Komatipoort-plaasmoord: Nog ʼn verdagte vas, ander in hof

Deon de Bruyn. Foto: Verskaf

ʼn Sewende verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Deon de Bruyn (25), ʼn boer van Komatipoort in Mpumalanga.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê Fanie Mkhabela (31) is Maandagoggend in Kabokweni naby Witrivier in hegtenis geneem.

Hy het reeds vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 28 September uitgestel wanneer hy saam met die ander ses beskuldigdes in die saak weer in die hof sal verskyn.

Die ander ses beskuldigdes, Derrick Makamo (24), Rawul Mhlanga (28), Sifiso Madonsela (33), Solomon Msimango (33), Oscar Chauke (36) en Hendry Manonga (32), het Vrydag weer in die Komatipoort-landdroshof verskyn. Die beskuldigdes word van moord en poging tot moord aangekla.

Deon is op 17 Junie op ʼn plaas naby Komatipoort doodgeskiet. Hy het saam met Estelle Jansen (59), wat vir hom soos ʼn “tweede ma” was, op die plaas Simonsvlei met suikerriet, mango’s en groente geboer.

Estelle was in haar kamer toe ʼn man skielik te voorskyn gekom het. Volgens De Bruyn het Estelle met die aanvaller begin stoei en is hulle by die kamerdeur uit. Deon is net bokant die hart getref en Estelle is drie keer geskiet.

Vyf beskuldigdes is kort ná die voorval in en om Tonga vasgetrek. Manonga is begin September in hegtenis geneem.

De Bruyn het vroeër gesê Deon was ʼn “jong boer in murg en been”. “Hy was ʼn familiemens. Hy het nie regtig gekuier nie en sy huismense was vir hom baie belangrik. Hy het ʼn passie gehad vir landbou en was mal oor visvang.”

Deon laat ook sy pa, Deon sr., broer, Dirk (24), suster, Amerelda Pohl (27), en ouma, Alida Coetsee, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PH ·

Hoekom plaas MM nooit die fotos van die skuldiges in die sake nie? maar mooinooi en al die ander, maar nooit ooit van n plaasmoordenaar nie?

Frik ·

Ja die liberalistiese media is doodstil as wittes deur swartes vermoor word. Afriforum is reg deur die wêreld bewus te maak van hoe die boere en hulpelose vroue uitgemoor word,.

SDB ·

Hi PH
Ek neem aan dis omdat hulle nog nie deur die hof skuldig bevind is nie. Hulle is nog net aangekla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.