Komitee meen Ramaphosa moet ingryp by SAL

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Die portefeuljekomitee oor toerisme meen pres. Cyril Ramaphosa moet gevra word om in te gryp by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Die komitee se beroep kom nadat Flight Centre, ʼn reisagentskap, sy kliënte in kennis gestel het dat hy nie meer vlugte op SAL deel sal maak van sy reispakkette nie, nie voordat daar weer stabiliteit by dié lugdiens is nie.

Die agentskap het tot dié besluit gekom weens die lugredery se finansiële onstabiliteit en die risiko’s daaraan verbonde aangesien Flight Centre se voorkeurversekeringsverskaffer besluit het om nie SAL onder sy insolvensievoordeel te dek nie, weens twyfel oor SAL se lewensvatbaarheid op die lang duur.

Flight Centre voer ook aan dat die regering gemengde seine stuur oor die moontlikheid van ʼn reddingsboei.

Supra Mahumapelo, voorsitter van die komitee, het gesê die komitee is bekommerd oor Flight Centre se besluit aangesien die lugredery nog moet herstel van die week lange staking wat die lugdiens miljoene rande gekos het en ʼn impak op toerisme gehad het.

“Die komitee doen ʼn beroep op die minister van toerisme om gesprekke hieroor te lei aangesien dit nie meer net in die ministers van finansies en openbare betrekkinge se domeine val nie. Die komitee is van mening dat die minister ʼn beroep op die president moet doen om in te gryp aangesien ʼn taakspan van die ministers wat betrokke is benodig word om aandag te gee aan die situasie.”

Mahumapelo het gesê met die feesseisoen wat om die draai is, word ʼn spoedige reaksie benodig om Suid-Afrika steeds as ʼn bestemming te bemark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johan ·

Is die mense ernstig – die Supra wat Voorsitter van die gekose komitee is is dieselfde mens wat uit sy pos in Noorwes geskors is weens wanbestuur.
As die regering enigsins dink sy keuse van ‘n voorsitter vir die portefeuljekomitee boesem vertrou in misgis hy homself.
Nou dat die korrupte en wangeadministreerde gemors by SAL se kastaïngs begin uitbraai moet daar skielik hulp van iewers kom – waarvoor die belastingbetaler seker sal moet instaan

Pieter ·

Kom ons blankes boikot die SAL die ANC het nie ore nie genoeg is nou genoeg ons is die domste belasting betalers in die werld wie die dink die ANC is hulle

André-Chris ·

Die onbevoegde komitee het ‘n slegte mening uitgespreek.

Johan ·

Pieter ek boikot nie SAL nie ek het hulle nog nooit gebruik die afgelope20 jaar nie omdat daar beter opsies is. Ek boikot ook nie die ANC nie maar ek stem nie vir hulle nie omdat ek dink hulle het swak leiers en ek stem nie met hulle beleid saam nie, daar is baie beter opsies om voor te stem. CR behoort inelkgeval te weet wat gaan daar aan aangesien hy voorheen getaak was om ESKOM en SAL te ondersoek dit was die tyd toe hy nog elke keer teen die mosie van wantroue in Zuma gestem het.

Eddie ·

CR is in ‘n wurggreep van die Vakbonde en onbevoegde Kaders , dit gaan nie maklik vir hom wees nie ! Daar is genoeg kundiges in SA , Cr moet net die regte aksie neem !!

Pieter ·

Johan dit is tyd dat ons blankes standpunt in neem broer dit is van al die ja en amen dat ons sit waar ons sit

Pottie ·

Johan ek stem saam met pieter dit is tyd dat ons blankes wakker skrik die ANC en cr maak nes hulle wil cr is soos zuma gaan kyk wat gaan aan in zimbabwe ons is by hulle

Drikus ·

Richard Branson het in die openbaar verklaar dat Virgin Airlines bereid is om by SAA betrokke te raak om dit weer ‘n gesonde lugredery te maak. Nou vra ek jou, waarvoor wag ons???

John ·

CR sal nie ‘n pot pap wat oorkook van die warm plaat lig nie… en hy weet heel moontlik nie watter knop die hitte sal stop nie. Hy verstaan dus nie wanneer iets kookpunt bereik nie… die man is en was ‘n direkteur in hogere raadsale… ‘n man van diepere denke… Moenie hom pla nie… Hy mediteer.

ABC ·

“Ramaphosa moet ingryp” ????? – Ons weet mos die politici verstaan die woord “ingryp” heeltemaal verkeerd. Hulle hoor net “GRYP!!!!!”

Hendrik van George ·

Enige reisiger wat sy of haar geld spandeer op SAA kaartjies moenie huil as hulle hul geld kwyt is nie. Die passasier sal die laaste wees om iets te kry as die ANC pragstuk sou vou. Buyer Beware!

Trojaanse Donkie ·

INGRYP is ‘n afrikaanse woord en ek glo nie hy sal verstaan dat ingryp nie is om jouself eerste te help nie. Iemand sal hom moet help om te verstaan wat die SA belasting betaler van hom verwag .

