Kolwyntjie-kleuterskool: “Ek word nou gedreig,” sê hoof

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Die kleuterskool in Centurion, wat van rassisme beskuldig word oor ʼn foto wat op sosiale media gedeel is, sê hulle ontvang nou dreigemente “dat hulle op pad is en die skool gaan afgebrand word”.

Die kleuterskool word van rassisme beskuldig nadat ʼn ouer ʼn foto op sosiale media gedeel het waarin dit lyk asof kinders volgens ras geskei is. Die foto is van ses wit kinders, wat saam by ʼn tafeltjie sit en kolwyntjies eet, met ʼn swart dogtertjie wat 19 maande oud is, wat alleen by ʼn tafel langsaan sit.

Maroela Media het intussen met die hoof van die kleuterskool gepraat en het besluit om die skool en hoof anoniem te hou uit vrees vir moontlike verdere dreigemente. Volgens die hoof het een van die kinders by die kleuterskool Woensdag verjaar en het die se ma kolwyntjies saam skool toe gestuur.

Sy het verduidelik die betrokke dogtertjie het saam met ʼn ander kind gespeel terwyl die ander ses kinders solank gaan sit het. Die onderwyser het hierna haar assistent gevra om die ander twee meisies na die tafels toe te bring. Sy het albei by die ander tafel laat sit, aangesien daar net plek vir ses kinders per tafel is. Net toe sy die foto wou neem, het die ander meisie begin huil, waarna die assistent haar opgetel het. Dit is toe dat die foto geneem is.

Volgens die hoof het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, Donderdagoggend laat weet hy gaan die skool besoek en het hy en maatskaplike werkers kort hierna daar opgedaag. “Hy was tien minute lank hier. Ek het vir hom verduidelik wat gebeur het en hy het hierna in elke klas ingestap. Hy het ook neergeskryf hoeveel swart en hoeveel wit kinders, onderwysers en assistente hier is voordat hy gery het.”

Die hoof het gesê die maatskaplike werkers het hierna met die betrokke juffrou en assistent gepraat voordat hulle weg is. ʼn Amptelike ondersoek is intussen deur Lesufi se departement van stapel gestuur.

Die ma van die betrokke kind het die foto Woensdag op ʼn WhatsApp-groep vir ouers ontvang. “Sy het gesê dit breek haar hart en sy het onmiddellik haar kind kom haal. Ons wou verduidelik, maar sy het net gery.” Die betrokke kind word glo daagliks deur die skool by haar huis gehaal en weer afgelaai.

Volgens die hoof het sy intussen weer probeer om met die ma te praat, maar sonder sukses. Die hoof het ook gesê sy is deur haar regsverteenwoordiger aangeraai om ʼn klag van intimidasie by die polisie aanhangig te maak, nadat sy dreigemente ontvang het. “Mense bel my en sê ‘We are coming for you tonight and we are going to burn your school’.”

“As mense net kon weet hoe lief ons vir hierdie dogtertjie is en hoe gelukkig sy hier was. Haar ma doen haar ʼn onreg aan.” Volgens die hoof het die ma die dogtertjie net tydelik in die skool gesit en sou sy haar teen die einde van die jaar na ʼn Engelse skool geskuif het.

ʼn Ouer, wie se driejarige seuntjie by die kleuterskool skoolgaan, het intussen aan Maroela Media gesê dit wat gebeur het, “het niks met die dogtertjie se ras te doen nie”. Sy het gesê al die kinders speel baie lekker saam en almal kry dieselfde liefde en aandag. “Daar was nog nooit enige vorm van segregasie of rassisme nie. Dit is ontstellend om so iets te lees, veral as jy weet dit is nie waar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

95 Kommentare

Eben Kitching ·

Oor hierdie kleinigheid berig julle maar die blanke joernalus wat deur ‘n swart polisie man rassisties aangespreek en aangerand was word feitlik nêrens genoem nie. Ek het dit na al die vernaamste koerante in die buiteland getweet.

john ·

Hierdie is haarfyn beplan. Toevallig dat die persoon en ouer wat foto geneem het n dierekte kontak nommer het met departement. Dan gee hul hulself weg ookdeur om rassisties op te tree.

attie ·

Die ironie van die saak is, sou dit andersom wees met 6 swart kinders aan een tafel met een wit kind apart by die tweede tafel, dan sou die kommentaar weer wees dat die wit kind rassisties is want sy wil nie met die swart kinders meng nie. Ai, ons gemeenskap is verrot!

