Lemias Mashile, voorsitter van die komitee, het gesê geen vlak van ongelukkigheid, ongeag hoe geldig, regverdig gewelddadige optrede wat tot die beskadiging van staats- en privaateiendom lei nie. Hy het verder gesê gewelddadige optrede moet “volgens die voorskrifte van die wet” hanteer word en het daarom die inhegtenisneming van honderde betogers verwelkom.
Maroela Media het vroeër berig 287 mense is deur die polisie ingeneem vir ondervraging sodat hul immigrasie-status nagegaan en geverifieer kon word. Dit kom nadat buitelanders glo gewelddadig geraak en geboue en voertuie met klippe bestook het.
Mashile het gesê die komitee eis dat die voorval onmiddellik deur die polisie en die departement van binnelandse sake ondersoek word. “Van ons kant af sal die komitee ook met die departement kommunikeer om die redes vir die voorval vas te stel en voorsorg te tref om te verhoed dat so iets weer gebeur.”
Hoekom tree hulle nie net so op wanneer die studente betoog of wanneer die mense op dieselfde wyse betoog oor dienslewering? Ek stem saam dat geen ongelukkigheid sulke optredes regverdig nie. Baie dom ook om as jy deur n land aanvaar wil word, so stupid op te tree. Maar waar kry hulle die voorbeeld? SA se eie burgers tree so barbaars op en hulle kom nie net weg daarmee nie, daar word aan hulle eise voldoen! Tree asb konsekwent op en arresteer elke persoon wat so vernielsugtig optree wat ookal hulle rede en selfs al het jy simpatie met hulle. GEEN ONGELUKKIGHEID KAN SULKE OPTREDES REGVERDIG NIE.
Honderde inhegtenis geneem Vorige berig het gese een is inhegtenis geneem O seker 1 uit die honderde
Mooi, hulle het dit veroordeel. Afgehandel.
Die Tshwane burgermeester ‘n klag lê by Pretoria-Wes polisiestasie teen die uitlsnders.