Komitee hoor oor SAUK se reuse-verlies

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK het Dinsdag bevestig die openbare uitsaaier het in die afgelope finansiële jaar R1,1 miljard verloor en sal die regering nodig hê om hom uit sy finansiële verknorsing te help.

Khanyisile Kweyama, voorsitter van die tydelike SAUK-raad, het gesê in die kwartaal wat in Maart tot ʼn einde gekom het, het die maatskappy ʼn verlies van R501 miljoen gely in vergelyking met ʼn teiken om verliese tot R137 miljoen te beperk. Die SAUK se kontantbalans teen einde Mei was R32 miljoen, het Kweyama gesê.

Kweyama het hierdie syfers bekendgemaak tydens ʼn uitgebreide inligtingsessie aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie waartydens ʼn prentjie geskets is van hoe die SAUK beplan om homself reg te ruk nadat Hlaudi Motsoeneng, die omstrede uitvoerende hoof, Maandag afgedank is en die waarnemende uitvoerende hoof, James Aguma, verlede maand geskors is.

Kweyama het gesê verdere dissiplinêre stappe sal steeds teen Motsoeneng gedoen word. Dit sal verband hou met ernstige wanbesteding onder sy bestuur, insluitend sy salarisverhogings, en die maatskappy sal probeer om van die geld wat hy verloor het van Motsoeneng te verhaal.

Kweyama het gesê daar word voorsien dat die res van die dissiplinêre proses oor die volgende maand sal strek, maar die verwagting is dat Motsoeneng met opset die saak sal laat sloer. “Die patroon tot dusver was een van baie vertragings…. Ons verwag daar sal vrae wees wat sal poog om die proses nog verder te vertraag,” het sy gesê.

Sy het gesê daar sal geen uitbetaling aan Motsoeneng gedoen word nie aangesien hy afgedank is. Sy het gesê Motsoeneng se poging om ʼn R11 miljoen bonus aan homself te laat uitbetaal vir sy rol om ʼn kontrak met MultiChoice te onderhandel, sal aan die spesiale ondersoekeenheid oorgelaat word. Sy het bygevoeg dit is nie slegs ʼn prestasiebonus nie.

Ayanda Dlodlo, minister van kommunikasie, het gesê sy het ʼn beswaar teen die betaling van enige bonusse by die SAUK gegewe die “droewige” prestasie van die uitsaaier, maar ook omdat daar geen prestasieskaal gereed is waarteen werknemers se prestasies gemeet kan word nie. Op ʼn vraag hoe groot reddingsboei die SAUK van die nasionale tesourie sal nodig hê, het Dlodlo gesê sy sal ʼn aansoek van die raad by die tesourie indien en volgende week op hierdie vraag reageer.

Die minister en voorsitter het albei bevestig Aguma het LP’s mislei toe hy gesê het die SAUK het geen onkoste aangegaan om die Business Breakfast-program van die Gupta-koerant, The New Age, uit te saai nie. Inteendeel het dit die maatskappy R20 miljoen gekos en die kontrak om die program uit te saai is onmiddellik gekanselleer, hoewel dit eintlik vir nog ʼn jaar uitgesaai moes word.

Op ʼn vraag oor twee van Motsoeneng se omstrede beleidsbepalings, naamlik ʼn verbod op die uitsaai van gewelddadige betogings en ʼn kwota op plaaslike inhoud, het Dlodlo gesê dié beleid sal bly geld vir redes wat nie iets met Motsoeneng te doen het nie.

Sy het gesê SABC 1 saai die meeste plaaslike inhoud uit en is die winsgewendste TV-kanaal. Dit is ʼn bewys dat Suid-Afrikaners plaaslike inhoud wil hê, maar die implementering daarvan moet verfyn en deur die ANC se beleid gelei word.

Volgens hierdie beleid moet daar 60% plaaslike inhoud en 40% buitelandse inhoud uitgesaai word. Sy het bygevoeg die SAUK kan nie die finansiële las om plaaslike inhoud blootstelling te gee alleen dra nie en daarom is sy in gesprek met die departement van kuns en kultuur oor sy rol in hierdie verpligting.

Dlodlo het gesê dit is standaardpraktyk vir plaaslike uitsaaiers om nie beeldmateriaal van lyke te wys nie en die SAUK sal voortgaan met hierdie praktyk uit respek vir mense se waardigheid. “Dit het niks met sensuur te doen nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Chantell ·

Hkm maak julle nie net die SAUK toe nie 11 miljoen vir n onderhandeling dan moes ek nou al n multi miljoener gewees het kyk dstv is duur en hulle herhaal maar ek kyk eerder dit as ek wel kyk as sabc daar is in elkgeval niks op nie nou moet die belasting betaler hulle weer red BELAGLIK

J ·

Ekt identy caller op my foon. Ek sien SABC gee my missed calls. My foon lui 2 keer dan sit hulle neer. Ek kry ook sms’e ek moet hulle bel. Tyd vir my om tv lisensie te betaal. Maar ek het 5jaar terug niks op SABS gekyk so hulle het nie eens meer geld om n persoon te bel nie.