Loeis ·

Dis net soos die bekende Hektor Peterson foto, John. Dit was beplan, en die linkse media het gejuig. Hulle het selfs sy van na Peterson verander sodat die Engelssprekende wereld beter met hom kon assosieer. Die polisie moes eintlik daai dag so paar joernaliste bygekom het.

Riaan ·

Ewige slagoffers. Wanneer gaan hulle leer dat dit nie ander mense se verantwoordelikheid is om hulle goed oor hulleself te laat voel nie. Shêm.

E ·

Maar spruit hierdie besigheid nie dalk vanuit al die onluste in en om PTA nie? Dit is totaal en al anargisties.
Juffrou moet maar liefs die skool sluit tot als bedaar vir almal se veiligheid.

HEVW ·

En die onbegryplike is, die sg. akademikuste en universiteitsbesture doen mee aan hierdie sieklike rassistiese heksejag. n Donker geskiedenis sak oor ons Afrikanervolk. Net ons hemelse Vader weet hoe ons uit hierdie greep gaan kom. Beslis dit sal nog gebeur dat ons godsdiens en geloof ook in die gedrang sal kom.

MViljoen ·

Heel gerieflik. Alles is mos n rasse issue.
Die tipe snert sal maak dat mens met niemand meng nie want iets lyk altyd na n geleentheid om die rasse kaart te gooi.
Aan daai dierbare kind ek hoop regtig jou ma sal vir jou kan maatjies koop want as dit die houding is sal jy seker nooit lank genoeg op een plek wees om maats te hou nie. Aan daai ma…. pateties!!! Wat leer jy daai onskuldige kind en so ook al haar maatjies. Rasse snert is al jare terug iets van die verlede. Vat daai kaart en brand hom. Genade

Drikus ·

Kan die persoon wat die foto geplaas het sonder om die feite na te gaan verduidelik wat hy/sy daarmee wou bereik? Kan die ouer wat haar dogter kom wegneem het ook verduidelik waarom sy nie eers die ware feite vasgestel het nie? Wie gaan nou haar dogter versorg?

Luister ·

Ai, Danie, jou kommentaar gaan darem nou heeltemal oorboord.
Mense moet ook beter oplet wat hulle deel op sosiale media.
Iets heeltemal onskuldig; word maklik verkeerd geinterpreteer

ada ·

Hoe pateties is die ma.Het so n minderwaardigheidsgevoel. Of soekaandag.

Anie ·

Soos dit vir my lyk sit 3 kinders weerskante van die tafel, dit was vol en daarom sit die kleintjie eenkant. Mens kry kinders wat eerder verkies om eenkant te wees en wat hul eie geselskap verkies…

Francis francismvdm@g ·

Mag kinders nou nie eens meer self besluit waar hulle wil sit nie ? As die foto anders was het geen haan daarna gekraai nie !

magrette louw ·

lesufi, dan wil ek jou net in kennis stel, dat hier waar ek woon, die plaaslike laerskool se onderwysers leliewit is en almal is vrouens, en die kinders floreer, wit, bruin en swart, want daar is bevoegde mense in beheer.

DMC de Koker ·

Hierdie stelling van Lesufi dat hy “disgusted” was behoort menseregtekommissie toe verwys te word. Dit sal hom ten minste irriteer. Mens behoort hom moeg te probeer litigeer. Maar ek twyfel of die menseregtekommissie iets teen hom sal doen nie.

JC ·

Hierdie hele spul en die kamptige ouer se optrede behoort bejeen te word met die minagting wat dit verdien. Dit is n siek besigheid!!

Siek en Sat ·

Goed ek is ‘n ouer van die skool. En die hoof is lief vir een en elkeen van HAAR kindertjies. Ek weet dat daar geen kwaad van die skool se kant was nie. Ek weet dat hierdie einste kleintjie in my hart gekruip het . Ek weet dat die Here se liefde in elke dag in daardie skool skyn. Mag elkeen wat ‘n opinie het en nie die feite het nie, die waarheid sien.

