Komitee bekommerd oor leerders se veiligheid

Enock Mpianzi .

Die staande komitee oor onderwys, tegnologie, sport en kultuur het sy skok uitgespreek oor die onlangse voorvalle van tragiese sterftes van leerders reg oor die land.

Die komitee het ʼn beroep op die departement van basiese onderwys, skoolhoofde en onderwysers gedoen om alle maatreëls ten opsigte van die veiligheid van leerders by skole, veral tydens naskoolse aktiwiteite, op te skerp.

“Opvoeders en fasiliteerders moet volle verantwoordelikheid neem en moet altyd ʼn wakende oog oor leerders hou, veral as hulle by buitemuurse aktiwiteite betrokke is,” het Elleck Nchabeleng, voorsitter van die komitee, gesê.

Die komitee het sy medelye betuig met die families van Enock Mpianzi (13) en Keamohetswe Shaun Seboko (13). Keamohetswe, ʼn gr. 7-leerder aan Laerskool Bekker in Magaliesburg, is Woensdag dood aangetref in die skoolkoshuis se swembad.

Enock het verdrink tydens ʼn oriënteringskamp vir gr. 8-leerders van die Parktown Boys’ High School. Sy liggaam is Vrydag langs die Krokodilrivier by die Nyati-oord buite Brits gevind nadat hy en ander leerders vroeër die week aan ʼn wateraktiwiteit deelgeneem het.

Parktown Boys’ High School het intussen in ʼn verklaring bevestig dat geldige vrae en kommer oor die voorval ter harte geneem word en dat die skool dit baie belangrik ag om antwoorde in dié verband te verskaf.

“Ons kan egter nie nou verdere besonderhede bekend maak rakende die voortdurende ondersoek of die gebeure rondom die voorval nie.”

Volgens die skool sal daar op ʼn later stadium meer besonderhede bekend gemaak word.

“Ons verstaan dat daar baie onbeantwoorde vrae is, wat baie hartseer en frustrasie veroorsaak, maar ons versoek ʼn vlak van respek en begrip terwyl die betrokke ondersoeke aan die gang is, waarna meer gedetailleerde inligting bekend gemaak sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
James

Leer die kinders swem in plaas van seks onderrig!!!
Hulle is nog kinders!!

CK

Die vrywaringsvorm wat ons as ouers teken het geen geldigheid wanneer die skool nie die redelike mens se verantwoordelikheid na kom nie. Ek hoop werklik dat hierdie jong seuns se ouers die saak nie hier sal los nie. Ek is seker hier is iemand wat hulle sal bystaan met die nodige wetlike ondersteuning. Sterkte aan sy ouers

Martin

Bo en behalwe die feit dat sy maats nie omgegee het toe hy wegraak na die vlot glo uitmekaar/om geslaan het nie nog minder is daar nie deur die onderwysers seker gemaak dat almal veilig op wal is nie wys op totale “ignorance” Plus volgens wet as jy op enige dam of rivier gaan met n kono (selfde reel met n blot) moet daardie persone ten alle tye n “life jacket” dra. As daar nie beskikbaar was nie moet die eienaar van die oord ook verantwoordelik gehou word want hulle verskaf al die fasiliteite. Duidelike bewys dat nie die oord… Lees meer »

Blommie

BEGRIP, BEGRIP as julle eers n dag na die tyd agtrekom my kind is weg…
Dis nalatig om nie seker te maak is al die kinders reg nadat die vloot omgeslaan het nie.
Dis baie hartseer en sterkte aan die ouers.

Rede tot kommer

Om register te neem (van veral nuwe leerlinge) is ‘n baie basiese verpligting van ‘n onderwyser of ‘n toesighouer. Dit is nie klasmaats/medeleerlinge se verantwoordelikheid nie. ‘n Mens praat hier van grootskaalse nalatigheid as daar eers ‘n dag nadat ‘n kind verdwyn het, agtergekom word hy is vermis.
Kinders se veiligheid behoort skole en onderwysers se eerste prioriteit te wees, in skooltyd en tydens buitemuurse aktiwiteite; dis ononderhandelbaar.