Komitee aangestel vir Covid-19-korrupsie

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn komitee van ministers aangestel om bewerings van korrupsie, wat met die land se reaksie op die koronavirus-pandemie verband hou, te ondersoek.

Die komitee, onder leiding van Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, sal bewerings van korrupsie ondersoek in die aanskaffing van goedere en dienste in reaksie op die Covid-19-pandemie. Dit sluit die aanskaffing van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) in.

“Om die komitee te ondersteun in sy assessering van alle Covid-19-verwante aanskaffing, het president Ramaphosa alle ministers en premiers versoek om inligting te verskaf oor die maatskappye en besonderhede van tenders en kontrakte wat toegeken is by nasionale staatsdepartemente, provinsiale regerings en staatsbeheerde entiteite tydens die nasionale ramptoestand,” het Tyrone Seale, waarnemende woordvoerder vir die president, in ʼn verklaring gesê.

Die president het opdrag gegee dat die inligting dringend vandeesweek nog aan die komitee ministers verskaf moet word. Die komitee sal dan ʼn omvattend verslag voorberei wat die president as openbare inligting bekend sal maak.

Die ministeriële komitee bestaan uit die minister van justisie en korrektiewe dienste [Ronald Lamola] as voorsitter, die minister in die presidensie [Jackson Mthembu], die minister van finansies [Tito Mboweni], die minister van polisie [Bheki Cele], die minister van staatsdiens en administrasie [Senzo Mchunu] en die minister van samewerkende regering en tradisionele sake [dr. Nkosazana Dlamini-Zuma].

“Dit benadruk die vasberadenheid van die president, soos genoem in ʼn toespraak op 23 Julie 2020, dat daar nie enige diefstal, vermorsing of wanbestuur van staatsgeld moet wees terwyl die land Covid-19 probeer bekamp nie. Die president het gewaarsku dat gevolge vir diegene wat die wet oortree, of hulle staatsamptenare of in die privaat sektor is, baie ernstig sal wees,” het Seale bygevoeg. “Die mense van Suid-Afrika verdien niks minder nie as volle aanspreeklikheid van diegene wat gekies is en aangestel is om hulle te dien.”

Die kabinet ondersteun ook ander maatreëls om korrupte aktiwiteit op te spoor, insluitend magtiging aan die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) om enige onwettige en onbehoorlike gedrag te ondersoek in die aanskaffing van enige goedere of dienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Anoniem ·

Mooi man, stel die korruptes aan om die korruptes te ondersoek…

Vrijburger ·

Ag rerig?!
Wys my eers die skelm kaders (ook die seniors) in oranje oorpakke.

Kobus ·

Regtig mnr die president? Ons is Augustus reg? Nie April Nie? Wat n “leier” wat net komitee’s,kommissies,rade van ondersoek aanstel. Kan iemand dalk n anduiding gee hoeveel geld Al bg verdien? Swak en pateties mnr CR

Elsie ·

Julle kies almal wat korup is om die ander te ondersoek. Kry iemand heeltemal onafhanklik is van n ander land om die ondersoek te doen. Ons sal dan die waarheid sien . Daar gaan niks weer kom van die ondersoek.

Johan ·

Nou wonder ek, is dit om punte te kry van die “volk” of is dit om spore toe te smeer soos gewoonlik? Het Ramaphosa nie 2 van die VBS karakters ook vrygespreek nie? Verstaan so iets. Ek stem, kry iemand soos die VN of Amerika of so wat sommer die verkiesing ook moet behartig. Glo ons sal dan nader aan die waarheid kom.

marius ·

Kommitee . Dis al waarvoor hy onthou sal word ….hier kommie tee .

Snowball ·

Hierdie man is lagwekkend. Komitees, rade, ondersoekspanne, afgevaardigdes, bosberade en wat nog! Terwyl die korruptes aan huis kuier. Mis darem die Skerpioene – hulle kon ‘n vrot kader sewe myl, wind-op uitsnuffel.

Danie ·

Die man is n bouer. Hy bou nie die land op nie maar hy weet hoe om al die korrupsie toe te plyster.

Annelien ·

More moet jy weer n ander kommittee stig om daaaaai kommittee te ondersoek? Hehe!

Jakes ·

CR se geloofwaardigheid as n leier is uiters swak. Weereens n bewys dat almal in die ANC onder dieselfde kam geskeer kan word. Soos gewoonlik, sal dadels hiervan kom.