Deon ·

Liewe ouers..as ek so kyk na alles, begin solank soek na ‘n ander skool want hoe sit sewe wit kinders aan ‘n tafel vir ses maar die dogetertjie kon nie ook ingedruk word nie? Somme klop nie.

Hannes ·

Deon. As jy kan tel sal jy sien daar sit 6 kinders by die tafel. So ja, dan sal jou somme nie klop nie.

Daan ·

Al wat sekere mense kan doen is om af te breek en vernietig. Hoekom rasisme die skuld kry is omdat almal nie wil afbreek en vernietig nie.

Ek lag vir deesdae se rasisme, dit bwys maar net weer wie die mislukkings is, gee vir hulle misluking die skuld van rasisme

humor ·

Hul hoop op spontane vermenging sal nooit n volledige werklikheid word nie. Daardie kind eenkant demonstreer die logiese wat gebeur wanneer die volkereverskeidenheid kunsmatig saam gedwing word.

Huh? ·

Hoe belaglik is dit nou? Mense het lyk my nie meer baie om te doen behalwe fout te vind met alles nie.. Al die kinders lyk vir my happy, ek as kind het altyd my eie tafel verkies om my lunch te eet al het die ander tafels nog plek gehad. Niks fout daarmee nie. Ouers moet dalk meer besig raak dan sal hulle nie in elke foto ‘n fout vind wat ander mense groot skade kan laat lei nie.. Rerig.. Sterkte aan die Skool.. “Busy people are happy people”

vermeende ·

Die ma van die kind moet ondersoek en aangekla word vir kindermishandeling. Geen persoon met verstand emigreer van n stabiele land waar die doodstraf nog in plek is en misdaad wat by elke grenspos begroet word met n groot bord wat waarsku “zero tolerance” na n stad wat bekend is as die moord hoofstad van die wereld, dis kindermishandeling!

A Swanepoel ·

Vir my lyk dit of die ma die hele tyd net gesit en bid het vir enigiets wat sy teen die skool kan gebruik. Subsidieer die staat die skool? Indien nie dink ek nie hulle het enige se nie.

Lizelle ·

Pateties!!!!!! Sterkte aan die hoof en daardie skool wat op die aarde niks verkeerd gedoen het nie. Daar is net eenvoudig nie meer plek vir ons wit afrikaanse mense in die land nie.

Danie ·

Die ma moet aangekla word. Sy het fotos geneem en ‘n wanvoorstelling gemaak. Sy het aangehits. Sy is die rassis.

Trix ·

Daan, die skoolhoof se dogter het die foto geneem en aan die ouers gestuur – NIE die ma van die swart dogtertjie nie.

Lien ·

Ek lag lekker as ek almal se kommentaar so lees. Ek is self n kleuterskool juffrou en dit gebeur so baie dat n ouer iets verkeerd impliseer. Verkeerde tydsberekening is n groot faktor. Waaroor ek wel my opinie wil lig is… Ouers moenie fotos neem en dit op die internet plaas nie. Dis teen die wet om dit tedoen as jy nie die ouer/voogde se toestemming het nie. Neem jou kind af en hou die fotos vir jouself. Dan hoef jy ook nie te worry of iemand gaan “moan” of die dag sensitief is en so reageer soos die ma nie!!

Cherokee ·

Dan Lien, behoort die ander kinders se ouers ‘n klag te lê oor fotos wat onwettig gepubliseer is.

cobusp ·

As dit n privaat kleuterskool is het die hoof of eienaar seker die reg om onderwysers na goed denke aan te stel……wat impliseer lesufe nou dat daar was net blanke onderwysers…..wat verwag hulle almal moet swart wees en meeste van die kinders is blank…………sort liewers probleme uit in die onderwys verwys na 300 swart onderwysers wat n graad 3 engelse toets geskryf het laas maand en raai wat…….al 300 het die toets gedop….skandelik……….

