Die portefeuljekomitee oor sport, kuns en kultuur het gesê hy neem kennis van die onderonsie waarby die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth betrek word.
Beauty Dlulane, voorsitter van die komitee, het gesê die saak is sensitief en moet met sorg hanteer word. “Die saak kon baie anders hanteer word en SA Rugby en die Menseregtekommissie (MRK) moet die manier hoe hulle hierdie tipe sake hanteer, verbeter. Die benadering om hierdie sake te hanteer moet korrektief van aard wees, en nie ʼn vernedering in die media van mnr. Etzebeth nie en nie die aandag aftrek van Suid-Afrika se deelname aan die Wêreldbeker nie.”
Etzebeth word daarvan beskuldig dat hy ʼn hawelose man in Langebaan aan die Weskus mishandel het. Hy ontken skuld.
“Indien daar gronde is vir vervolging, moet bekwame instansies dit hanteer en eers ná ʼn deeglike proses om te bepaal wat presies gebeur het,” het Dlulane bygevoeg. “Voortgesette kommentaar in die media, veral gegewe die erns van dit waarvoor mnr. Etzebeth beskuldig word, sal nie enigiets oplos nie. Almal het ʼn opinie oor die saak maar die tyd is reg dat die regte instansies die feite bepaal en daarvolgens optree.”
Sy het gesê die komitee is besorg oor die tyd wat reeds verloop het sedert die beweerde voorval.
Die komitee wens die Springbokke alles van die beste toe vir hul wedstryd Vrydag teen Italië.
Iemand weet hoe sake hanteer moet word in ons land
As alle ernstige misdade soos moord, verkragting, roof, motorkapings, plaasmoorde ens maar net so vinnig en venynig as kwessies rondom rassisme aangespreek kan word sal dit ‘n stap vorentoe wees vir almal in ons land
Hy is ook klaar skuldig bevind, hoekom loop mal ema nog op vry rond? Oor sy vel kleur!!
Die aanklaer soek seker n moment of fame ek sou aandring dat sy gehoor getoets word hyt verkeerd gehoor
Nou weer ‘n heksejag op ‘n bekende. En die klag eskuleer by die dag. Eers rassewoord, toe aanranding by en nou al rig van vuurwapen ook. Volgende het Etsebeth seker moord ook gepleeg. So belaglik. Wittes moet ook begin vloermoere gooi oor sogename rassistiese uitsprake.
Wat maak hom nou anders as enige vorige persone wat by rassisme betrek is?
Skeer almal oor dieselfde kam!
Almal moet oor dieselfde kam geskeer word, daarmee stem ek saam, maar dit werk nie so in die land nie. Hoekom word Malema, Floyd en daai klomp van BLF nie ook geskeer oor dieselfde kam nie. Nee die MRK werk net een kant toe , en dit is algeheel teen blankes.
Hoeveel sake nou al teen blankes, en hoeveel teen ander kleuriges met suksesvolle vervolging, alhowel daar baie meer insidente van ander kleuriges teen blankes al gerapporteer is. Neewat die MRK is so bevooroordeeld dit is nie eens snaaks nie.
Wie beweer moet bewys? Johann cb – As jou buurvrou/man jou aankla van iets wat jy voor jou siel weet jy nie gedoen het nie – hoe sal jy dit hanteer? Hoë-profiel mense word maklik in die modder in getrek. Ek is wel van mening dat Eben ‘n oordeelsfout begaan het, deur daardie tyd van die oggend op straat te wees! In die video greep wat ek onder oë gehad het, het dit geklink na ‘n groep besopenes wat Eben se groep lastig geval het? “Hy is mos bekend, kom ons maak sy naam g@t?”
Die sport-komitee is heeltemal reg. SA rugby se naam is op die spel. Tydsberekening……ai!
