Komitee boos oor “misbruik” van Bishop-seuns

Bishops Diocesan College in Rondebosch.

Die voorsitter van die parlementêre komitee vir vroue, kinders en mense met gestremdhede het gesê sy neem met kommer kennis van berigte oor beweerde “gevalle” tussen ʼn onderwyser en leerlinge by ʼn seunskool in Kaapstad.

Nonhlanhla Ncube-Ndaba het verwys na die voorval waarin Fiona Viotti, gewese onderwyseres van Bishops Diocesan College in Rondebosch, glo verhoudings met verskeie skoolseuns gehad het. Viotti was ook die skool se polo-afrigter, maar het bedank toe die eerste bewerings van ʼn verhouding tussen haar en ʼn 18-jarige leerder op die lappe gekom het. Guy Pearson, hoof van die skool, het Dinsdagaand in ʼn verklaring gesê verskeie leerders is oor die afgelope jare geraak en dat geaffekteerde leerders en ouers berading ontvang.

“Dis ontstellend dat ruimtes wat veilig moet wees vir kinders om te leer en te floreer, plekke geword het waar geslagsgeweld gepleeg word,” het Ncube-Ndaba gesê. Sy het die betrokke seuns geloof vir hul moed om vorendag te kom en ook te sê “nie in my naam nie”.

Ncube-Ndaba het gesê leerders word veels te gereeld uitgebuit deur mense in magsposisies, soos onderwysers. Daarom moet die departement van basiese onderwys weer kyk na sy beleid in skole om te voorkom dat viktimisasie voorkom in gevalle van seksuele teistering en dit makliker maak om gevalle van seksuele teistering aan te meld. “Hoewel die fokus meermale op meisies is, kan ons nie seuns agterweë laat nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

chrisjan ·

Jip, maar oor die wat by skole doodgesteek word is die geagte komitee doodstil.

Henry ·

Van wanneer af word ‘n 18 jarige ‘bloedjie’ as ‘n onskuldige seuntjie hanteer???
Talle 18 jarige ‘seuns’ het ‘n paar jare gelede, reeds gevegservaring op die grens gehad.

Siener ·

As Bishops Diocesan College regtig so bekommerd is oor hulle seuns hoekom moes talle seuns eers “misbruik” word voordat hulle begin optree. Ek dink die skoolhoof en bestuurskomitee het al lank hiervan geweet maar niks gedoen nie. Vir ‘n begin moet hulle ook ge-fire word vir hulle aandeel dat hulle weggekyk het.

Anoniem ·

Hi, manne het Julle só lank gevat om uit te vind dat dit verkeerd is ?

Sean ·

Ag foei tog Trek vir die mannetjies rokkies aan of stuur hulle weermag toe

Anoniem ·

Die oomblik wat Jy iets doen en Jy het nie ‘VREDE IN JOU HART NIE’ dan moes Jy al geweet het om saam met Juffrou sosiaal te verkeer is verkeerd

Siestog ·

Drink eers kramp medisyne voordat die vingers naby die toetsbord wil kom. Dis nie waarna hulle gesmag met nie, hulle wou vrede in die broek hê.

Kolle ·

Hulle het saam met Juffrou verkeer maar dit was nie sosiaal nie.

Dries ·

Wonder nou wie is nou eintlik die verloorders in die hele sage ? Seker die ouens wat nie by die swem-klasse was :) :) :)

Anoniem ·

Dries, die verloorder is waarheid, eerlikheid, opregtheid en integriteit en nee-sê !
Hartseerdag vir Skoolgaan

Petrus ·

Stem saam met anoniem, hulle het maar lustig meegedoen. A nee a!

Tegnologies gestremd ·

Die juffrou was VERKEERD maar dit is nou tussen haar, haar man en haar familie.
Daardie seuns is nie een gedwing nie. Die 18 jarige seun wat vertel hy wou die verhouding stop maar sy het hom nie toegelaat nie … BS!! As hy regtig nie wou aangaan nie kon hy haar GEBLOK het orals. Hy is uitgevang en nou moet die juffrou al die skuld dra sodat sy familie naam en die skool se naam nie hulle glorie verloor nie.

Gallie ·

As ek nie so oud was nie het ek more weer terug gegaan skool toe. Wys maar net dit help om op te let in die klas. Op n meer ernstige noot. Volgende week hierdie tyd het almal alweer vergeet van hierdie voorval.