Otter ·

Die transfor-Nazis wil nou selfs die kleuters regeer tot hulle soos robotte almal doen wat die ANC beveel.

christine ·

Lyk my siener was reg raak net onsigbaar. So verloop myne by afdelings winkels. Gooday ek gooday gesig strak sonder emosie bek sy lui die sak sopperkart Ek oorhandig geen emosie as sy opkyk vir betaling kyk ek haar met n frons aan sy herhaal kart ek oorhandig bank kaart klaar gelui vat my kaart en verkas

Langtand ·

Genade tog, wat probeer Christine se??
Lesufi en SAUKbaas is besig om die leer van kommunisme tot op die letter toe te pas!
Die Rooigevaar waarteen ons al die jare gewaarsku is, is n groot werklikheid waaroor daar nie meer gelag sal word nie!!
Maak oop julle oë!!
Waar gaan Afrikaans as akademiese taal heen??
Ons Afrikaners is so min, maar ons is n geweldige bedreiging vir 40 miljoen plus!

Cherokee ·

Ek dink daar is van julle wat as die kat kleintjies kry, ook gaan kyk of Siener dit voorspel het.

wonder sommer ·

Liewe aarde,wat is volgende?Die verbanning van swart jellybabies, wit bande vir motors,sout moet in swart geproduseer word…net vir ingeval iemand erens iets rassisties daarin kan sien.Rassisme sal nooit uitsterf nie,want daar’s altyd iemand wat iets sleg soek.

ja nee ·

As daar n blanke kleuter alleen by daardie tafel gesit het? Dan was die verskoning oor geen plek nie aanvaar. As dit omgeruil was en die enigste een wat alleen was ñ blank kind was sou dit seker ook sy wees wat haarself distansieer oor haar ma hulle so sê. Dis hartseer, want goeies en slegtes kom on alle kleure voor. Die haat gaan na ons kinders toe wat niks uit te waai het met die wrede rasistiese tydperk nie.

Gertjie ·

Niks keer jou nie,, sit jou kind in ‘n swart kleuterskool as jy dit verkies.

Andreas Meyer ·

Daar is dalk ‘n goeie rede hoekom die Ma dit juis nie gedoen het nie.

Sputnik ·

Chritine, mens voel amper om só op te tree. My liewe vrou groet egter baie vriendelik en kry feitlik altyd goeie “response” – dit werk, glo my. Lien, watter wet?
.

Eddy ·

Miskien is dit dat ons verskillend is. Dink nie ons moet alles so in mekaar se kele af forseer nie. Die kleintjie het 10 teen 1 klaar haar kolwyntjie verorber

Amanda ·

Storm in n cupcake.

Waar is die kind wat begin huil het se kosblik?

Cathy ·

Seker in die kind se hande. Hy/sy gaan mos die cupcake wil eet.

moet sê ·

Dom! bakkiesboek rmoet persoon wat kiekies van kind onder 13jaar plaas se boek sluit agv oortreedinge van voorwaardes.

Lance ·

Hoe lyk n kleuterskool dan in Tembisa …die mense raak nou regtig simpel / verspot

Marlise Smith ·

Ag asseblief die rassistiese storie raak nou vervelig, Jy moet lyk my van nou af mooi besin voor jy enige iets mag se of jou mening lig.

Ekke ·

Een van die dae is die wittes apartheid en rassisme in die moeilikheid oor daar nie swart toilet papier is nie

john ·

Van waneer af laat ons toe dat die departement van onderwys kleuterskole voorskryf? Wie dink die ou is hy? Ek het n voorskrif vir ons sogenaamde regeringsamptenare… Weskoppies.

Johann Marx ·

As die situasie omgekeer was en daar ses swart kindertjies by ‘n tafel gesit het, en een wittetjie by haar eie tafel….dan was Panyaza Lesufi ook weer daar….om die wit dogtertjie uit te kryt as ‘n rassis omdat sy nie wil “meng” nie!!! Kan nie wen nie…

Yolande ·

Vergeet vir ‘n oomblik van ras.

My hart sou darem seer wees om te weet dat daar ‘n tafel met kinders sit en koek eet, as my kind alleen by ‘n ander tafel moes sit. Magtig, mens maak mos ‘n plan om almal in te sluit. Ons leer ons kinders van kleins af om mekaar lief te hê en “inclusive” (Afr?) te wees. Al moet die sewende kind ook nou ingedruk word tussen die ander, of sit die verjaarsdagmaatjie aan die kop van die tafel en laat 6 aand die kante sit. Watookal.

