Kolwyntjie-kleuterskool: Saak teen Lesufi vorder

kolwyntjie-skool.jpg

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Kriminele klagtes van aanhitsing tot geweld en intimidering teen die Gautengse LUR vir basiese onderwys, Panyaza Lesufi, word ondersoek.

Die VF Plus het vroeër vandeesmaand die saak teen Lesufi gelê en die dossier sal na voltooiing voorgelê word aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Dit volg op ʼn onlangse voorval by die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool in Centurion waar ʼn swart kind alleen by ʼn bankie gesit en eet het.

Lesufi het die skool later besoek en ʼn groot herrie daarvan gemaak. Hy het sy besoek met 26 900 Twitter-volgelinge gedeel en het die skool sonder meer van rassisme beskuldig voordat die voorval enigsins ondersoek is. Hy het die adres van die kleuterskool, asook foto’s van kleuters waarin hulle duidelik geïdentifiseer kon word met die woorde; “I don’t play marbles with racists”, op Twitter gedeel.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê dit is verblydend dat die polisie die saak ernstig opneem gegewe die beskerming wat Lesufi van die ANC kry. “Dit is ʼn groot onreg wat hy aan die kleuterskool gedoen het toe hy soos ʼn boelie ʼn paar vrouens en kinders gaan intimideer het met sy rassistiese houding. Die VF Plus sal sorg dat die saak tot op sy einde gevoer word.”

Volgens Alberts het Lesufi sonder twyfel ‘n gevaarlike omgewing geskep vir die kleuters en die kleuterskool wat bewys is deur die reaksie van een sy Twitter-volgelinge wat ‘n gewelddadige foto van die film “Django Unchained” geplaas het wat geweld tussen verskillende rasse uitbeeld.

“Die Grondwet en die Kinderwet, Wet 38 van 2005, maak dit duidelik dat dit ʼn oortreding is om kinders leed aan te doen, hetsy fisiek, emosioneel of op ʼn morele grondslag. Kinders kan ook nie in ‘n potensieel gevaarlike situasie geplaas word nie. Dit het Lesufi hier gedoen, en hy moet tot verantwoording geroep word,” het Alberts bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

barend ·

ag julle moes hom ook n stukkie koek gegee het ,die arme mens .

JC ·

Dis reg, skroef hierdie lesufi affere op.So rassis hoort nie in n leierskapsposisie nie allermins by n onderwys departement!! GLAD NIE!!RAAK ONTSLAE VAN HOM DAT HY IEWERS ANDERS SY VITRIOEL EN HAAT SAAI!!

Anti DA ·

Hier is nou weereens ‘n voorbeeld hoekom ek VF+ stem .Die DA het dadelik rassisme geskree toe die swart dogtertjie blyk afgesonder word nou is die teendeel bewys en Lesufi volgens stawende feite blyk skuldig te wees van ‘n groter oortreding en nou is die DA tjoepstil ek gaan dit weer se en kruisig my maar weer …. net dom mense stem vir ‘n party wat teen hulle diskrimineer omdat hulle wit gebore

Liewe heksie ·

Anti DA net dom mense stem vir n party wat minder as niks vir jou in die toekoms kan doen nie jy troos jouself net deur ink aan jou duim te hê Dom sê jy vat n grote om n kleintjie te sien

Ek stem ·

Wat presies gaan die DA vir jou doen? Ja, hulle kan munisipaliteite werksaam maak soos bewys in die Wes Kaap. Het die DA al enigsins opgestaan teen diskriminasie, plaasmoorde, regstellende aksie? Het hulle enigeiets gedoen vir die beskerming van minderheidsregte? Nee… Inteendeel… Selfs die ANC en EFF werf stemme onder die arm blanke gemeenskappe. Niks gaan vir daai mense gedoen word, net soos die DA ook boggerol gaan doen. Die VF+ sal nie ‘n munisipale verkiesing wen nie want niemand is ook bereid om hulle ‘n kans te gee. Want almal dink hulle veg NET vir die regte van blanke Afrikaners wat nog onder die ossewa wil sit en konsertina speel. Dit is so onwaar. Hulle veg vir almal en veral vir alle minderheids groepe se regte en nie net blanke Afrikaners. Hoekom is dit wanneer blanke Afrikaners wat veg vir hulle regte om te bestaan bestempel word as rassiste maar wanneer ander rasse groepe veg vir hulle regte dan is dit demokrasie. Dink bietjie mooi wanneer jy daai kruisie gaan trek. Watookal party jy voor gaan stem volgende week, dra hulle regtig jou en jou gesin se belange op die hart?