Annie ·

Geen simpatie met seuns nie. Deler is net so goed soos die steler. Ek het wel simpatie met die skool, haar ouers en die ouers van die seuns en natuurlik haar arme man.Die minister het dit baie goed opgesom…..dit mag nie geduld word by skool nie.

Lou ·

@ Help asb. Ek weet jy grap seker net maar daai skool is nie vir gewone salaristrekker se kinders nie. Dit is net vir die super rykes se kinders. Hulle maandelikse skoolgelde is meer as wat baie gewone mense in ‘n maand verdien. Hulle probeer baie hard om hulle reputasie te beskerm om nie leerlinge te verloor nie.

Viss ·

Hierdie hele ding laat my groot lag kry,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,die een seun het vir sy pelle vertel en toe maak hulle almal gebruik van die verbode “vrug”. Nou wil hulle almal hulle verontskuldig. Daar vind deesdae op skoolvlak baie seks tussen leerlinge plaas,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,nou hoekom sal die seuns net omdat dit ‘n juffrou is berading moet kry,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

JV ·

@Viss…het ek ook al gewonder! Hulle was sekerlik baie willing participants! Dit kan sekerlik net wees oor hoe om die stress te hanteer noudat hulle uitgevang is.

Sam ·

Die laaities is net so skuldig. Jammer maar op daai ouderdom is amper elke 18 jarige seksueel aktief. Maak die mannetjies se name ook bekend, hulle is mos dan nou “legal”.

regtig ·

Het julle al daaraan gedink dat sy n getroude vrou is..Volwasse vrou van 30. Dink julle dis reg in God se oe dat sy n buite egtlike verhouding het. Dis een van die grootste sondes en die helfde van julle keur dit goed. Sies man. Sou julle die selfde opgetree het as dit n meer onaantrelike vrou was en sy nie n bekende oom gehad het nie. Agter wie staan julle nou eintlik? Ek skaam my vir julle.

nannie ·

Dit is verkeerd maar die kerke laat dit toe. Kyk nou het die NG Kerk gay huwelike en predikante toegelaat. Saam bly is reg en ons gaan saam kerk toe en word deur die kerk besoek. Dit is omdat sekere ouers in dieselfde omstandighede bly en die kinders dink dit is reg. Op tv, dvd orals word dit gesien en kinders neem aan dat dit reg is.

debbie ·

regtig- I so agree with you. The sin of adultery, which is so abhorrent in the eyes of God, seems to be totally ignored here, in favour of a debate about the rights of both teacher and pupil. Seems like the moral decay in society is worse than I Y=THOUGHT.

anon ·

Die een so skuldig soos die ander. Die is nie net een persoon se skuld nie. Albei partye moet skuld dra.

LS ·

Niks fout tussen ‘n “gewillige koper” en “gewillige verkoper”….he…he….

se net ·

Die storie word so opgeblaas. Wys vir my dat een van dai baba seuntjies gedwing was………….. dan sal ek anders glo.
Dalk kom dit nog uit dat die seuns die juffrou verlei het. En geloof vir die seuns se eerlikheid????? Dalk moes hul by die huis geleer het dat dit grootmens dinge is. Soos ek se doen grootmens dinge en dra grootmens gevolge. Ek neem aan die juffrou is seker n bodybuilder ook? Sy moet baie krag he om hul teen hul wil en sin te molesteer of te verkrag.

EB ·

Haar oupa was die skoolhoof vanaf 1964-1982, haar pa gee Geskiedenis en die juffroutie water polo. Dit klink vir my asof sy die pos net te maklik gekry het en nie na behore waardeer het nie. Ja ja ons weet sy het die baie geniet maar waardeer…. Is dit wat gebeur as goeie kandidate oorgesien word sodat ‘n bederfde kindjie die job kan kry?

Lee ·

En julle glo wraggies die seuns is almal onskuldig??? Bull!!! 2 kante van ‘n saak. Los nou die onnie uit!!

