Komediant in hof oor spoed

Mduduzi Ntuli. Foto: Via Facebook

Die komediant wat Vrydagmiddag op die N4 buite Mbombela (Nelspruit) in hegtenis geneem is nadat hy die spoedgrens oorskry het, het Maandag in die stad se landdroshof verskyn. Sy naam mag nou bekendgemaak word.

Zandile Mandlazi, woordvoerder van die Mpumalanga- departement vir gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê die man, Mduduzi Ntuli, is op borgtog van R500 vrygelaat en hy moet weer op 7 Desember in die hof verskyn.

Ntuli is Vrydag teen 16:50 deur provinsiale verkeersbeamptes vasgetrek toe hy glo 170 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het. Volgens Mandlazi het Ntuli in sy Mercedes-Benz-voertuig op die snelweg gery.

Die komediant het glo aan die verkeersbeamptes gesê hy was inderhaas op pad na ʼn komedievertoning wat Vrydagaand in Nelspruit plaasgevind het. Hy was oor die naweek in aanhouding by die Nelspruit-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Steenkool ·

En toe daar laas “wit vermaaklikheid persone” naby Bronkhorstspruit gevang is hoeveel was sy borg???????

Cheryl ·

Nou gou gaan kyk, was ook nuuskierig – R500 borg en R10 000 boete -169 gery in 80 zone

SjN ·

Onbekend, onbemind en onbevoeg om te bestuur, komiese komediant

Leahim ·

Dit blyk nou dat daar n stel reëls is vir wit en swart soos in die apartheidsjare ons moet nog net n naam kry daarvoor.

jan_alleman ·

en toe mis hy in elk geval sy vertoning , eerder laat as nooit

Susan ·

Dis kommerwekkend om te sien wat die onverskilligheid van mense is op die paaie. Dink hulle kan weg kom met enigiets. Vanoggend het ‘n man met ‘n BMW(CA 444 057) doodeenvoudig volspoed(seker 80km per uur of meer) om my gery , toe ek dit gedurf waag het om by ‘n vierrigting stop te stop. Ja goed goed, ek weet ek is seker die enigste persoon in die land wat wel by ‘n stop straat stop, maar ek doen maar! Ongelukkig in Pretoria werk verkeerspolisie net tussen 8vm en 3nm. En dan ook net om mense lastig te val, nie om die werklike skuldiges te vang nie!

Cherokee ·

So, die BM se volspoed is nie so vinnig as wat sommiges sê nie.

Jannie ·

Lekker die naweek in die tjoekie gesit, hoop maar sy grappies was nie te flou nie.

Cherokee ·

My kar het Saterdagoggend teen 10kmu buite beheer geraak. Dit was in ‘n wildreservaat op Oribi Gorge waar dit kwaai gereën het, op ‘n twee spoor paadjie met ‘n afgrond aan die een kant en ‘n hoë wal aan die ander kant. Die Corolla het gekantel na die wal se kant sodat ek nie eens my deur kon oop maak. ‘n 4X4 Landrover het ons met die wenas (wich) daar uit gesleep en voor ons gery totdat ons uit die woesteny was. Sondag terug gery na Durban en teen 120kmu deel gewees van die stadiger verkeer.

A Mac ·

Sou graag meer verkeersbeamptes en spoedlokvalle op die N1 tussen Mokopane en die Kranskop tolhek wou sien. En mense wat aankomende verkeer met flikkerende ligte waarsku dat daar lokvalle is moet ook sommer gestop en beboet word.

Cherokee ·

So jy gaan in ‘n hof getuig en die publieke aanklaer probeer oortuig dat jy weet waarom hy sy ligte geflikker het terwyl die motoris gaan sê hy het jou gewaarsku teen diere op die pad. Miskien ken jy die spreekwoord wat praat van stank vir dank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.