Komitee hoor OB het nog R110 miljoen nodig

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het Vrydag gehoor die Openbare Beskermer het nog R110,9 miljoen oor die volgende drie jaar nodig om haar mandaat te vervul.

Busisiwe Mkhwebane het voor die komitee verskyn om verslag te doen oor dié instelling se 2018/19-jaarverslag.

Die komitee het gehoor die kantoor het 72% van sy doelwit bereik – ʼn 22%-verbetering op die teikens in die 2017/18- finansiële jaar. Bulelani Magwanishe, voorsitter van die komitee, het gesê dit is ʼn goeie teken. “Tevore het jy aangedui dat jy tegnies insolvent is. Nou het julle dit oorkom. Dit is ʼn groot verbetering. Jou kantoor moet geloof word.”

Dit het ook aan die lig gekom dat die kantoor van die OB nie veiligheidsdienste het by 18 van sy 19 kantore landswyd nie. Slegs die hoofkantoor het veiligheidsdienste. Volgens Mkhwebane was daar verskeie inbrake in die aand en personeel is beroof wanneer hulle laat gewerk het. “Dit hou ʼn bedreiging in vir die personeel van die OB, kliënte, bates en dokumente. Veiligheid in ons kantore is dus baie belangrik en vereis onmiddellike finansiering. Dit kom neer op R19,4 miljoen oor die mediumtermynbegroting,” het sy gesê.

Tydens die 2017/18 en 2018/19- finansiële jare het 33 poste vakant geraak weens bedankings. Weens begrotingstekorte kon die OB nie weer die poste vul nie. Die getal noodsaaklike poste waarvoor Mkhwebane finansiering versoek, beloop R49,7 miljoen in die begroting.

Mkhwebane het haar ook uitgespreek teen staatsinstansies wat versuim om op te tree ná haar kantoor hulle op administratiewe probleme gewys het. “Dit is ondanks ʼn uitspraak in die konstitusionele hof wat bepaal het dat my regstellende aksie bindend is, tensy dit tersyde gestel word deur ʼn hof.” Sy het gesê haar kantoor het nie geld om telkens hof toe te gaan om seker te maak die regstellende aksie word uitgevoer nie.

Magwanishe het namens die komitee die uittredende adv. Kevin Malunga, adjunk- Openbare Beskermer, bedank. Sy termyn verstryk aan die einde van Desember 2019. “Baie dankie vir die sewe jaar van diens aan die Suid-Afrikaanse publiek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ekke ·

Tot dusver is ‘n paar kleiner, minder belangriker sake afgehandel. Maar nog niks waarvoor al die regdenkende mense voor wag nie.

Wagte by my huis ·

Kan ek vra dat almal wagte tuis kan kry. Die polisiestasie word ook privaat opgepas. Dankie

Ben ·

Ag nee, daai geld is seker nodig om haar eie rokke vol te prop, vóór die regering haar afdank!

Ben ·

Nog geld om op hofsake wat sy en haar kantoor verloor, te spandeer.Raak eerder van haar ontslae.

Louis leeu ·

Vir wat ,weet sy wat sy moet doen.Ek wonder net wat het van die storie geword dat sy onbevoeg is om die werk te doen

Dries du Toit ·

Ja ek het ook gedink sy is oppad uit. Dis n siek spul

Gert van Wierdapark ·

Openbare Bedelfonds vir onderwerkte oorbetaalde ampte-narre!

Tinus ·

Ja wat – daai is kleingeld, ons pluk dit sommer vd bome – weet die mense nie waar kom geld vandaan nie, dit is op – daar is nie meer nie !!

Sarel ·

Klink my net 72% van begrooting is aangewend. 28% onsuksesvol……..
Minus bonus as jy my vra is dit ‘n onderprestasie van publieke fondse.

m ·

R110.9 miljoen is nie R110miljoen nie, dis nader aan R111miljoen, sy het seker ‘n goeie vriendjie wat daai sekuriteitswerk teen ‘n
“baar-gain” kan doen!! Wat ‘n joke!!

Scalla ·

Laat die SAPD julle beskerm, dit is waarvoor hul betaal word.

Riana ·

Dis sommer bog.
Ek kort ook n ekstra paar honderd duisend n jaar om my mandaat as ma, vrou en kleinbesigheideienaar te vervul. Ek wil graag my kind in n privaatskool he, n luukse duitse motor ry en duur klere dra, en sekuriteitsopgraderings by my huis aanbring en genoeg geld verdien sodat my man wat so baie vir ons doen n bietjie kan ophou werk.. Nou dat ek daaraan dink, is my mandaat veel wyer en sal dit n paar miljoen moet wees.
Word wakker OB! Die staatskas is leeg. Wanneer gaan julle en elke ander staatsentiteit leer dat as daar nie geld is nie, werk jy met wat jy het en draai die kraantjie toe! Dis loutere bog om heeltyd uit te help en geld te gee, so leer niemand ooit om met geld te werk nie en verdiep die skuldlas ook net!

Riana ·

En terloops, as sy nie so pateties oneffektief was en haarself pal in die hof moet verdedig nie, sou daai kortval aansienlik minder gewees het.

Johanna Botha ·

Om te mors ! Sy moet asb loop ….sy is onbevoeg en n groot pyn !

Krities ·

Maak net die kantoor van die OB toe, dit is n politieke speelbal en n flippen klug en ons moet vir die gemors betaal!!!!!

Sarel ·

Moet ons dus aanneem dat die wat bedank het kosteloos gewerk het. Waarom kon ander nie indiens geneem word nie?

Pieter ·

Wanneer gaan ons blankes wakker skrik en begin standpunt in neem

JohanR ·

Gee haar eers weer enige geld waaneer ‘n ANC of tien in die tronk is?

Wonder net ·

So as ek reg lees kos 34 werknemers die belastingbetaler 49miljoen n jaar – lekker joopi daai

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.