Suid-Afrikaanse Jode word gevra om aan te sluit by #ShowUpForShabbat as deel van ʼn wêreldwye veldtog onder aanvoering van die Amerikaanse Joodse Komitee (AJC).
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJRA) sê dis in reaksie op die skokkende aanval Saterdag tydens die Sabbatdiens in die Tree of Life-sinagoge in Pittsburgh, Pennsilvanië, waartydens 11 mense afgemaai is.
Dié raad doen ʼn beroep op die Joodse gemeenskap en hul ondersteuners om Vrydag en Saterdag na sinagoges dwarsoor Suid-Afrika op te ruk om hul steun aan dié kragtige projek te toon.
“Tydens #ShowUpForShabbat sluit ons by Jode oral ter wêreld aan om verenig te staan teen haat en anti-Semitisme en ons vasbeslotenheid te toon om nie toe te laat dat sulke afgryslike aanvalle ons daarvan weerhou om ons Joodse identiteit uit te leef nie,” sê Charisse Zeifert, woordvoerder van die SAJRA.
Sy haal David Harris, uitvoerende hoof van die AJC, aan wat gesê het: “Die geloofsgemeenskap moet saamstaan, hetsy midde-in ʼn haatgemotiveerde aanval op ʼn swart kerk in Charleston, waarin nege lewens verloor is, of ʼn sinagoge in Pittsburgh, waarin 11 mense omgekom het.”
Zeifert sê Suid-Afrikaners sal ook onthou hoe dodelike aanvalle die afgelope jaar op moskees in Verulam in KwaZulu-Natal en Malmesbury in die Wes-Kaap uitgevoer is.
Sy vra mense moet hul planne om Sabbatdienste dié naweek by te woon, twiet en plaas met die hutsfrase #ShowUpForShabbat.
Erken Jesus is die Messiah dan sal ek dalk.
Dit is net vir Suid Afrikaanse Jode so ek twyfel jy was uit die staanspoor genooi Haan.
Mense sal nooit ooreenstem oor geloof nie. Selfs binne dieselfde geloof verskil mense oor wat hulle glo en hoe hulle aanbid, selfs binne dieselfde huisgesin verskil gesinslede onder mekaar. Party probeer selfs ander te forseer om soos hulle te glo en dikwels word fisiese geweld of oorlog dan gebruik om ander te oortuig. ‘n Ander tegniek is om vrees te gebruik om ander te oortuig om te glo wat jy glo. Almal glo anders en ander glo weer glad nie aan bonatuurlike gode of wesens wat elders woon nie.
Daarom is respek vir ander ook hul geloof en diversiteit belangrik. Anders moor mense mekaar uit. Ongelukkig verkies mense om mekaar eerder daagliks uit te moor as om ander mense te respekteer. Soos wat hier die geval is. Mense het hulle deur die eeue heen vir mekaar gewip en opgeruk en oorlog gemaak enosvoorts. Dit sal nooit ophou nie.
Maar Zeifert rep nie ‘n enkele woord oor daaglikse aanvalle op Blanke boere en Wittes oral in die land nie!!! Sy verwys net na Jode, Swartes en Moslems in hulle aanbiddingsplekke!
Kan nie Jode ook deelneem?
Ja en hul.mag hul joodse identiteit uitleef. Durf ons waag ons Boere identiteit uitleef