Kolwyntjie-kleuterskool: Lesufi moet jammer sê

Anéll Engelbrecht, skoolhoof van die kleuterskool. Foto: Phillip Bruwer

Die eienaar van die kleuterskool in Centurion wat jare gelede deur die LUR vir onderwys as ʼn rassis uitgekryt is, eis nou ʼn verskoning. Dié skool is in 2016 van rassisme beskuldig nadat ʼn ouer ʼn foto op sosiale media gedeel het waarin dit lyk asof ʼn swart leerder gedwing is om alleen aan ʼn tafel te sit, terwyl die wit kinders almal saam by ʼn ander tafel sit.

Anéll Engelbrecht, eienaar van die kleuterskool, wil nou hê Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir Onderwys, moet jammer sê vir sy gedrag. “Ek glo nie dit gaan in enigiemand se belang wees om regstappe te neem nie, maar my reputasie het skade gely.”

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, het destyds met groot fanfare by die skool opgedaag en die besoek met sy 26 900-twittervolgelinge gedeel. In dié twiets het hy foto’s gedeel waarin die identiteit van kinders in die kleuterskool duidelik geïdentifiseer word, en die woorde: “I don’t play marbles with racists.”

Later het dit uitgekom dat die wit kinders almal eerste by die een tafel plaasgeneem het en die swart en ʼn wit kind later by die ander tafel gaan sit het.

ʼn Klag van rassisme is sedertdien by die Menseregtekommissie teen Lesufi aanhangig gemaak. Die MRK het egter in Oktober bevind Lesufi is nié skuldig aan rassisme nie.

Engelbrecht sê amper vier jaar later dra sy steeds die gevolge van die LUR se optrede. “As voornemende ouers my naam google, is dit die eerste ding wat opkom. Net die ander dag het ʼn ou in die slaghuis vir my gesê ‘jy is mos die vrou met die Lesufi-storie’.” Sy sê as Lesufi om verskoning vra, kan sy dit ten minste op die skool se webtuiste plaas.

Alle pogings van haar regsverteenwoordigers om Lesufi te kontak, het tot dusver op niks uitgeloop nie. “Ek wil net my naam skoon kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

André André ·

Jammersê? Wat de duiwel help jammersê ????

Blou ouers! Laat hy jammer met ‘n paar miljoen uit sy eie sak sê!!!

A ·

Daai rassis en sy trawante is gou om dinge uit verband uit te ruk. Maar as die eier op hul gesig is bly hulle doodstil. Is te slapg*t om te erken as hul verkeerd was. 99% van die tyd is hulle verkeerd

André André ·

Ek is nou EERS die dinges in!! Die (ANC en Julius en die BLF en en en) mense kan sê en maak wat hulle wil. Die teen wie hulle, soos met die Jerm-Facebookgeval, die persoon dood skreeu dat die persoon se besigheid finansieel geknak word, draai net die rug en stap weg!!

En die gevolge vir die wat reg onregmatig in eie hande geneem het??

Is DIT nou REG!!!!

Waarom het ons vir ALLE mense in die land ‘n president?

Karen ·

Moenie kommer jou naam is skoon Die wese is verward kry geweldige salaris geen selfrespek maw hy kan niemand respekteer Gooi klippe ( tradisie) on groot lawaai en bad scene te maak. Wees tevrede en Weet Son Maan Waarheid kom altyd uit want God weet Al’s- Die Skrif se ook moenie met dwaas redeneer behou jou waardigheid en Geloof Al’s sal regkom x

Hennie ·

My hond by die huis het my plante uitgegrou… Nou nog nie jammer gesê nie!

Danie ·

Hy sal nie , hy is n lafaard , soek net die limelight, maar werk en erken hy maak n fout , neewat

Sobymykoolkop ·

Sussie jy is BAIE naiëf as jy dink jy gaan enige reaksie van hom kry, wat nog te sê van ń verskoning.

Louis leeu ·

Nie net verskoning sommer ook skade vergoeding .As hy ooit sal verskoning sal vra moet die in die media gedoen word,maar nou weet ons ook in hierdie regerende party van die land is daar nie so iets soos verskoning nie.

Hanna Hoekom ·

En die belaglike MRK vind hom sowaar onskuldig aan rassisme… Wat n klugspul het hierdie land en sy regering nie geword nie!

Wielspore ·

Twitter is ‘n sosiale platform en die edele minister het die vals inligting in sy privaat hoedanigheid gedeel. Eis skade vergoeding in sy privaat hoedanigheid, dit sal hom leer om sy tong stil te hou. Gaan klop aan by Afriforum vir reghulp.

Strandloper ·

Die knaap het seeker maar n kompleks…kyk ek sal ook al wat leef en beef wil aanvat oor bollie as ek in sy skoene was in die oggend voor die spieël.

Anni ·

Anell, waarom wag Jy op verskoning. Jy en almal in J skool en dorp weet mos Wat die waarheid is. Moenie jouself kastei oor onbeskofte wesens nie. Skud dit af gaan aan en wys die hoë geagte Jy is beter opgevoed.

EO ·

Ek kan nie mooi alles onthou wat gebeur het nie. Hoe het Lesufi geweet van die voorval? Een van die swart ouers haar gaan verkla? Of waar het hy soooo gou van die voorval uitgevind.

Julia ·

Gaan voort met jou besigheid. Mense wat die berig op Facebook lees en glo wat Lesufi se WIL jy in elk geval nie in jou skool he nie.

EKKE ·

Ek stem saam met Andre Andre. Hulle pluk baie gou die rasse kaart uit, maar as ons die aantygings gemaak het, wat Julius al gemaak het, en NOGSTEEDS maak, was ons nou al almal al agter tralies.

se maar net ·

Mense moet die lot begin dagvaar. Ek lees vanoggend Momberg gaan die ministers dagvaar vir R8.5 Miljoen.
Dit maak sin as ons almal links en regs begin dagvaar sal hulle dalk wagte voor hulle monde begin sit?

Maans ·

Lesufi is n te groot rassis om enige verskoning aan te bied. Ek het lanklaas so n verbitterde mens gesien en dan is hy nog so baie in die openbare oog vir al die verkeerde redes

JG ·

Omverskoning vra val glad nie in die skepsel se verwysings-raamwerk nie. Hy is by uitstek n rassis wat geen maar geen bydrae maak tot eens-gesindheid nie.

A Mac ·

Persoonlik dink ek dat ons mense te tegemoetkomend is met mense wat ons slegsê, beskuldig en aanval en die rassekaart speel. In baie van die gevalle blyk dit dat dit onnodige ho-ha was en ons aanvaar dit net so. Tyd dat ons rug styfmaak en die mense slaan waar dit saak maak – aan die sak. Net jammer sê doen nie meer die ding nie – hofsaak met miljoene is wat as verskoning aanvaar moet word. Hoekom kan hulle ons met modder gooi maar ons mag nie ‘n waslap en sepie eis om skoon te maak nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.