Kolonnade ontruim ná bomdreigement

Kolonnade-winkelsentrum

Inkopiegangers en personeel moes Dinsdagmiddag inderhaas die Kolonnade-winkelsentrum in Pretoria-Noord ontruim ná ʼn bomdreigement ontvang is.

Die winkelsentrum het in ʼn verklaring op hul Facebook-blad gesê dat nood- en ontruimingsprosedures onmiddellik gevolg is.

“Dit sluit in dat alle klante en personeel by ʼn versamelpunt bymekaargekom het in die oop parkeerterreine.”

Die polisie se honde-bomeenheid is na die toneel ontplooi om die gebou te deursoek. “Die veiligheid van die klante en huurders is van uiterste belang vir ons en daarom kan dié waarskuwings nie ligtelik opgeneem word nie. “

Die sentrumbestuur het onderneem om almal op hoogte tye hou deur middel van sosialemediaplatforms en noodbeamptes by die versamelpunte.

Xander Loubser, woordvoerder en paramedikus van Best Care-ambulansdienste, het gesê die bomdreigement was glo by die FNB-bank in dié sentrum.

“Bestcare-ambulansdienste staan by as daar enige ander inligting of beserings aangemeld word,” het Loubser gesê.

Die sentrum sal weer oopgestel word nadat die gebou veilig verklaar is.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mark ·

Baie….en baie stupid om julle nood bom aksie plan / versamelpunt / protocol HIER op SA nuus te verklap. Wie weet waar die 2de toestel kan wees in n toekomstige dreigement…soooo stupid

Merk ·

Dis nie n geheim nie, dis WET dat dit selfs op bordjies aangedui word in parkeer areas. so ek vra wie is stupid.

Tom ·

@Mark, jy besef dis nie n geheim nie ne? Dit word aangedui op borde by elke sentrum, hulle moet dit aandui. Soooo…

vals ·

my binneste se vir my dis ‘n vals alarm-but rather safe than sorry

Bhw-ha-ha ·

Daar is nie ‘n FNB Tak in Kolonade sentrum nie. Slegs ABSA en Standard Bank. Waar kry die mense hul inligting.

Raymond ·

middag Bhw-ha-ha

daar is ‘n FNB tak in Kolonade. as ek dit nie mis het nie sit hy oorkant dion wired by die rol trappe op 1ste vloer….

anoniem ·

ja hulle maak so gewoonlik as hulle n klient van een tak na die ander volg, want as klient by pta noord was om bv groot dep te maak, dan bel hulle met bomdreigement so gaan die klient na volgende tak, en so hou hulle aan tot hulle die arme klient kan beroof.

ANONIEM ·

Daar is n FNB op die eerste vloer langs die roltrappe by Checkers se kant.

Chekkie ·

AG daar was al 10 jaar gelede toe ons nog ‘n besigheid gehad het gereeld bomdreigemente. Wonder soms of van die werkers daar dit nie self doen nie, want dan kon hulle afkry. Wie sal ‘n bom daar stel en hoekom? Dis mos nou sinneloos.

Willem ·

Ja en n paar minute na die dreigement ontvang is en nood dienste daarna jaag, vind daar n gewapende roof in Zambezi str plaas…..dink bietjie weer hoekom die gebeur het….

Anoeniem ·

Waars Kolonade in PTA NOORD. Sover ek weet is daar n both park in Pretoria booed en Kolonade sentrum in sinneville

Sarel ·

Ek sien op die mall se facebook dat dit veilig is en dat daar geen bom was nie.

Sonja prinsloo ·

Verlede maand was daar ‘n hele reeks bom dreigemente in Natal se winkel sentrums gewees wonder of dit die selfde mense is.

Alki ·

Kolennade WSentrum is in Zambesi rylaan, Montanaprk en grens aan Magalieskruin en nie in Sinoville nie

anton ·

Ai die spelling van sommige mense laat my stom.’
Ek verstaan n vinger fout kan gebeur maar…………
Lees mense nie dit weer wat hulle geskryf het nadat hul dit getik het nie?
Ek sukkel bietjie om te verstaan wat jy sê ”Anoeniem”…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.