Cornel ·

Moenie nou WOLF skree nie….dit is as daar GEEN dissipline toegepas word nie…as 12/13 jariges swanger raak op skool, dan is hierdie 18 jarige rammetjies uit nek seker nie vreemd nie. Die juffroutjie is NIE die enigste skuldige party nie

Bossie ·

My seun sê hy kan nie glo dat daar sulke gelukkige ouens kan wees nie. Mede-matriekseun se siening…

Peet ·

Sjoe. Die arme seuns weet nie of hulle kom of gaan nie.
Die ministriële eenogigheid verstom elke dag meer.

Beanie ·

Sy het seker nee gese vir ‘n seun toe besluit hy uit wraak om te sing soos ‘n kanarie – pateet!

Nellie ·

Berading my voet…. hul het die aan berading gedink toe hul lekker gekry het nie.

Hokaai! ·

Kyk wat gaan vandag regtig in ons skole aan. Die kinders doen bitter min skoolwerk en bitter baie social media want dis kaal foto’s ek seksvideos en wat nog. Ek laat my nie vertel ‘n 18-jarige is onskuldig nie man, hoeveel van die skooldogters van daardie ouderdom het dan al babas?

Daarmee praat ek nie die onderwyseres se gedrag goed nie. Sy moet baie naïef wees as sy gedink het niks gaan daarvan kom nie maar verkragting of aanranding was dit nou ook nie.

Sê maar net

humor ·

Ek hoor nog steeds die woorde ;”Sluit hom toe en gooi weg die sleutel” Hoekom is die tannies dan so stil?

hercu ·

ek sal die hoof en al die seuns ‘n goeie drag slae gee

soos iemand opgemerk het:

“it takes two to tango”

waarvoor moet die slap seuns berading kry?? ek het op 18 met ‘n FN opleiding gekry en is daarna grens toe!!

word wakker agbare me Ncube-Ndaba!!

Mens ·

Ag asb minister! Gaan beraad in Soweto om die krag betaal te kry! Waarvoor moet die “seuns” en hulle ouers berading kry? Oor hoe om te of met hulle slapgatjies se prestasies?

Gert van Wierdapark ·

Ek hoop nie al die waterpolo-spelers gooi nou handdoek in nie!

Net ek ·

En so het almal n keuse in die lewe. Die seuns het nie om gegee om hulle plesiertjes te he nie en nou wil hulle staan as slagoffers. Jy was vinng om jou broek af te trek hoekom nie nou maar opstaan en ook skuld aanvaar nie. Pateties, dit is die nuwe leiers van more. Dit is hulle wat more en oormore in howe staan. Sterkte aan al julle slapgatte!!!

Clipper ·

Ek wonder net of ‘n 18 jarige seun dan nie seksuele volwasse is nie? Dan het hulle mos geen landswette oortree nie maar net n onderwys departementele regulasie. Ek die dat die seuns en hulle ouers berading moet kry is n klomp twak. Lyk my die swakste span is alweer hier betrokke

Leon ·

Dit is interessant dat hierdie voorvalle meestal by ryk vooraanstaande privaatskole gebeur waar sport soos polo en waterpolo en tennis ensovoorts gespeel word. Jy hoor nie baie dat dit by die staatskole gebeur nie. Ek onthou toe ek op skool was het die standerd 9 en 10 (graad 11 en 12) leerlinge van die ryker gedeelte van ons omgewing al seksueel besig gewees. Die armer outjies was die soeter gedeelte. Iets te doen met hoe ryker hoe meer seksueel wil jy verkeer..

willemien ·

sy sal altyd as ‘n kinderverkragter gesien word. sy sal nooit hierdie swart wolk oor haar kan afskud nie. sy moet asb. nie kinders he nie. hulle sal ook onder die swart wolk van ‘n kinderverkragter ma grootword. Bitter hartseer

m ·

Volgens wet is ‘n 18 jarige volwasse, maar nou skielik is hulle seuns. Hulle het damn goed geweet wat hulle doen. Een so skuldig soos die ander.

Verkeerd ·

Liewe Dr Jansen…………………Wat is verkeerd met my? Mooi Juffrouens het my nooit molesteer toe ek 18 was nie……………………..

Sam ·

Vandat ons Seuns nie meer vir Diensplig opleiding gaan nie is hulle regte softies. Agtien jarige seuntjies moet na die tyd vir berading gaan omdat die Juffrou by hulle aangele het. In my skooldae moes die Seuns wat NIE ‘n beurt (of aandag) gekry het nie vir berading gegaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.