Komitee aanvaar verslag oor nuwe OB

Adv. Busisiwe Mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane

LP’s het Dinsdag ʼn verslag aanvaar wat aanbeveel dat adv. Busisiwe Mkhwebane deur die Nasionale Vergadering as die land se nuwe openbare beskermer aangestel word.

Buiten die Demokratiese Alliansie, het opposisiepartye wat gedien het op die ad hoc-komitee om Thuli Madonsela se opvolger te vind, die aanbeveling ook ondersteun. Glynnis Breytenbach, DA-LP, het gesê die party sal kommentaar, vir nou, voorbehou.

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het gesê sy party ondersteun die verslag en sal dit benadruk wanneer dit volgende week Woensdag aan die Nasionale Vergadering voorgehou word.

Mkhebane het as die gunsteling na vore getree nadat lede van die ANC op die komitee nie regter Siraj Desai se kandidaatskap kon verdedig ná ʼn swak onderhoud nie. Desai het LP’s gekap en opposisiepartye het gesê hy het nie die nodige geaardheid om die druk van die pos te weerstaan nie.

ANC-LP’s het versoek dat verwysings na Desai versag moet word indien dit te skerp is. Daar is ooreengekom dat die notule slegs sal meld dat hy “sy humeur verloor het” tydens ondervraging.

Die DA se beswaar teen Mkhwebane sluit in dat sy tydens haar onderhoud geen redelike verduideliking kon bied waarom sy haar amp by die departement van binnelandse sake verlaat het vir ʼn laer rang in die intelligensiedienste nie.

Madonsela se sewejaartermyn verstryk in die middel van Oktober.

Lees alle vorige berigte oor die openbare beskermer op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos ·

Gee haar ‘n kans die afgelope verkiesing het gewys dat die stemgeregtigdes is ernstig oor ‘n beter lewe en die dae van politisie wat maak wat hulle wil oor hulle die steun van die massas het is verby.

Johann ·

En so maak NUMBA ONE sy speelgroepie wat hom toelaat om te doen wat hy wil vol.

Peter ·

Die ANC wil nie ‘n Openbare Beskermer hê nie…..wat hulle soek is ‘n Party Beskermer. Mkhwebane sal spreekwoordelike hare op haar tande moet hê want sy sal altyd gemeet word aan Madonsela. Maar kom ons gee haar ‘n billike kans. Sy het groot skoene om vol te staan.

Kobus ·

Ek sou graag daai Weiner Regter dame in die joppie wou sien, as mens na haar kyk, kon jy sommer sien sy straal die ene vat nie nonsies van kabouters uit nie. Haar hele houding het gewys presies waarheen sy op pad was.

Sy het mos juis beduie dat as jy korrupsie vasvat, sal dit nie nodig wees om belastings te verhoog nie, werksgeleenthede sal geskep word wat meer as genoeg belasting sal genereer.

En toe kry sy nie die jop nie.

Anoniem ·

Sy begin met ‘n agterstand. Reeds gebrandmerk in die media as ‘n ANC ondersteuner. Hopelik oorwin integriteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.