Anoniem ·

Bly om te hoor Cloudy gaan nie ‘n goue handdruk kry nie, EN dat die SAUK gaan poog om van die gelde te verhaal van hom. En om te dink die mannetjie het so gespog dat die SAUK se finansies goed daar uitgesien het onder sy leiding (lyding?). Cloudy leef beslis met sy kop in die wolke.

Scalla ·

Privatiseer die afdeling en fire almal en vervolg die besluitnemers , hul Hoort in die tronk.

Festus ·

Hlaudi se voor hy daar weg is het die sabc nog baie geld gehad maar nou dat hy weg is is hulle in n geldelike verknorsing. Wonder wat het dan van al die geld geword.

Ander Annie ·

Cloudy en sy makkers het die SABC kaste leeg gewoeker. Ek sê liefs niks verder nie. Die SIU moet die SABC deeglik ondersoek.

Johanna Botha ·

Nog n JUNK plek van die anc …en gaan nie lesensie betaal nie… my belasting gaan my lesensie moet betaal nou !

Manna ·

Maak toe of privatiseer. Daar is in elkgeval niks anders as klomp herhalings op.

Robert ·

Nou weet ek met reg hoekom ek van frederik willem se tyd al teen die soort van goed was. Wys jou, die spur het ons vlerke gegee. Ons geld het mag. Dit, in kombinasie met swak leierskap, sal nog menigte swak bestuur-plekke aan die lig bring en aan die pen laat ry. Ek dink die soustrein is stadig maar seker besig om uit stoom te hardloop.

Domvraag ·

Hoe iemand aangestel kan word wat nie eers die finansiële syfers kan uitspreek nie wat nog verstaan en dan sê daar is baie geld by die SAUK. Dis tyd dat mense soos hy krimineel vervolg word vir hul dade. Om jouself te bevoordeel vir n kontrak aangegaan wanneer jy n salaris betaal word is in my oë bedrog .
Dlodlo as jy besluit wat ons kan sien en wat nie volg jy n paternalistiese benadering en ons is nie kinders en jy ons pa nie, so jy is besig met sensuur en dit is nie vryheid van kommunikasie nie. As SAUK net wys betoging is vreedsaam terwyl dit geweldadig is en ek besluit om daarom nie my roete te verander nie en word n slagoffer, gaan ek jul persoonlik verantwoordelik hou. Wys wat werklik gebeur. Ons het n RighttoKnow

Ruby ·

Whahaaa kry vir julle.

Wil alles oorneem en bestuur maar eish dan juk daai hande om te steel.

Hulle kan dit net nie hanteer dat hulle nie die job kan doen soos die krone nie.

Koos1 ·

Ek stem vir die eerste politieke party wat dit reg kry om die kaders PERSOONLIK vir ongeruime uitgawes persoonlik te hou en dan die geld te verhaal!
Ons as belasting betalers moet elke keer die spit af byt. Soos die Engelsman sê: Their mouths are writing cheques that our bodies must cash!

Francois Du Plessis ·

ANC beleid ?
Ek dag die SABC is n staats beheerde koperasie, nou moet ons hoor dit word deur die ANC bestuur?

Asmain ·

Raak sommer ook ontslae van die prokureurs wat namens die SABC mense teister vir “agterstallige TV lisensiegelde”! Dis nou al 10 jaar wat hulle my, my vriende & familie treiter oor MY lisendiegelde (en ek het nie eers n TV in my naam nie!) Ek sidder om te dink wat hulle rekening aan die SABC is elke maand vir al die oproepe, briewe en smse wat hulle doen!

Hanna ·

Dit gebeur as politiek deel word van belangrike entities.
SAL, Eskom, Petro SA, Mynwese en selfs Munisipaliteite. By hierdie paar plekke is die afgelope paar jaar Milljarde verduister en gesteel. Geld wat ordentlike huise kon bou en werk kon verskaf. .
Wat skokkend is, is dat die massas mense, alles voor hulle wil afbrand, maar hulle los die korrupte leiers om verder ons geld te steel.
Vergeet die paar klinieke en skole wat gebou is die afgelope 20 jaar. Daar word meer afgebrand.

Ons het net 4.5 miljoen blankes in Suid Afrika, waarvan 5% moontlik skatryk is. = 200 025 rykes
Wat van die ander 50 miljoen waarvan 5 % moontlik skatryk is. . .= 2.5 miljoenrykes. Laat die wat Somme kan doen dit self uitwerk.

Francois le Cochon ·

Net terloops, My pa was goed bevriend met Pietie du Plessis. Pietie se enigste versoek was dat hy en sy seun nie in dieselfde tronk aangehou moes word nie. Pietie het ook, terwyl hy aangehou was in Pretoria Sentrale Gevangenis, aangebied om Dimitri Tsafendas te voer. Tsafendas was te verswak om self te eet.

John ·

Kan mens dit oorvertel… Hoekom nog die SAUK probeer red. Dis swakker as armer buitegroepe en Mense Sonder Grense se wa-wa-wa is so sonder fut dat selfs mev Balls se ergste nie eens skop kan gee aan die’ ou dooie hond nie. Betaal wat oor is uit aan pensioene vir die res en sluit die deur… anders kom die rooioogwolf terug vir nog ‘n orasie vir die nasie op die trappe voor die stasie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.