Komatipoort-plaasmoord: ‘Hy was ʼn boer in murg en been’

Deon de Bruyn.

Deon de Bruyn (25) wat Sondagoggend op ʼn plaas naby Komatipoort in Mpumalanga doodgeskiet is, was ʼn “jong boer in murg en been”.

“Ons het altyd na hom verwys as die versorger in die familie. Hy was altyd besorg of die deure in die aand gesluit is en of almal geëet het. Hy was die mees lojale en opregte persoon,” het Susan de Bruyn, Deon se ma, aan Maroela Media gesê.

Volgens De Bruyn was Estelle Jansen (59), wat drie keer geskiet is tydens die aanval, soos Deon se tweede ma en haar seun, Elmer Jansen (25), vir hom soos ʼn broer. “Ons is goeie huisvriende.” Deon het saam met Estelle op die plaas Simonsvlei met suikerriet, mango’s en groente geboer. Deon en Elmer was van skool af vriende.

Estelle was Sondagoggend in haar kamer toe ʼn man skielik te voorskyn gekom het. Volgens De Bruyn het Estelle met die aanvaller begin stoei en is hulle by die kamerdeur uit. Volgens De Bruyn het Estelle vir Deon in die ingangsportaal gesien. “Dit is toe dat hulle begin skiet het,” het De Bruyn gesê.

“Deon is net bokant die hart geskiet. Estelle is drie keer geskiet. Deon het teen ʼn bank gesit en roggel.”

Elmer was ook in die huis aangesien hy die naweek kom kuier het vir sy ma se verjaarsdag. Hy het die skote gehoor en op die aanvallers en sy ma en Deon afgekom. Hy het gehardloop om ʼn vuurwapen te gaan haal waarna die aanvallers op die vlug geslaan het.

Deon is op die toneel dood verklaar en Estelle is na die Mediclinic Nelspruit vervoer vir verdere behandeling. Volgens De Bruyn maak Estelle goeie vordering en is in ʼn bestendige toestand.

De Bruyn sê Deon het landbou studeer en was van 2010 af op die plaas. “Hy was ʼn familiemens. Hy het nie regtig gekuier nie en sy huismense was vir hom baie belangrik. Hy het ʼn passie gehad vir landbou en was mal oor visvang.”

Sy het gesê Deon het nog onlangs tydens ʼn gesprek met sy broer, Dirk (24), en sy vriendin, Izel Potgieter, gesê mense moet positief bly oor die land. “Hy het gesê dis sy land en hy wil nêrens heen gaan nie.”

Deon laat ook sy pa, Deon sr., suster, Amerelda Pohl (27), en ouma, Alida Coetsee agter. Hy word Vrydag vanuit die NG kerk Komatipoort begrawe.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van moord, poging tot moord en gewapende roof word ondersoek. Die aanvallers het glo net met selfone gevlug.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andrea ·

Ag, my hart pyn vir sy geliefdes. Wat ‘n pragtige jong man. Hoe wreed is dit nie. Mag jy in vrede en vreugde wees waar jy nou is, Deon.

Arno ·

Natuurlik is daar nog niemand in hegtenis geneem nie en hulle gaan ook nie. Wys die statistieke waar moordenaars gevang en gevonnis is? Daar is nie! En die bietjie wat wel doen word sommer die volgende dag op R 1000 borg losgelaat. SA is n wettelose en goddelose land. Waar moordenaars elke dag lewens vat en ons nie veilig is nie. Dink dit is tyd om die staat te dagvaar want dit is op die einde van die dag in die wet dat hulle ons moet veilig hou

Sussie ·

Ek is so vreeslik hartseer vir Deon en sy familie, hy was n pragtige seun met n lieflike geaardheid het onmidelik van sy gesig gehou op die foto.
Susan ek bid dat jul vertroosting vind in hierdie uur van diep bedroef.
Sterkte Estelle hoop jy herstel volkome.

Leon ·

Elke keer gaan daar ‘n stukkie in my dood as ons sulke waansin lees.
Mag die HERE se ganade oor julle wees, en SY hand van vertroosting julle dra in hierdie tyd van smart.
Estelle, ek hoop jou herstel is vinnig en volledig, te midde van hartseer en pyn.

Malema volksmoord ·

Bloed aan die hande van malema en die George Soros verlinkse wereldvernietigers.

kas ·

Bhembe,hoekom spreek jy nie jou simpatie teenoor die familie uit nie.Hoekom is jy nie met skok of afgryse gevul oor die sinnelose moord nie of geniet jy dit dat nog ‘n blanke vermoor is

Gerda-Mari ·

My hart is ook seer soos ek hier sit en lees. Ek herinner myself elke keer wanneer ek lees van iemand wat vermoor is dat daardie persoon ook iemand se kind, broer, vriend of liefde was…ook n mens soos ek en jy met drome en ideale… Dit ruk my tot in my wese.

Die pure wetteloosheid en anargie maak my siek!

My innige meegevoel en simpatie aand die familie en naasbestaandes.

Here, ons vra dat U asb sal ingryp en ons land en sy mense genees. Maak ons harte vry van haat en boosheid. AMEN.

Dis so ·

Susan

Jou eerste kommentaar was dat sy hande agter sy rug vasgebind was toe skiet hulle hom. Ek sien nou niks daarvan nie. Kan jy asb meer se want dit help nie ons word opgesweepvmet vals informasie nie. Sterkte vir jou en jou familie.

Lara ·

Opgesweep met vals informasie?? Deon se moord was nie perongeluk nie! Klink dit vir jou minder wreed? Sy Ma het geen beheer wat die koerante besluit om te plaas en wat nie!

Albaster ·

@Lara, plaasmoorde is baie wreed, die besonderhere of detail hoef jy nie in te twyfel nie. Ons moet dit inelkgeval stopsit, ongeag of iemand se hande vasgemaak was of nie.

Susan de Bruyn ·

Dis so …
Ja sy hande was agter sy rug vasgebind, so is hy gevind deur die mediese personeel.

Moedeloos ·

Snaaks met ander gebeure sal daar “geen klip onaangeraak gelaat word to die aanvallers agter tralies is nie”, maar daar was nog nie eenkeer so iets gestel na ‘n plaasmoord of plaasaanval nie.

Shaun ·

Korrek met die hulp van Lord Robin Renwick en n paar EU end UK bankier groepe.

Lara ·

@ Albaster dis presies wat ek vir Dit So probeer se! Ongeag sy hande vas was of nie. Hy is vermoor!!!

anna ·

fake news they say!!! whites are lying about the farm murders they say!!!!
so jammer vir sy familie
wat a sad storie, bid vir sy ma

Theresa ·

Stuur hierdie ook aan na die buiteland. Daar waar daar al saam gevra was dat hierdie aanvalle en moorde stopgesit moet word!

Innige simpatie aan die familie en vriende wat hierdie jongman gaan mis.
Hoe banaal het als nie in ons land geword nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.