Conrad Koch, komediant en buikspreker agter die karakter Chester Missing, het Donderdag voortgegaan om twiets te stuur oor Steve Hofmeyr nadat die sanger ʼn tydelike beskermingsbevel teen hom gekry het.
Koch het Donderdag reaksie gelewer op ‘n twiet wat Hofmeyr Maandag uitgestuur het:
Haha. Stevo, I am gonna burn u for this one. RT @steve_hofmeyr The ANC created "white" by creating a new victim based on skin colour post 94
— Chester Missing (@chestermissing) November 6, 2014
Hofmeyr het Woensdag die beskermingsbevel in die Randburg-landdroshof bekom waarvolgens Koch hom nie “verder mag teister, sy borge of vennote kontak of bykomende lasterlike of kwetsende aanmerkings oor hom publiseer nie”.
Beeld het Donderdag berig Koch het gesê hy het ʼn telefoonoproep gekry rakende die hofbevel, maar het dit nog nie ontvang nie. Hy het gesê dit is “fundamenteel” verkeerd om regsaksie teen ʼn satirikus te neem.

Foto: @chestermissing op Twitter.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
Mens kan mos van n afstand sien ,die kalant het n skroef of twee verloor iewers.
Wat van ons reel n boks geveg, tussen Steve en die mannetjie, dat Steve hom vir eens op sy plek kan sit
Ek sien grootmense wat nog kinders is. Altwee van hulle.
Glo vas die pop het, sonder veel moeite, meer verstand as sy manupileerder.
Glo vas die pop het, sonder veel moeite, meer verstand as sy manupileerder.
Ek wonder of die arme vent n vuishou sal kan vat.Hy lyk vir my maar na n “softy”.