Die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste sal Dinsdag vergader om te besluit of Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi in hul poste heraangestel moet word.
“Ons het kennis geneem van mediaberigte oor sekere partye wat die parlementêre proses wil stop totdat die hersieningsaansoek deur adv. Jiba, voormalige adjunkdirekteur van die Nasionale Vervolgingsgesag, deur die hooggeregshof afgehandel is,” het Bulelani Magwanishe, voorsitter van die komitee, gesê.
“In hierdie stadium sal die komitee voortgaan met sy program, want ons is nog nie formeel in kennis gestel of ingelig om ons proses te staak nie.”
ʼn Kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro het in April bevind dat Jiba en Mrwebi, spesiale direkteur van openbare vervolgings, albei deur pres. Cyril Ramaphosa uit hul poste ontslaan moet word. Hulle is daarna die trekpas gegee.
Jiba het egter die Wes-Kaapse hooggeregshof versoek om die Mokgoro-verslag tersyde te stel.
Volgens Magwanishe moet Ramaphosa ingevolge wetgewing sy besluit na die parlement verwys vir goedkeuring. Hy sê die wet bepaal dat sodra die president sy verslag na die parlement verwys het, die parlement 30 dae het om daarop te reageer.
“Ons wil nie die wet oortree nie. Ingevolge die konsepprogram moet ons die proses teen 27 Augustus voltooi en teen 3 September aan die Nasionale Vergadering verslag doen.”
Magwanishe het gesê daar is tydens ʼn vorige gesamentlike sitting met die verkose komitee oor veiligheid en justisie besluit dat Jiba en Mrwebi tien werksdae het om voorleggings te doen met redes waarom hulle nie uit hul voormalige poste verwyder moet word nie.
“Die komitees het ʼn voorstel dat die twee mondelingse voorleggings moes doen van die hand gewys en aangevoer dat geskrewe voorleggings voldoende sal wees.”
Volgens Magwanishe het lede van die komitees daarop aangedring dat hulle nie die ondersoek weer wil heropen nie.
“Wat hulle wou doen, was om te verseker dat hulle na al die dokumente gekyk het wat vir hulle beskikbaar was. Hulle het gesê dat die ondersoek getuienis van alle kante aangehoor het, en dat die parlement dus nie nodig het om die proses weer te begin nie.”
Hulle veg om hul werk te behou maar het vals inligting versprei om Johan Booysen te laat afdank. Nou hoop hulle op simpatie.
Exactly! And for that reason fire them!
Ook het hulle vals inligting versprei oor sogenaamde vervolging van Zuma deur Nxasana. Hulle moet toilette in die tronke gaan skoonmaak.
Hulle sal met vol backpay heraangestel word, wet enige een wat wil stry, en dan nog weer miljoene eis en dit ook kry
Advokate soos hierdie, is die rede hoekom die regstelsel in n klug verander het!
Absoluut tragies, daar is net n handjie vol betroubare persone in ons regering/regstelsel, die buiteland kan dit duidelik sien.
Veg, huil en bid oor 55jarige blankemans nie ook om hulle poste te behou nie? Dis bekwame, hardwerkende, gesonde mans.