Komediant se familielid vermoor         

Trevor Noah. Foto: Facebook

Trevor Noah. Foto: Facebook

Die familie van die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah is deur nog ʼn tragedie getref toe Noah se niggie in Greytown, KwaZulu-Natal vermoor is.

Cebisile Happiness Khoza het van Msinga na Greytown gereis om gereed te maak vir haar gradeplegtigheid, het die Sunday Times berig. Sy het spoorloos verdwyn en haar verbrande lyk is kort daarna in ʼn suikerrietveld gevind. Sy is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Khoza het haar ma se selfoonnommer in die grond begin skryf toe sy dood is, het die koerant berig.

Volgens Khoza se kêrel het hy haar by ʼn salon afgelaai en vir haar gewag om te laat weet wanneer sy klaar is. Toe hy nie van haar gehoor het nie, is hy weer na die salon maar dit was reeds gesluit en daar was geen teken van haar nie.

Noah is nog nie van die moord in kennis gestel nie, aangesien hy tans oorsee is en glo nog nie bereik kon word nie. Dit is nie eerste keer dat Noah se familie deur tragedie getref is nie. Sy ma is in 2009 drie keer deur haar man geskiet. Volgens die Daily Mail het Noah se ma, Patricia, dikwels deurgeloop onder haar gewese man.  Patricia het aan die Daily Mail gesê dat sy in die gesig en rug geskiet is.

Nomalizo Noah, Trevor se ouma, het gesê die voorvalle laat haar dink die familie is vervloek.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Ons land moet ‘n biddag hou waartydens ons die HERE nederig moet vra vir beskerming teen al die geweld en misdaad in ons land want AL wat ons land KAN help is om terug te keer na die liewe HERE!! Hy ALLEEN HET MAG OM DIE BOSE TE VERDRYF!!

WS ·

Gaan ‘die bekende komediant’ van hierdie insident ook sulke kruppel grappies maak ??

Rudi ·

Komaan, dis nou bietjie onsensitief. Laat staan wat jy van Trevor se humor dink, iemand is vermoor, en dit op so brutale wyse, net voor sy sou graad vang!

Elicia Visagie ·

Really… Kom ons kyk hoe voel Jy as iemand wat Jy Lief het so wreed vermoor word en iemand sulke kommentaar lewer… Dit is sy werk hy het ook n familie om voor te sorg… Uiters SWAK… Word groot!

Joe64 ·

Kan mos nou nie name noem as naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie? Hoe lees mens nou van familie se afsterwe in die koerant? Nee man!

Theresa ·

Ek stem saam met Christa. Daar is geen ander uitweg nie, maar die mense dwaal al hoe meer weg van die Here en doen hulle eie ding. Hoe kry ‘n mens die mensdom dat hulle terugdraai na die Here toe en dat hulle die lewe deur die Here se oe sien en nie deur hul eie oe nie. Selfs die kleinste kindertjies raak nou al soos die grootmense. Dis angswekkend!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.