Nee man.

Dan wonder ons hoekom kinders eendag groot word om “clickey” te wees.

Neewat ·

Kinders kies hulle eie pelle, Yolande. Dit word nie geforseer deur “social engineering” nie.

Thomas ·

Yolande kinders het die volste reg om clickey te wees. Jou vryheid van assosiasie maak in die grondwet voorsiening daarvoor maak nie saak wat jou ouderdom. As jy kinders dwing om maatjies met enige iemand te wees maak jy inbreek op daardie reg. Niemand kan jou vriende vir jou kies nie?

Eugenie ·

Geen kind van 19 maande is reeds clicky nie. Die ander kids ook nie. Sy kies eenvoudig nie haar eie maats nie, maar dit word vir haar gedoen. Trek nog ‘n tafel of ‘n stoeltjie nader en gee vir die girl haar cupcake. Die ander kinders se cupcakes is nog heel en nie aan geraak nie. Swart wit, pienk of geel, ‘n kind is ‘n kind en ‘n ma is ‘n ma – leeuin en haar welpie. As ek ‘n foto ontvang op die skool se WhatsApp groep en ek sien so iets raak, sal ek beslis ook my kind vat en amok maak. Die ma het nie ‘n issue met ras nie, anders sou sy nie haar kind in die eerste plek in die skool gesit het nie. Sy het nie ‘n issue met Afrikaans nie. Sy het nie ‘n issue met my of jou nie. Sy staan op vir haar kind en frankly, ek sou ook.

Trix ·

Ek stem saam, Yolande. Vergeet van kleur, geen klein kindertjie moet alleen by ‘n tafel sit nie. Hulle kon plek ingeruim het vir nog twee kleintjies by daardie tafel. Ek sou ook vies gewees het indien ek ‘n foto ontvang van die skool, met my dogtertjie wat so alleen en op haar eie by ‘n tafel geparkeer sit.

Anon ·

Voel of ek so baie kan sê, maar nie die woorde kan kry om te skryf nie. Dit is hartseer om te sien wat van ons land word en nogsteeds wil mens aanhou hoop dat dinge anders sal wees. Daar word saam gestaan vir regte wat voorheen geminag was vir minder bevoorregtes. Wat word nou van die “witmense” se regte. Ons mag nie meer in ons eie taal onderrig word nie, ons mag nie meer assosieer met wie ons wil nie, ons word nie eers meer gekies vir werk op ons kwalifikasies nie. Veg ons terug vir ons regte, veroorsaak dit dalk die groot geveg in die geskiedenis van die land. So ons staan terug en vat dit soos dit kom. Ons staan nie saam nie, want iemand in ‘n hoër posisie is eensydig en sal seker maak dat ons slegter af is as wat ons was voor die geveg. Steeds hou ons hoop dat iets sal verander….

Irene Myburgh ·

Seker rasse groepe kan tog so gou die rasse kaart speel, maar wat van al die mense op plase en ander plekke wat vermoor word. Daar word tog nooit ooit so ‘n ophef gemaak nie.

Ons moet hulle maar seker verskoon hulle het net een ou dun draadtjie (rasse kaart) om elke keer te gryp om hulle onkunde weg te steek.

m ·

Miskien moet ons wittes ook die rassekaart begin speel by die werk en orals en dalk gaan dit beter met ons….

Johannes ·

Die openlike haat vir Afrikaners word al meer. Is hierdie die tekens van ‘n komende volksmoord?

magrette louw ·

Johannes, dalk is dit omgekeerd, die openlike haat vir swart Afrikaners?

broos ·

as jy jou kind na ‘n nuwe skool neem, loop jy deur, ontmoet die mense en dan het jy ‘n keuse om jou kind in te skryf of dan nie. ek het ‘n swart man by die werk wat altwee sy dogtertjies by ‘n wit kleuterskool ingeskryf het in sy woorde “they are just so much better and my kids are thriving”…..sekerlik moes hierdie ma dieselfde gedoen en gedink het? hoekom dan haar kind by ‘n wit afrikaanse kleuterskool inskryf in die eerste plek? if you dont like what you see go somewhere else….so maklik soos dit.

