Kombi ploeg vas in onklaar bakkie

Twee mense is dood toe ’n kombi teen die agterkant van ’n bakkie vasgery het terwyl dié voertuig deur ’n groep mans gestoot is. (Foto: ER24)

Twee mense is dood en vier ander beseer toe ’n kombi Dinsdagaand teen die agterkant van ’n bakkie vasgery het terwyl dié voertuig deur ’n groep mans gestoot is.

Die ongeluk het in Eikenhof, suid van Johannesburg, plaasgevind.

“Met ER24 se aankoms op die toneel kort ná 19:30 het nooddienswerkers twee mans in die middel van die pad gevind. Hulle het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“Drie ander mans het met ernstige beserings langs die pad gelê. Die bestuurder van die kombi was steeds in die voertuig en het matige beserings opgedoen,” sê Ineke van Huyssteen, woordvoerder vir ER24.

Volgens Van Huyssteen is die beseerde mans deur ER24 asook verskeie ander nooddienswerkers op die toneel behandel voordat hulle na ’n hospitaal vervoer is.

“Volgens ons inligting het die bakkie onklaar geraak. Die mans moes dit dus verder stoot waarna die kombi die voertuig van agter getref het.”

Die presiese omstandighede rakende die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boer ·

Jammer vir die mense wat gesterf het. Die kombie is seker weer n taxi

ANET ·

nee, dit was inwoner van area.. was donker stuk en bakkie was sonder ligte aan gestoot, vermoed battery was dalk pap, bestuurder te laat besef persone voor hom. dis baie tragies.

Vicky ·

Nee,hulle het die bakkie in die middel van die pad aan die brand probeer stoot. Daai pad is stuk donker. Dis ñ tragiese ongeluk. Moenie altyd die lelik in alles wil sien nie,betoon eerder bietjie respek en simpatie asseblief.
Ekself was in ñ kop aan kop botsing in 1992 op daai einste donker pad,mense het mekaar getou en die tou het gebreek,ons het die AGTERSTE kar getref. Ongelukke gebeur.

Jakes ·

Uiters tragies maar op SA se paaie is jou lewe elke sekonde in gevaar deur roekelose en onbevoegde bestuurders.

Cherokee ·

Teen 100 kmu beweeg jy teen 27,7778 per sekond! Hoeveel tyd het jy om stil te hou in die afstand wat jou ligte skyn? En ons praat nou van slegs 100 kmu.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.