Komitee aangestel vir Mandela-eeufeesvieringe

Oudpresident Nelson Mandela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Pres. Jacob Zuma het ʼn interministeriële komitee aangestel om die eeufeesvieringe te reël van oudpres. Nelson Mandela, wat op 18 Julie 2018 100 jaar oud sou word.

Die presidensie het Woensdag in ʼn verklaring gesê die komitee sal die land se herdenkingsprogram koördineer “om te verseker dat die nalatenskap en erfenis van die groot staatsman op ʼn gepaste wyse in 2018 gevier word”.

Dit beteken die komitee, wat uit 12 lede bestaan, het 11 maande om die eeufeesvieringe te reël. Die volgende ministers maak deel uit van die komitee:

Jeff Radebe, minister in die presidensie (voorsitter)
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur
Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale verhoudinge en samewerking
Nathi Nhleko, minister van openbare werke
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane
Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys
Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie
Thulas Nxesi, minister van sport en ontspanning
Fikile Mbalula, minister van polisie
Bonginkosi Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding
Ayanda Dlodlo, minister van kommunikasie

Die presidensie het gesê adjunkministers in die onderskeie portefeuljes sal as alternatiewe lede van die komitee optree. Zuma het die komitee sterkte toegewens met hul verantwoordelikhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Basjan ·

Dit gaan van nou af tot in ewigheid in ons kele afgeforseer word. Staal julself maar daaroor.

Ronel ·

En hoeveel gaan daai ons belasing betalers uit die sak jaag, groot fees vir iemand 6 voet onder die grond en verskoning vir hoeveel duisende mense om te “feesvier”? Dis so belaglik

Andre ·

Die lede in die komitee kan nie hul werk doen nie waarvoor ons miljoene betaal, nou wil hulle ‘n partytjie reel. Familie en vriende kry weer tenders. Pleks dat hulle eereder diens lewer vir ons belasting geld. Maar die propogandamasjien loop weer om ANC stemme te koop.

Dirk ·

Nog ‘n lekker soustrein wat soos met sy begrafnis die staatskas lekker gaan melk. En natuurlik ‘n lekker afleier van die ANC se korrupsie. Die man is dood. Die vieringe gaan hom nie terugbring nie.

Nico ·

Los die man uit ek glo hy is gelukkig daar waar hy nou is gebruik die geld eerder om huise te bou

Neidra Knott ·

Hulle weet net hoe om die belastingbetalers se geld te mors.

Paul Kruger ·

Ek vra maar net hoekom is 10 Okt by ons weg gevat. Wat het Oom Paul kamstig verkeerd gedoen

piper ·

in die oos kaap is n paar sake nog nie afgehandel oor bedrog wat gepleeg was met sy begrafnis nie. miljoene was gesteel en nog niks het gebeur nie. nou met die 100 e verjaaarsdag gaan verseker weer miljoene in kaders se sakke beland.

Annette Stander ·

Janee al die kaders is deel van die komitee. Vriende en familie gaan weer lekker uit die belastingkrip vreet! Mandela is dood. Hy het nie 100 gemaak nie! Hou asb op om hom alewig uit te grawe vir politieke gewin en om mense te breinspoel!

adriana ·

Groot vergrype aan die staatskas gaan nou plaasvind – net soos met sy begrafnis.

Ina ·

Zuma moet iets doen om die mense te laat onthou van hulle voorvaders. Ek dink Mandela was bitter teleurgesteld met Zuma en die Anc

EJ ·

Ek stem. Hulle weet net hoe om ons geld te mors en dan gaan daar seker die helfte van die geld in hul sakke. Plaas laat hulle mense help wat in nood is, maar ANC sal hulle stem. Dit maak my skoon naar.

Michael ·

Mors van geld terwyl die mense in die Kaap amper nie meer water het om te drink nie ek hoop daar word ook nageding aan die onskuldige kerkstraat slagoffers gedurende hierdie tyd.

Deon ·

“Regtig” – hou Eeufeesfieringe om wat te vier, korrupsie, bedrog, moorde, kapings, gewapende roofte ens. ens. Dit waarin die land ontaard het is glo my “Definitief” nie die visie wat Nelson Mandela vir die land en of sy mense gehad het nie. Dit wat Nelson Mandela se vision vir Suid Afrika was, en hoe dit gaan is soos 2 werelde verwyderd van mekaar. Dit is meer as n skande dat dit waarvoor hy gestaan het in sak en as verval het. Dink regtig nie dit is n partytjie wat hy sou wou bywoon nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.