‘Koloniale standbeelde sal verwoes word’

Die oorloggedenkstandbeeldop Markplein wat aan die brand gesteek is. Foto: Twitter

Die oorloggedenkstandbeeldop Markplein wat aan die brand gesteek is. Foto: Twitter

Bo Madwara, adjunkvoorsitter van die EFF in Nelson Mandelabaai in Port Elizabeth, het bevestig dat van sy EFF-lede die oorloggedenkstandbeeld op Markplein in Uitenhage aan die brand gesteek het.

“Ongelukkig kon ons nie die standbeeld laat val nie, aangesien die polisie opgedaag en ons gekeer het,” het Madwara gesê. Volgens hom is dit egter net die punt van die ysberg. “Die EFF het ʼn program in Nelson Mandelabaai waarvolgens alle koloniale standbeelde wat geïdentifiseer is vernietig sal word.”

Madwara het gesê hul veldtog vir “ekonomiese bevryding” sal met die val van koloniale standbeelde gepaardgaan. Hy het gesê volgende keer sal hulle nie stop voordat die standbeeld wat hulle teiken geval het nie. “Ons sal toue gebruik om die standbeelde grond toe te trek, ons sal wat ook al nodig is doen om hierdie kwetsende beelde voor ons mense se aangesig te verwyder.”

Madwara het gesê die standbeelde kan na museums geskuif word sodat mense wat oor die “pynlike verlede “ wil leer, dit kan sien maar dit moet uit die openbaar verwyder word.

Basil Seekoei, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, het gesê ʼn speurder van die Uitenhage-polisie is aangestel om die voorval te ondersoek en dat patrollies by Markplein opgeskerp is. Seekoei het gesê ondanks die feit dat die EFF verantwoordelikheid aanvaar het, is niemand nog in hegtenis geneem nie en gaan die ondersoek voort.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bruno Stef ·

Pragtig EFF onthou net as jy ons jaag staan julle self nie stil nie.Ons moet nou probeer keer en diplomaties wees met die dreigemente waarvolgens ons hardloop en julle jaag ons maar pasop as ons omdraai en julle moet begin weghardloop.

Anneke ·

Ek dink ons moet ons koloniale standbeelde verwyder voordat hierdie lot dit probeer verwoes. Hulle is in elk geval ons standbeelde nie werd nie.

Faan ·

Ek dink ook so! Ek stel voor ons kry n instansie soos bv. Afriforum om dit te koordineer. As 1 milj. van ons wittes slegs R50 per maand bydra is dit genoeg om die koste van verskuiwing en onderhoud daarvan te betaal. So kom mense, kry jul prioriteite reg en kom ons maak die verskil.

Christo ·

Wens die gemors wil besef dat hulle nooit sonder die BOER se lyding kan opbou of bestaan kan maak nie.

Braam ·

Peet, selfs die vuurhoutjies wat gebruik word is’n vervlakste koloniale uitvindsel. Die organisering in ‘n demokratiese politieke party selfs ‘n vervoeilike uitvindsel van die vervlakste witman. So kan ons aangaan en aangaan.

Herman ·

Ek werk op die oomblik in ANgola en was net gister in Ambriz (N pragtige vakansie dorp langs die see uit die coloniale era, iets soos Patrenoster) Hulle was toe baie onngelukkig en het die Portugese uit die land uit gejaag. Vandag is Ambriz n vervalle “lokasie” met maer honger honde op straat, half geboude blok huise in die hoofstraat en sy randstene is al wat oorbly,, jy kort amper n 4×4 om deur die gate te ry…… maar die mense is nou gelukkig….. want hulle word nie elke dag herriner aan hulle onvermoe om aan te pas nie… almal is nou maar ewe arm. LOS HULLE, hulle sal nie rus voor hulle terug is waar hulle 300 jaar terug was nie. Vir Angola het dit net 20 jaar gevat om daar te kom. Ons wit mense maak dit nou bietjie moeiliker vir hulle om dit so vinnig reg te kry. Met ons hardwerkende, intelegente mense sal dit altyd goed gaan. Ons moet net ONS waardes behou nie verval na Afrika standaarde. Los maar die klomp linkse “boeties” hulle gaan nog ook almal ontnugter raak soos Max du preez en die ander.

Gert Petzer ·

Ek werk ook nou in Angola. Voorheen in Nigerie en Ghana. Ek kan sien dat die regerings sit agter al hierdie vervalle maar tog ryk lande. Ghana nie so erg nie maar met die meer volume olie wat daar ontgun word hunker hulle ook in daai rigting. Die regerings besit alles en net familielede en goeie kennise kry kontrakte en beheer die instansies. Skole en opleiding verval maar die hoog geplaasde lede se kinders word in ander lande geskool. Wanneer jy die Geld en kennis behou sal jy altyd die onnosele volk onder jou kan beheer. Die ANC kry dit reg met kospakkies en RDP huise. Hulle kinders brand die skole af of ontwrig die universiteite waar die wittes wil leer.

Esther Coetzee ·

My ‘liefde’ vir dié goed groei net by die dag

Jean ·

Met daai mentaliteit is ek nog altyd vreeslik “lief ” vir hul….jip terug na die steen tydperk toe is al wat hul ken en verdien….

pop ·

Staan saam en begin hulle standbeelde ook afbreek, en kyk hoe hou hulle daarvan. Mandela sn staan die wereld vol.

Rynhardt ·

Maroela hiekom wil jy nievmy kommentaar plaas nie? Wat het geword van vryheid van spraaj en die waarheid? Tel dit nie meer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.