Kombi tref kind op fiets

Die seun se fiets ná die voorval. (Foto: Netcare 911)

’n Negejarige kind is vandeesweek na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling nadat ’n Kombi hom op sy fiets in ’n Johannesburgse straat getref het.

Dit is nie duidelik hoe seer die seun gekry het nie. Hy kon wel van onder die Kombi uitkruip ná die voorval.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is Woensdagmiddag na die toneel in Mariastraat in Fontainebleau ontbied. ’n Gevorderde lewensondersteunende paramedikus het die seun op die toneel behandel.

Die kind is deur die paramedikus gestabiliseer voordat hy per ambulans hospitaal toe geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rakende die voorval is onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Perdeby ·

Alles is tans baie onduidelik as hulle nie wil praat nie. Iewers in J’burg!

Riekert Arend ·

‘n Kombi of ‘n Verdomde Breindood TAXI DRYWER?????

Marcello ·

Dankie tog, veral seuns het ‘n beskerm engel nodig……

twaalfboor ·

Dit lyk na ñ bitter klein fietsie vir ñ 9 jarige kind om te ry.

Raakvatter ·

So? My negejarige seun het dieselfde fiets. Party kinders is maar korter as die res.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.