Oupa ·

Hy gaan deur sy maatjies ondersoek word, en sy maatjies gaan besluit of dit vervolging regverdig. Net soos die “gelykheidshof” . Jy moet tot ‘n sekere ras behoort voordat jy gelyk kan wees.

andrea van vuren ·

Die hele wêreld — die heelal– is in ‘n gemors. Bekroonde wildwagters op wie ons gereken het, skiet ons kosbare renosters, bekende komediante lieg en bedrieg hul eie bloedfamilie uit hul pensioengeld uit en kyk net wat het met ons straatname en Afrikaans by Unisa gebeur? Ek kan maar net uit die Woord aanhaal en ernstig vra: …”waar gaan my hulp vandaan kom…? Lesufu deel van die gif in ons land se troebel waters.

Petoors ·

Ek stem saamet jou ANTI-DA. Die VF+ is die enigste party wat vir ons wit afrikaners veg, hetsy taal of diskriminasie teen wittes. Ek sal nooit vir die DA stem nie, hulle is net die ANC in blou dis al.

Siestog ·

Maak sy mond toe vir ‘n hele lang periode. Hy’s een van die grootste rassiste.

ook anti-DA ·

GEEEEEN party in SA is daarop ingestel om vir ons blanke Afrikaanse volk n toekoms te voorsien nie. so of jy nou vir watter party ookal stem, ons gaan ALTYD aan die verloorkant wees! die VF kan in die ware sin van die woord ook nie vir ons n beter toekoms gee nie in die land nie, maar tenmiste is hulle die ENIGSTE party wat ons mense se belange op die hart dra en optree as dit nodig is, soos weereens in hierdie geval. die DA is skaap in wolfsklere…..wag maar tot hulle aan bewind kom, dan sing almal n ander deuntjie! 5miljoen teenoor 55 miljoen?? verder staan die DA, nes die ANC vir gay-regte en gay-huwelike en ook vir aborsies. dis teen GOD se Woord en daarom het die VF+ my stem. ek eer God se Woord en net HY het ons toekoms in SY hand!

Cherokee ·

Ek ondersteun jou woordeliks met wat jy sê. Vanaf die woorde dat jy nie die VF sien as ‘n leier wat ons uit die dorstige land gaan lei en jou verdoeming van die DA tot jou woorde van eer vir die Woord van God. Ook stem ek saam dat die VF die mense is wat ons taal praat en dus die keuse is by die stembus, want jy kan nooit politiek en geloof skei nie.

Tinktinkie ·

Eweskielik vat d VF+ vlam voor die verkiesing….direk daarna is hulle (weer) so stil soos die graf!!! Stem julle maar vd party wat minder as niks vir julle kan doen nie!!

Veritas ·

Tinktinkie jy lewe in ‘n droomwêreld. Jy praat van ‘n party wat niks vir jou KAN doen nie. Volgens jou redenasie, is ‘n party wat wel KAN, maar niks vir jou WIL doen nie, ‘n beter keuse.

Johan ·

Gee hom gas……hoop VF+ vat dit tot in die hoogste hof…..ons moet n voorbeeld maak van hierdie rassis……

oni ·

Julle stel die VF in n baie slegte lig deur om hom uit te wil sonder dat dit weereens n WIT-PARTY is wat geensins so is nie. Hier word niks goed vir die VF gedoen deur om hom weer af te speel teen n ander Party nie. Stem vir wie jul wil vir waatter rede ookal maar los die tiepe van spraak eenkant.

Irene ·

Hy is a stuk gemors vir samelewing wil net stir en moeilikheid maak

GES ·

Baie dankie VF+. Leer die ‘agbare’ meneer asb maniere. As dit hoe hy dinge doen moet hy maar die gevolge drae. Dit sal baie waardeer word as hy uit leierskap verwyder kan word. Sy gedrag is onaanvaarbaar!!

Ben ·

Dankie.Nou is ek uiteindelik oortuig. Die VF+ het al een stem in my wyk hier in Montana.

Lithop ·

Ja, Ben. Na baie nadenke het hierdie berig my ook uiteindelik gehelp om te besluit dat ek NIE my stem gaan mors op die DA nie. Nie hierdie keer nie en nie weer nie. VVF+, reken maar op my.