Stem 100% saam, ‘n president is geskep met Ntini, Protea snelbouler, dus moet Eben Etzebeth presies die selfde hanteer word
Presies
As. En ja as hy bv glad nie skuldig is en onskuldig bevind word deur die onbekwame rassistiese mrk moet hy fie ROOK uit die media en bondgenote eis. Sonder konkrete klagte in ‘n hof na ondersoek is dit effens nuus waardig indien. Wat hier afspeel is bespiegelings
Hier gaan ons alweer, te gretig… he he he
Wanneer stop hierdie persoonlikke aanvalle…
Ontspan mense…..al rede waarom hulle nou mooi broodjies bak is omdat die Springbokke oorsee speel, geen ander rede. As daar nie n wereld beker aan was nie sou hierdie insident baie anders gehanteer gewees het !!!
nee my vriend, die kwotas het niks hiermee te doen, die kroegvegter is bekend, om hom n krimineel te maak is wat tel. Mensergte jy sien, wanneer dit pas
As alle ernstige misdade soos moord, verkragting, roof, motorkapings, plaasmoorde ens maar net so vinnig en venynig as kwessies rondom rassisme aangespreek kan word sal dit ‘n stap vorentoe wees vir almal in ons land
Los dit net want dit is snert – die klaer het gehoor Eben is op die halflyn en hy was agter die paviljoen en het nie eers vir Eben gesien nie MAAR die doller verdienste bly blink in Sy oë !! Hoe naief
Die MRK en BEE Media het klaar besluit en regter gespeel en hom skuldig bevind. Social Justice in SA
Die Mrk hou hulle met onbenullige snert en gemors op. Party keer wonder ‘n mens of hulle niks anders het om te doen nie. Pleks dat hulle kyk na die ander wat aanhits en haat spraak lewer.
nog n onbenullige klug al weet almal party mense is kroegvegters en ander nie. die land is n gekke paradys geskep deur menseregte. hahahahahahahahahahaha Hoop Italie wen more
Italie is in die moeilikheid
MRK is n verleentheid soos Cele en sy mense soos SAL soos Prasa soos alke staats instansies het julle klomp fruitcakes nie skaamte vir jul onbeholpenheid nie.Werk n slag en wees effektief.
As hulle ophou om ons witmense uit te tart sal ons seker minder rassisties wees want hulle weet hulle kom weg met alles ek het dit in skole sport ook gesien hoe hulle witkinders slegte goed toesnou dat ek vir die seun gesê het bly net stil want jy gaan in die moeilikheid beland en nie hy nie
Van al die belaglike komitees, is hierdie MRK die grootste klug
Verskriklike minderwaardigheidsgevoel ….die klaer.
Ook die mrk wat uit en uit deur haat gedryf word.
Mentaliteitloos. Met sulkes kan jy nie praat nie want dis n mors van tyd.
Jy kan net sowel met n klip praat.
Te veel mense maak lekker geld met instellings soos die MRK en NROs. Solank daar miljoene op die spel is sal monsters soos rassisme nie toegelaat word om sy plek heel agter in die samelewing se psige die vergetelheid in te gaan nie. Dit gaan die samelewing nog breek. As dit nie klaar het nie.
Jan ek verstaan nie wat jy bedoel nie. MRK is juis geskep om blankes deurentyd te probeer verneder onder n sg. edele doel.
Ek is nie met die helmet gebore of is ‘n medium nie, maar ek ruik ‘n rot. Hierdie storie is vir my te wollerig. Dit is ‘n klompie mense wat nie werk vir hul hande het nie en met ‘n baie gevaarlike speletjie besig is. Die MRK is ‘n onbenullige bende wat teer op sg rasissme van wittes se kant. As ek die MRK is hou ek met die heksejag van Etsebeth op want hulle gaan in ‘n groot verleentheid gestel word. Behou julle “waardigheid” en hou op krap waar dit nie jul nie. Julle gaan jul name verder met planke slaan. Doen net jul huiswerk baie goed voordat julle verder julself in ‘n verleentheid gaan stel.
MRK – Julle staan ent vir Rassisme as dit Wit / Swart is omgekeer julle 100% DOOF – Julle instansies meot defnitief ondersoek word vir onregverdige behandeling en dan kan daar ook klagtes kom, waarvan ek seker is baie sal wees. VEE voor julle eie deure, en hiermee se ek nie dat HY onskuldig is nie, maar regtig wat van Malema / BLF (Driehoek skool se afsterwe / wat het van daai gemors geword wat gese het dis reg dat dit gebeur het) Regtig julel is n SKANDE OP SUID AFRIKA SE NAAM KOM REG OF GAAN WEG VIR GOED.