Allie ·

Ons word erg getuiken. Die skroef word nou Hard gerdraai!
Die ANC is die “Anvil”, EFF die “Hammer” en ons die stuk vormlose(leier/rigtingloos) yster.
Wat hulle nie verstaan nie is as jy daai yster genoeg hitte gee(wat hulle nou doen) en dan op dit slaan gaan daar n Swaard(vereenigde Afrikaner) gevorm word…

Johannes ·

Allie, ek hoop met my hele hart jy is reg. Maar ek is op hierdie stadium maar redelik moedeloos…

Spook ·

Hoekom het ek as wit mens geen reg van assosiasie nie . As ek my kind tussen my mense,my taal en my kultuur wil groot maak,hoekom word ek dan gebrandmerk as n rassis? Ek haat nie swart mense nie ek roof hulle nie en ek moor hulle nie, ek gun hulle ook n plekkie in die son. Daar is baie kulture in die wereld nie een belangriker as die ander een nie.Dis natuurlik. Dan hoekom die haat? As hulle dan so voel dat ons so wreed is hoekom wil hulle dan in ons skole wees en by ons dokters en hospitale gaan? In ons huise bly en ons motors ry en in ons buurte woon. Nog nooit in die wereld het geforseerde intergrasie gewerk nie dit loop net op n ramp af!

Siek en Sat ·

Liewe aarde tog! Dit gaan NOOIT ophou nie! Dis soos met die insident by die NWU ‘n jaar of wat terug! Ons is nou maar net in vir ‘n ding. As ek die hoof van die kleuterskool is … maak toe en heropen op ‘n ander perseel onder ‘n ander naam … belaglik!!

Joan ·

Wat sê die regskenners hiervan – kan die hoof van die kleuterstkool hul nie dagvaar vir naamskending of iets nie?

Cherokee ·

Mense praat van dagvaardings vir laster sonder om te weet hoeveel geld uitgelê moet word om dit te doen. As jy dit geweet het sou jy ook verstaan waarom dit meeste van die tyd bloot geignoreer word.

Attie ·

Die ironie van die saak is, as dit 6 swart kindertjies was wat aan een tafel gesit het en 1 wit kind by ‘n 2de tafel, dan sou die wit kind beskuldig word van rassisme omdat sy nie met die swart kinders wou meng nie. Ai, ons samelewing is verrot!!!!

Susan ·

Dis nie waar dat daar plek vir slegs 6 kinders by die tafel is nie. Daar is nie stoele nie maar ‘n lang bankie aan elke kant; dus kon die kinders aan die een kant bietjie opgeskuif het sodat almal saam kon sit vir die foto. Die swart dogtertjie wou in die eerste plek nie luister na die juffrou om te kom aansit vir koek nie en sy en haar maatjie moes sommer uit die staanspoor nie deel van die groepfoto gewees het nie.
Dan, toe die ma die kind ingeskryf het by die skool het sy geweet wat die status van onderwysers en taal was. Die skool het haar geakkommodeer vir die jaar want sy was in elk geval van plan om haar kind na ‘n Engelse skool te skuif die einde van die jaar. Hoekom is dit nou ‘n problem?

magrette louw ·

ek het die berig aandagtig gelees. as die anc en enige ander swart persoon enigsins gestreef het om apartheid te verwyder, wil ek hulle net inlig dat hulle dit 100% elke dag bevorder.
Dit is insidente soos hierdie wat uitgebuit word om rassisme te bevorder, en my as persoon net meer ingestel daarop maak om niks aan rassisme en apartheid te doen nie. Dit was, as ek die artikel reg verstaan, ‘n ongelukkige sameloop van omstandighede en ‘n foto geleentheid wat mis gelees word deur mense wat niks asnders as apartheid en rassisme in die voorgrond wil hou nie.

m ·

Hierdie skooltjie gaan seker deur busvragte vol ondersoek beamptes besoek word, so vir die volgende 6 weke gaan ons die gekerm aanhoor…………..

Sanette ·

Kinders ken nie Kleur nie! kyk nou net wat doen opgevoede volwasse mense nou weer bring RAS in! Rerig!