Cherokee ·

As ek naby jou gewoon het Ben, het hulle twee gehad. Niemand score egter hierdie jaar my en my 52 kinders se stemme nie want ons woon in ‘n ANC-stad waar die enigste gerekende opposisie die DA is.

Maria van Dieweeck ·

Hierdie windlawaai is in n super klas van rassisme! Wit persone MAG hom nie aanspreek in sy vergaderings nie, jy moet in n swart persoon se oor fluister, dan mag die persoon hom benader, Selfs al noem hy n probleem situasie, en jyt die antwoord! Ek wil ook graag weet waar die R2,4 biljoen wat laas jaar vir sg ‘e-learning’ aan sy department bewillig is, opgeeindig het. Ek weet die maatskappy wat die ontwikkel gedoen het, is onder deur..sug.

Dankie vir jul goeie werk.

andrea van vuren ·

Tablette gesteel vir “quick fixes”. Maklik om ‘n weerlose kind te intimmideer en makliker om ‘n onderwyser om te koop, veral as sy skool afgebrand is…

Ben Prinsloo ·

Maak hierdie rassistiese onbevoegde knaap se mond stil. Vir so lank as moontlik. Ek loop liewer saam met n minderheid wat ek weet my belange op die hart dra alvorens ek met n massa saamloop wat nie n goeie woord oor Dr. HF Verwoerd te sê het nie want hulle het hulle alreeds self uitgelewer soos die vorige regime.

Jaco ·

die NVG en die SAPD en die howe en die Gautengse Dept van onderwys behoort alles aan die Staat wat deur die ANC beheer word en die aangeklaagde minister is n lid van die ANC. So hierdie saak gaan nerens kom nie. dit sal uitgegooi word. Kan die VF Plus nie tyd en geld op iets beters bestee nie?

Pieter ·

Jaco, jou negatiewe en pessimistiese siening is net so erg soos Lesufi se houding, sonder om ook eers jou feite reg te kry. Die kere wat die Staat in enige onlangse hofsake suksesvol was, kan jy op minder as een hand tel, terwyl die ANC, die Staat en selfs die parlement keer op keer in ons howe tweede kom. Volgens jou opmerking moet Lesufi maar doen wat hy wil, want “tyd en geld” moet op “iets beters bestee” word?! Waar gaan jy “iets beters” kry as om die onreg wat hy hierdie kleuterskool aangedoen het, aan te spreek en hom in die bek te ruk? Pragtig, VF+, julle prioriteite is reg – gaan so voort!

Cherokee ·

Jaco, Pieter se beskrywing van jou in sy eerste sin is ìn die kol. Die SAPD ‘behoort’ ook aan die staat en hulle het verloor teen Solidariteit (wat gelukkig verder dink).

Albert Marais ·

Enige persoon wat vir enige polletieke party stem – mors jou stem!!
Gooi liewer jou gewig agter mense soos Afriforum. Hulle bereik 100 maal meer as enige polletieke party ooit kan droom van

Johannes Meintjes ·

Dankie VF+. Julle doen iets. Die ander (Afrikaners) praat en beraad net sedert 1994!

Poppie ·

Ongelukkig gaan dit hier nie oor wie wat moet stem nie, maar ek gaan ook n stuiwer in die armbeurs gooi. Ongelukkig help die VF se stemme op die stadium nie. As ons die land n bietjie wil red, moet daar vir die grootste opposisie party teen ANC en EFF gestem word. VF is te klein. Enige stem vir n klein party is n groot stem vir daai ander 2… Sê maar net…

Hannes ·

Poppie, hopelik kan ek jou oortuig wanneer jou stem vir ‘n party iets werd is. Die DA het actually ‘n kans om die provinsiale verkiesing in die groot metros te wen hierdie keer, so as jy daar bly, stem vir hulle. Die DA staan egter nog nie n kat se kans om die Nasionale verkiesing te wen nie, die ANC het net te veel steun in rural areas waar die massas woon. So vir die nasionale verkiesing volgende keer, stem VF+, al kan hulle nie wen nie, help die stemme hulle om sitplekke in die parlement te kry, hoe meer sitplekke, hoe meer mag. Dis in die parlement wat die VF+ opstaan en veg wanneer die ANC en DA wette en besluite wil maak wat teen jou as wit mens diskrimineer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.