Yvonne ·

Ek slaan my hande saam….niks sal gebeur of uitgevoer word nie en skuldiges nooit voor die hof kom nie….tydmors

LiveAndLetLive ·

Kom ons hoop maar die ministers het nie self n hand in die koekie blikkie nie……….

Eragrostis ·

Herinner my net weer, hoeveel ANC politici was betrek by die Gupta Leaks e-posse meer as 3 jaar gelede? Hoeveel is betrek by die staatskapingskandaal? Dan wil ek weet, hoeveel van hulle is intussen vervolg?
So wanneer Cyril, Jackson of Tito die landsburgers wil paai en oortuig dat hulle ernstig is om korrupsie te beveg, dan weet jy wat om te sê.

Renee ·

Wonder net wie Dr Zol met haar verbindtenis met smokkel gaan vervolg, of sal sy haarself sommer ondersoek.

john ·

n komitee angestek bwah ha ha ha ha ons ken almal hulle bevindings daar is geen korrupsie in Suid Afika en as ons n sondebok kry dan suspend ons hom/haar vir 3 maande met full pay.

Net ek ·

Ja nee dis nou SA vir jou. Die grootste korruptes word aangestel om die ondersoek te doen. Daar gaan niks van kom nie en gaan weer afgemaak word as vals beskuldigings. Well done Mr CR, op hierdie slapgat manier gaan geen korrupte amptenaar ooit die binnekant van ‘n hof sien nie, om nie eers te praat van ‘n tronk sel nie.

4ntj13 ·

Ai! Nóg ʼn Kommie-Tee? As die dêm opposisie iets werd was, sou daar mos al vóór dit ʼn “skaduwee-kommittee” gereedgestaan het. Hét ons nog hoegenaamd mense in die land wat die pap NVG se werk kan help doen? En doen dadelik weg met die tender-proses–vervang dit met vaardige aankopers wat die billikste produk kan opspoor sonder enige korrupsie.

Nic ·

En weereens ‘n kommissie van ondersoek wat ‘n verslag gaan opstel en niks kom van vervolging of verhaling nie want Ace sê dis nie korrupsie nie, dis entrepeneurskap!

JM ·

Ace moes al lankal in ‘n oranjepak gewees het. By wyse van spreke word die duiwel by die satan verkla.

Kobus ·

En dan later kry ons ‘n komitee om die komitee te ondersoek.

Anoniem ·

Ongelukkig is dit so dat wanneer daar probleme met bestuur van ons land is dan wortd daar gewoonlik ‘n kommissie aangestel om sake te ondersoek terwyl Nr 1 in die land te swak is om te regeer …

Nico ·

Dit is lagwekkend, hoe gaan hierdie saak op gelos word almal is ewe korrup.

Persheks Adri ·

Korrupsie en magsmisbruik is al waaroor dit gaan! Nou gaan Doffel, Babbel en Bekkie die korrupte mense vervolg? Wie gaan vir NDZ vervolg huh??? Jy’s ‘n grapgat met die snert wat jy praat regtig waar. Glo maar jou eie storie en ek hoop julle slaap lekker in die nag met julle skelmstreke.

Mariana ·

Nog ‘n komitee nog meer niksseggende uitkomste. Geld en tydmors. Nee regtig!!!!

Hendrik ·

Nog meer leuens??? Hoekom ministers? Sodat hulle die skelms kan beskerm? Mnr Ramaphosa as jy regtig deursigter wil wees stel iemand buite die parliment aan om die saak te ondersoek. Ek het nog geen van die korrupte mense wat voor die Zondo kommissie verskyn het in oranjepakke gesien nie. Wees eerlik vir ‘n slag en moenie jou kniee voor mense buig nie. Hoof regter Moeneng het jou ‘n Bybel gegee en gese ….”so moet jy regeer”, maar jy buig jou kniee voor mense!!!

Bertus ·

Daar is ‘n gesegde in Afrikaans : Jy kan speler en skeidsregter wees nie. Hoe dan nou????

TO ·

Nog net ‘n paar cronies wat ‘n salaris moet verdien om kastig die korrupsie te ondersoek, want wat gaan jy aan die korrupsie doen mnr. Sweet blue nothing. Jy moet vir ‘n slag meer doen en minder teem

Jannie van Niekerk ·

Die probleem is as daar slegs EEN enkele ANC, SAKP, COSATU, EFF, BLF of BLM ondersteuner op die komitee is, gaan daar niks van die ondersoek kom nie

Alleen Wolf ·

Nou maak hy vir wolf skaapwagter, heen geloofwaardigheid nie CR, net nog geld mors met ‘n tandelose komitee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.