip teen 40 km/h insluit. Kruip jy op die pad of ry soos ‘n besetene is die gevaar ewe groot. Praktiese ondervinding is die enigste leermeester. Neem ALLE bestuurders en laat ‘n bandbars plaasvind (byv. penne in die pad). ‘n Waterglybaan soos met BMW se bestuurskursusse. Natuurlik gaan dit geld kos. Dis die een agter die stuurwiel wat in meeste gevaarsituasies nie weet wat om te doen. Onthou dat daar slegs ‘n breukdeel van ‘n sekonde is om iets te doen. Daardie ‘iets’ is die regte optrede want ‘n tweede kans bestaan nie. Wat kommerwekkend is is dat daar in die meeste gevalle geen terugvoering is oor wat tot ‘n ongeluk bygedra het. Ons moet leer uit ander se foute. Ek herhaal dat kameras wetlik verpligtend gemaak moet word vir alle voertuie.

Chris ·

Net nog n statistiek en verklaaring daar word ondersoek ingestel na die oorsaak en dit is al antwoord . Ek het gesien sy edele min. Nisimande wil met band vervaardigers praat vir wat. Daar is video’s op sosiale media waar die vragmotor eienaars toekyk hoe word bande aan die trok ge “re groove” is dit die band vervaardiger se skuld. Ook gesien by n weeg brug hoeveel trokke is onpadvaardig en word net beboet vir oorgewig vrag. n Werker van my het onlangs n swaarvoertuig lisensie gekry en volgens my en medewerkers is hy onbevoeg , hy vergeet alles, hy weet nie wat links of regs is nie maar het n lisensie gekry ek wonder maar net. Hy sal in elk geval nie die eer of voorreg he om n voertuig op my perseel te bestuur nie

trol ·

net 91 padsterftes en 275 vir die jaar? klink vir my na wensdenkery.

Welgedaan ·

En daar maak CR sy mond oop om stemme te werf, nee skuus dis omdat dit van hom as president verwag word.

Micke ·

Bring die spoorweg volskaal terug .Duisende werksgeleenthede minder ongelukke en minder geld word gemors om die land se paaie reg te maak wat deur trokke vertrap word.

Albert ·

Vragmotors en taxi’s moet nie meer as 80km/h ry nie. Hierdie voetuie hoort een keer n jaar n padwaardigheids sertifikaat te kry waar die bande ook moet ondersoek word. Jammer dat die spoorwegstelsel inmekaar getuimel het. Dit kon baie minder swaarvoertuie van die pad gehou het en ons paaie sou baie meer veiliger gewees het.

Karolis ·

Albert, enige swaar motorvoertuig moet elke jaar ‘n padwaardigheids toets ondergaan om sodoende gesertifiseer te word.
Jy kan so stadig of vinnig ry soos jy wil, met nuwe bande, met of sonder ‘n vrag, maar wanneer jy met jou voorwiel ‘n skerp voorwerp in die pad raakry het jy nie volle beheer oor wat met jou voertuig gebeur nie.
Die wat gevorderde bestuurstegnieke gedoen het sou waarskynlik ‘n beter kans het as die gewone, wettige gelisensieerde bestuurder.

Chris H ·

Dit is gewis so dat voorwerpe in die pad bande kan beskadig. Trouens dit gebeur al hoe meer deesdae. Veral slaggate is groot probleem. Het ondervind dat soms swak plek tot gevolg het wat band later kan laat bars. Goeie oordeel moet aan dag gele word na so voorval. Baie makliker gese as gedoen egter ongelukkig!

wouter ·

Dis nie die pad se skuld nie maar wel die padgebruikers wat of roekeloos of ongevoeg of onpadwaardig en dalk glad geen lisensies het nie

Frik ·

My voertiug kan onpadwaardìg wees ek het nie nodig vir n geldige lisensie nie want hiedie reels het die apartheids regeering in gestel

Oom Doug ·

Ek weet van baie ouens wat tweede handse karre gekoop het wat nie padwardig was nie, maar wat toe geregstreed was met n sertifikaat. Die karre was nie eers by die toets sentrum nie. n Duisend Rand was Al wat nodig was.

Kamffer ·

En wanneer gaan Sanral regs aanspreeklik gehou word vir die feit dat d N1 noord van Kranskop net ‘n enkel pad is?? Die middelman behoort afgeskort te word met betonblokke, en planne gemaak word om die pad so te verander dat daar skeiding is tussen die bane wat Noord en Suid loop. Dit sal keer dat ongelukke oorspoel in aankomende verkeer in, en die gedurige Udraaie, en die oorneem van al die verkeersbane oor Paasnaweek verhinder.

chris ·

kyk na toets stasies wat net padwaardig sertifikasies uitdeel asof dit uit die mode gaan
ek weet van n persoon wat se kombie onpadvaardig is woon in Alberton en is geregestreer in Ruustenburg
en padvaardig is volgens n stuk papier daai kombie vervoer kinders skooltoe en trug ouers word wakker dis nie net trokke
nie hoop dat mene wat so skelm geld kry by toets stasies besef hulle het bloed op hulle hande

PJC ·

Nou kom hier seker nog wette wat nie nagekom gaan word nie. Daar is duisende voertuie in die land wat nie op paaie hoort nie en dit sal nooit verander nie want ons is nou ń Afrika land soos die res van Afrika.

Johan ·

Spoed is verseker nie die oorsaak nie, maar spoed maak defenitief die regering ryk. Dink maar daaroor…

bgj van der westhuizen ·

mense al mal altyd op spoed die meeste vragmoters van vandag is computer op masjiene en dit kan gestel word hoe vinnig hy kan ry dit is tyd dat al die taxi s ook gestel word om net n sekere spoed te kan ry maar alles kan beheer word as ons wonderlike verkeers owerhede net weer begin om wet toe te pas en om hulle werk te doen op die pad en weegskaal stasies dalk is hulle onbevoeg om te weet wat hulle moet kyk voor

Marly ·

En dan praat ons nie eers van die toestande wat ons paaie in is nie. Nie meer potholes nie maar groot helse gate

thelsa ·

Die sinnelose gepraat van die Padvervoer- en Verkeersinstansie is ‘n klomp Bollie.
Ek het gisteraand weer daardie pad gery en daar was talle blou ligte wat op die middelmannetjie gestaan het. Daar het TALLE vragmotors by hulle verbygery waarvan die die AGTERLIGTE nie gebrand het nie. Dit is lewensgevaarlik en ONPADVAARDIG. Nie ‘n enkele vragmotor is afgetrek deur die sogenaamde ‘bekommerde Verkeersowerhede nie’.
Die blou lkgte is seker net daar vir die Braai (be).

Andre ·

Waarom het die “snelweg” nie n skeiding tussen die teenoorgestelde bane nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.