Komitee aangestel om artikel 25 van die Grondwet te wysig

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die Nasionale Vergadering het Donderdag ingestem om ʼn veelparty ad hoc-komitee aan te stel om te begin met wetgewing om artikel 25 van die Grondwet te wysig.

Die komitee sal op 31 Maart 2020 terugvoer gee aan die Nasionale Vergadering. Die komitee sal bestaan uit 11 lede wat kan stem en 14 lede wat nie kan stem nie, het Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, in ʼn verklaring gesê.

Lede wat kan stem sal gekies word uit die ANC (6), DA (2), EFF (1) en ander partye (2). Die 14 lede wat nie kan stem nie, sal gekies word uit die ANC (2), DA (1), EFF (1) en ander partye (10). Die ad hoc-komitee sal al die algemene magte hê van parlementêre komitees, kragtens reël 167 van die Reëls van die Nasionale Vergadering.

Die vyfde demokratiese parlement het ingestem om dié komitee aan te stel. Die komitee kon egter nie sy taak voltooi teen die tyd wat die vyfde demokratiese parlement ontbind is nie. Die aanbeveling is gemaak dat die sesde parlement die saak sal afhandel.

Die besluit om dié ad hoc-komitee aan te stel, volg ná die parlement in Desember 2018 ʼn verslag van die grondwetlike hersieningskomitee aanvaar het om artikel 25 van die Grondwet te hersien. Die verslag het aanbeveel dat die parlement artikel 25 van die Grondwet moet wysig om eksplisiet te stel wat implisiet in die Grondwet opgeneem is, wat betref die onteiening van grond sonder vergoeding, as ʼn regmatige opsie vir grondhervorming om “geskiedkundige foute reg te stel wat deur die arbitrêre onteiening van grond veroorsaak is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johan ·

Eiendomsreg gaan dus nou nou nie meer noodwendig geld nie!?

Gert van Wierdapark ·

As na die getak gekyk word in die komitee wat kan stem (11), en die a en see het 6 daarvan, het hy nie eens die EFF (1 stem) nodig om die rigting te bepaal nie!! “Say no more”!

Jean-Pierre ·

Mense wat nou nog nie die skrif op die muur sien nie, moet begin bril drae.

Grondonteiening sonder vergoeding skep net ‘n presedent vir Nasionalisering wat beteken die oordrag van ‘n groot tak van die industrie of handel van privaat na staatseienaarskap of -beheer. Kyk maar na ESKOM as ‘n voorbeeld.

JV ·

Slim van die ANC om 6 uit 11 lede daar te stel. So as daar gestem word, wen hul nog steeds ongeag. Korrup

BlinkStephaans ·

Niemand het sekerlik enigiets anders verwag??
Hierdie hele ou storie sal deurgedruk word… ek weet eintlik nie waarvoor die hele komitee ding nodig is… dis eintlik maar n mors van tyd…is daar dan regtig enigiemand wat nog wonder oor die uitslag en bevinding? Dit sal net baie nice wees as iemand nou navore kan tree met feite oor die sogenaamde historiese regstellings. Sekerlik is daar n paar regstellings wat gemaak moet word…. maar ooowee jul voorvaders het maar al te graag grond verruil vir n paar beeste en n paar ander dinge wat die westerlinge reeds lang jare terug uitgevind het…. julle was ge “wow” deur die dinge wat hulle gehad het… en dit is vandag nog so. Vandag vat julle egter net sonder om iets in ruil te gee.

Martin l ·

Due ANC het reeds die meerderheids stemme – 6 teen 5. Maak nie saak wat die ander se of doen of stem nie die ANC het klaar gewen en gaan Art. 25 verander.

Wessel ·

Daardie dag wat die wet verander kan net sowel die amptelike datum word wat daar openlike burgeroorlog aangekondig word deur die ANC. Die pot met water is dan uit gegooi en die padda is dan op die vuur. Gaan ons steeds dan soos skape in ń ry stap terwyl ons wag om geslag te word? Laaste kans.

Cherokee ·

Hierdie ‘burgeroorlog’ storie isnie eens snaaks genoeg om as grappig beskou te word nie. Dit is mi bloot belaglik, want as daar burgeroorlog sou wees,sou dit lankal gebeur het. ‘n Handjievol blankes teen ‘n oormag swartes. En moet nie Bloedrivier-rympies begin sing nie, want nòu het húlle die sannas en òns het die assegaaie. Wees tog realisties. Ons doen alma vensterkopies maar wanneer jou windowshopping burgeroorlog begeer, raak dit rof. En rowwer wanneer jy bloot droom daaroor maar dit nie kan bekostig nie.

Stebastiaan ·

Hulle dink seker die land is vol ongeletterdes wat nie kan somme maak en lees nie. Ek sien moeilikheid kom soos nog nooit.

Cherokee ·

Ò..!!! En wàt doen dàn? Ek pleit altyd vir realisme. Moet nie sommer strooi praat nie. Jy het nagelaat om te sê wat die kleinletter afrikaner moet doen wanneer wakker geword is.

Sirkus ·

Komitee waarvoor die belasting betaler betaal, maar die stemme is so opgestel dat net een party eintlik die besluit kan maak. Wat ‘n sirkus…

Frm ·

Ai dis nog so ver tot maart 2020. So onwettige besettings gaan nou toeneem en teen maart word dit wettig verklaar. Slim van hulle

sweis ·

Die diskriminerende wette blyk daar vir altyd te wees so oor 200 jaar glo ek sal daar nog swart bemagtiging en kwotas wees gebaseer op velkleur en nou sal daar ook geen eiendomsreg wees nie.

Johanna Botha ·

In zim het hulle al die grond en steeds is daar nie werk krag geld …ag daars niks nie , die land is vernietig !

Herman P ·

Wat kan positief hieruit kom? Niks. Jou titelakte gaan vervang word met n 99 jaar huurpag van die staat. Jy gaan ten duurste
huur betaal aan n huis wat jy lankal afbetaal het. Waar gaan jy heen? Slim van hulle.

Andre Stander ·

6x uit die 11 stemme vir die party wat ons weet die nuwe konsep verandering wil deurdruk, klaar die meerderheid. TOTAAL BELAGLIK!!

Absoluut totaal en al Belaglik…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.