HPV ·

Jy is reg, hulle sal waarkynlik net die woord GRYP, wat hulle so goed ken, raaksien.

Staker ·

Die ministers se lugdiens kan mos nie gesluit word nie, hoe gaan hulle dan rondrits met belastingbetalers se geld?

Eddie ·

So vorder die onbekwaamheid voort , kyk en sien dit by al die instansies en departemente wat deur die tros onbevoegdes bestuur en regeer word !!!

Arie ·

Ram is ‘n slapgat, die anc lei hom en hulle is komminuste daarom moet die lugdiens aan die staat behoort, sluit maar die deure!!

Johanna Botha ·

Wel alles waaraan die anc vat is n gemors …so dalk moet hy nie ingryp nie !

Stef ·

Richard Branson is deel van die Koloniale uitbytery gedrog spul en n kapitalis van hoë standaard. Geen kader wil saam met hom op n reddings boot sit gesien word nie behalwe as hy n skenking, anoniem aan die kaders sou doen met dien verstande dat die kaders eers hulle self kan help voordat hulle SAL probeer help

André-Chris ·

Santam het ook klaar aksie geneem met hul reisversekering. Watter versekeraars nog?

AI TOG ·

R ingryp?? You must be joking!! Kyk net wat gebeur as hy iets probeer doen!! Chaos man!

Francisca Osborne ·

Toe ek die komentaar bokant lees, het die voorletters “CR” my bygeval…
CR? Klink so bekend! En toe val die byl.. CR Swart.. eerste staat president van die Republiek van Suid Afrika! Hoe ironies…
alleen slimkoppe gaan dit vang.

Flying Dutchman ·

Die ANC “regering” kan nie ‘n gat in ‘n oop venster slaan nie en dit is so duidelik soos daglig dat dit net ‘n kwessie van tyd is voor die kaartehuis van al hulle bankrot Staatsinstellings inmekaar gaan stort. 25 jaar se wanbesteding en korrupsie is nou besig om hulle vinnig in te haal. Hulle sal nooit vrywilliglik SAL verkoop nie want dan het die comrades nie meer gratis eersteklas vliegkaartjies nie….

Attie. ·

My kinders is Britse burgers en ek het hulle versoek om nooit ooit van SAL gebruik te maak nie en ek twyfel of SAL enige reg op voortbestaan het. SAL gaan ‘n stille dood sterf gevolg deur die poskantoor. Evkom is kort op hul hakke want in ons land is slim en wakker mense en ons het baie son en wind. Eskom produseer reeds minder krag as in 1994 met die verskil dat hulle tans meer as driekeer die personeel het.

Pieter ·

Attie dit is ons blankes se eie skuld want ons is n slapgat nasie wat nie standpunt wil in neem nie dit is van al die gekla dat ons sit waar ons sit ons boere kla elke dag maar wat doen ons aan die saak net mooi niks gaan kyk wat het daai boere in duitsland gedoen dit is hoe jy standpunt in neem en dit is hoe boere moet saam staan al wat ons doen id kla en kla en kla

Eddie ·

Al die departemente en Staatsondernemings misluk agv. onbevoegde kader ontplooiing , vakbond- en regeringsinmenging ! Die sukses lê daarin dat die Staat slegs help om ‘n groot onderneming op die been te kry en dit dan onmiddelik onder gunstige voorwaardes te privatiser !

J J Schoeman ·

Grootste grap van 2019……Supra Mahumapelo kon nie eers die Sun City lughawetjie bestuur as destydse premier van Noord Wes nie, nou’s hy voorsitter van die portefulje-kommitee van toerisme? Hierdie ou hoort eintlik in die tronk na sy Gupta-verhouding wat Noord Wes total bankrot gelaat het!!

Ons almal moet SAL boikot, ek kan nie eers dink dat jy so dom sal wees om hulle te ondersteun nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek weier om ooit weer met SAL te vlieg nadat n bree heup lugwaardin my kos van die skinkbord afgestamp het en my klere op n oorsese trip vol vet kolle gelaat het en toe baie arrogant geraak het toe ek haar daaroor aanspreek. Buitendien is hulle ongeskik Kenya Air en Ethiopian Air hardloop kringe om die spul. Wat soek Supra op die Raad Hoop hulle verdwyn vir ewig.

JohanR ·

Wat gaan Ramaphosa doen! Nog meer belastingbetalers se geld vir SAL gooi! Daar is nie ‘n plan vir SAL nie, behalwe om te verkoop, of te privatiseer. Die lugredery is al van 1994 in die grond in gery deur ANC aanstellings soos Dudi Myeni en anders. Wil net se dat Air New Zealand is pas aangestel as 2019 se beste lugredery. Wat doen hulle reg?

Piet Potlood ·

Ek vlieg lankal nie meer SAL nie want jy betaal 2x vir jou kaartjie. Eerste keer wanneer jy as kliënt jou kaartjie koop en dan later weer gereeld wanneer jy , as belastingbetaler, bydra om SAL met reddingsboeie van bankrotskap te red. Ondersteun uitmuntendheid en nie uitgediende en gediskrediteerde ideologië.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.