Kolonel begin getuig in Malema-aanrandingsverhoor

Die EFF-leier Julius Malema kom by die hof aan. (Foto: EFF/Twitter)

Lt.kol. Johan Venter het Woensdag begin getuig in die aanrandingsverhoor van die leier van die EFF, Julius Malema, en die EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi.

Die twee het onskuldig gepleit op die aanklag teen hulle.

Die verhoor spruit uit ʼn voorval in April 2018 toe die twee Venter by die begrafnis van die ANC-aktivis Winnie Madikizela Mandela na bewering aangerand het. Die voorval is op kringtelevisie opgeneem en Venter het ʼn klag by die polisie teen die twee aanhangig gemaak.

Die staat voer aan Malema en Ndlozi het met ʼn gemeenskaplike doelwit opgetree toe hulle Venter aangerand het.

Venter, wat vir die polisie se presidensiële beskermingseenheid werk, het Woensdag getuig hy het op die dag van die begrafnis by die hoofingang by die begraafplaas diens gedoen. Malema, wie se voertuig volgens Venter nie ʼn sigbare permit gehad het nie, het aangedring op toegang tot die begraafplaas.

Volgens Venter was die opdrag dat net nabye familielede en die president toegang tot die begraafplaas sou kry en dat alle ander roubeklaers die verrigtinge op groot skerms sou volg.

Venter het getuig Malema het aan hom gesê dat geen wit man hom gaan keer om die perseel binne te gaan nie en hy is verskeie kere deur Malema en Ndlozi gestamp. Venter het getuig hy is so hard gestamp dat hy sy balans verloor het en teen ʼn waghuis by die ingang na die begraafplaas geval het.

Malema se voertuig het daarna, ten spyte daarvan dat hy geen toestemming van polisiebeamptes gehad het om dit te doen nie, steeds die begraafplaas binnegery.

Venter het getuig dat hy in geen stadium die beskuldigdes of die bestuurder van hul motor uitgelok het nie.

Die hof het vir ʼn wyle verdaag terwyl voorbereidings getref is om beeldmateriaal van die voorval in die hof te vertoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

ES ·

Volgende keer as ek Malema sien gaan ek ook met ‘n “gemeenskaplike doel” teen hom optree… wat ‘n klug!

domheks ·

Mal – emma is verhewe bo die wet. Hoop die regter is nie ‘n rassis soos mal – emma nie.

Drikus ·

Ek het so NUGGET gevoel dat ons vriendjie Mal-lemma bietjie sy rieme gaan styfloop. Om ‘n polisieman te klap, gaan nêrens in die wêreld goed af nie, ek dink ook nie in SA nie.

Ansie ·

Wat ‘n klein japsnoet. Hy maak of hy vreeslik belangrik is, maar eintlik ly hy bloot aan ‘n minderwaardigheidskompleks.

Vanessa ·

Wat is nuut. Ja Malema dink hy kan maak soos hy wil, soos ek altyd sê, hy dink hys ‘n god, maar eintlik lag almal vir hom, want vir ‘n uitgegroeide man gedra hy hom soos ‘n 5 jarige wat “tantrum” gooi. Kort net ‘n goeie pakslae!!!!!!

Andre ·

Malema, jy is so helse joke dis NET funny!!! Even jou voorvaders sit en lag vir jou!!!

Deon ·

Ongelukkig nie sy volgelinge nie, hulle aanbid amper die man. :-(

Piet ·

Ek het so ‘n bietjie gekyk na die gebeure (word op youtube gestroom). Die kolonel is ongelukkig ‘n baie swak getuie en sy verklaring is vol teenstrydighede wat hy sukkel om te verduidelik onder kruisverhoor. Gelukkig is daar darem videomateriaal wat die “wegstoot” wys. Of dit genoegsaam gaan wees vir aanranding moet nog gesien word. Malema se hele regspan is wit, heel ironies (maar waarskynlik so deur Malema beplan).

Jannie van Niekerk ·

As Malema wit mense so haat, waarom kry hy nie swart prokureurs om hom te verdedig nie?
Is hy nie bang die “white settlers” is swak prokureurs nie? Waarom oom so lank sloer met die saak?

Morné ·

Klein julius gaan niks oorkom nie en hy weet dit!! Wie anders gaan die anc se vuil werk doen?

Susan ·

Soos met al sy vorige aanklagtes teen hom, sal daar ook niks van lol, hy en sy mede- aangeklaagde sal skotvry daar uitstal. Nugter weet wie ooit dapper genoeg en instaat daartoe sal wees om hom agter tralies waar hy hoort te kry!?

Alta ·

“Geen witman gaan hom keer nie” malema jou groot versugting om wit te wees is lagwekkend! Jy is n rassis omdat jy tog so graag wil wit wees! Jy is wat jy is, aanvaar dit tog nou asseblief.

Jakes ·

Malema beweer dat geen witman hom sal verhinder om n perseel binne te gaan nie. Wel pappie, jy het my nog nie ontmoet nie.

johanf ·

Mag die, die eerste wees van baie oortredings, die wiel draai, ek bid in geregtigheid se rigting, die.mannetjie kom dit toe……

Persheks Adri ·

O liewe aarde sy ore sou getuit het as hy mens so rond stamp! Ja Mal-emma jy moet maar gaan sit dit sal die gelukkigste dag in my lewe wees! Wonder wie dink hy is hy? Regtig nie belangrik nie net ‘n irritasie vir almal

Riana ·

Like hoe MNR Malema al wat witmens haat en terug jaag Europa toe… maar hy maak gebruik van WIT Regs geleerde….. AI Jaaaaaai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.