Lee ·

Daai ma het haar kind aspris in die skool gesit om moeilikheid te maak omdat meerderheid wit kinders is. Wonder maar net wie is die eintlike rasis!!!

Maureen ·

Ons lewe in ‘n land waar rassisme ‘n groter oortreding is as vandalisme en plunder en steel!

Louise ·

Ja ek stem Miskien moet ons WITTES ook begin praat.
Hier by die werk word ek gereeld MOLOENGO (verskoon spelling) genome.
Wat beteken WITTE ek hoop en al ons wittes word dit genome en ons lag daaroor.
Miskien moet ek ook net die tafel draai…..
Wonder wat gaan gebeur

RV ·

My Afrikaanse kleindogter is in ‘n tweetalige kleuterskool en tans is haar juffrou SWART en praat nie ‘n woord AFRIKAANS nie. En sy is STUNNING. Mag al hierdie mense wat te veel tyd op hulle hande het, lewe kry.

Arizona ·

Dis reg mamma. Haal jou kind uit n skool waar die onderwysers vir haal lief is en waar sy absoluut agter gekyk word en sit haar in skool waar sy geen aandag of liefde gaan kry nie. Wat sal jy tog worry oor jou kind se toekoms, die ouers brand mos vandag die skole af sodat hulle kinders geen onderig kry nie.

sarie van heerden ·

En as dit ‘n ame ou wit kindjie was wat alleen gesit het? Niemand sou stof opgeskop het nie want ons is nie altyd besig om onsself jammer te kry nie.

wilna ·

Ai ai dat een mens hom soos ‘n regte stout kind gedra , ek dink dit is Malema se manier om aandag te soek, hy is regtig soos n klein seuntjie wat sy toys uit die kot probeer gooi. Skaam jou Malema.

Fred Balt ·

Het die arme Lesufi nie belangriker sake om aandag aan te gee as hierdie snert nie! G’n wonder onderwys verkeer in ‘n krisis nie!

ANONIEM ·

Dis net rassisties as dit ‘n blanke persoon is wat sogenaamd iets teenoor ‘n nie-blanke sê/pleeg, maar nie wanneer dit andersom is nie. Alles word deurhulle uit verband geruk en op die rassisme wa gespring.

anoniem ·

o please, daai kind is hopeloos te klein om enige iets uit te maak van rasisme, aai die grootmense is vreeslik kinderagtig en gaan haal altyd die bobbejaan agter die berg.

Ek stem as jy nie van die taal en onderwysers se velkleur hou nie hkm is jou kind in daardie skool, maar, neee hulle wil/moet tussen die blankes wees.

RRose ·

Let me guess. This mother is in arrears with payments to the school and wants a cheap way out? Most common excuse for ” racism” even 20 years ago when I managed my own school, and still going strong it would seem
As for the big brave politician, no prize for guessing what his agenda is….doesnt he have enough work to do? I can show him places where Black farm children are not getting to school because the Educ Dept is paying transport to taxi drivers who then go and canvas for children in the urban areas to transport to farm schools so that they dont have to travel on bad farm roads…and it is the White farmer who is fighting, unsucessfully , to get the farm children to school….

gatiep ·

Ja wat ek gaan ook seker van rassisme aangekla word,my hele vamielie is wit.
Om een of ander rede hou ons mans van wit vrouens. Net meskien is dit omdat ek meer op my gemak voel saam met n wit vrou. Ek verstaan regtig nie wat is so verkriklik daaraan nie? Dis mos nou nie dat ek swart vrouens haat nie daar is baie swart vrouens wat baie mooi is.
Hou die klein swart kindjie nie meskien net daarvan om by n maatjie wat soos sy voel te sit nie.
Die storie klink belaglik vir my.

oni ·

Vir geen oomblik glo ek dat daardie kleuterskooltjie net 7 kindertjies gehad het nie. Sou dit blyk die geval te wees moet ek baie krediet vir daardie skooltjie gee, amper per kind n onderwyseres of n hulp. waaroor dan nou al
die lawaai? Kom ons praat nie meer van grappies, rassisties, haatspraak, onregverdigheid en al daardie bitterheid, kom ons noem dit eenvoudig, alweer ‘n lesufiekiekie. oor en uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.