Wanneer jy ‘n gat grawe vir iemand maak seker dat jy twee grawe jy mag dalk in die ander een val.
Wat het geword van daardie Mandela vroumens se haatspraak? Hoekom is dit nie aan die groot klok gehang nie. Ek dink Afriforum moet die Minister dagvaar omdat dit onder die mat ingevee is.
EBEN WYS HULLE!!! Ek weet jy is onskuldig. MRK is ‘n nuttelose klomp fruitcakes.
Hy is mos ‘n sterkman
Eben eers was / is dit Steve nou jy. Go broer go.
Die rassistiese ANC All Black ondersteunersgroep van Langebaan stel nie belang in die feite nie. Hulle het die MRK op sleeptou en sal hierdie ding ry tot hy pap word.
Nogal beautiful kommentaar deur Beauty. Sy weet presies waarmee hierdie spul anti wit rassiste besig is.
O my word!! Elke dag verander die storie. Nou is hy kamstig haweloos… Ag shame. Leer om beter te lieg. Hulle soek net aandag en ‘n quick buck dis al waaroor dit gaan. Het gesien dis ‘n rugby speller en soek toe ‘n vinnige manier om geld te maak. Dis net omdat Eben wit is nou word die race card gespeel. ‘n Saak het meer as een kant. Iemand anders het die hel bygekom en toe sien hulle vir Eben en besluit sommer dis hy. Die storie maak nie sin nie. Ons staan agter jou Eben!!
Mense, oppas om die saak nie uitmekaar te trek en te oordeel soos in die verlede met Hansie Cronje.
Carien,
Ek is jammer, dit is reeds verby uitmekaar uitgetrek!
Hoop regtig die waarheid kom uit en ekk glo in sy onskuld!
WeskusNooi wat as hy skuldig is?
Ek staan agter Eben – Die MRK se optrede en ook diegene wat hom sommer nou voorafskuldig bevind vervul my met walging!
Ai tog… die hoogste bome vang die meeste wind.
Ek wonder het iemand nie ‘n hand in die saak met omkopery nie… als is moontlik in SA.
Sterkte Eben.
Ag shame
Die sogenaamde “hawelose” persoon het seker nie onder sy streepsak op die sypaadjie gelê toe hy deur Eben “aangeval” was nie?
Vir my klink dit die “hawelose” het om probeer opdring waar hy nie hoort nie en toe hy sien met wie hy te doen het sien hy ook net “dollar” tekens! Klink vir my soos vals aanklagte deur ‘n opportunis wat hoop dat daar ‘n groot skikkingsbedrag op hom wag en hy kry nog sy “15 minutes of fame” in die media. Dit is belaglik! Die MRK moet bewys dat hulle nie nuttelose suurstofdiewe is nie deur die saak met die minagting wat dit verdien te hanteer!
Ek is verbaas dat Lesufi nie hierdie ondersoek lei nie.
‘n Mens raak keelvol vir die rasis kaart wat alewig uitgehaal word. Hoe gouer hulle ophou daar mee hoe gouer sal dit beter gaan. Eben is gladnie ‘n rasis nie. Wat het die slagoffer gedoen? Was hy maar net daar en is ewe onskuldig aangerand. Belaglik
Die dryf agter hierdie beweerde insident is die afgod MAMMON. met sy leuse “Geld wat stom is, maak reg wat krom is” Dis die slagyster waarin baie gevang word.
Die rassekaart word net gebruik om mense af te pers vir geld. Nou wil sekere prokureurs ook mint slaan oor die aangeleentheid. Dit verplig witmense om meer in afsondering te lewe. Die beste is om weg te bly van geselighede waar drank en sekere mense ook is. Tweedens moet mens nie met hulle praat en probeer kommunikeer nie. Ek het geen tyd en plek in my lewe vir gemors nie.