Komitee ontevrede met Gigaba oor Guptas

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake is nie tevrede met die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, se verskaffing van besonderhede oor die toestaan van Suid-Afrikaanse burgerskap aan die omstrede Gupta-familie nie, en hy sal weer vir ondervraging voor die portefeuljekomitee moet verskyn.

Die portefeuljekomitee het vanmiddag die aanvanklike verslag van ‘n komitee bestaande uit die portefeuljekomitee se komiteeklerk, die parlement se regsafdeling en die parlement se navorsingsafdeling in ontvangs geneem en bespreek.

Die verslag bestaan hoofsaaklik uit ‘n lang lys inligting oor die Guptas, hul maatskappye, tersaaklike wetgewing en regulasies, en skole wat na bewering skenkings van die Guptas ontvang het.

Daar word ook ernstige vrae oor Gigaba se rol gestel. Dit is gemene saak dat hy die mag het om, as minister, in buitengewone omstandighede burgerskap toe te ken, waaronder in die geval van omvattende belegging in die land.

Daar is egter onsekerheid oor wat met “buitengewone omstandighede” of “omvattende belegging” bedoel word, en of die Guptas se beleggings en rol in die land aan hierdie definisies voldoen, veral omdat die omvang daarvan so onseker en bestrede is.

Nie minder nie as 21 potensiële oortredings van wetgewing betreffende immigrasie word deur die komitee se navorsing uitgewys.

Die komitee het dus besluit om hul ondersoek voort te sit, en Gigaba weer as getuie te roep, asook die voormalige ministers van binnelandse sake, Mangosuthu Buthelezi en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en verskeie senior amptenare van die departement van binnelandse sake wat as moontlike oortreders geïmpliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jean ·

Watter vrae moet gestel word? Elke dag kos geld….almal weet hy is kniediep ingekruip…..ontslaan of sluit hom toe.

Andre ·

Die ANC is so besig om komitees te stig om korrupsie te ondersoek dat daar geen werk gedoen word nie. Dit is die rede hoekom die land is waar dit is. Daar is nie n staats instansie waar daar nie n komitee is wat bedrog en korrupsie ondersoek nie. Ons het polisie, Hawks, public protector, IPID en wat nog, maar daar moet komitees gestig word. Niemand doen hulle werk nie. Belasting betalers betaal miljoene vir die komitees en die mense wat wet en orde moet handhaaf doen niks. Al die goed moet aan die mense wat vir die anc stem verkondig word. Die land kan nie so aangan nie.

Andrea van Vuren ·

En nou kan die vorige NVG hoof (die een voor Shaun A) nie sy R17 milj goue handdruk terugbetaal nie. Glo als uitgegee! Wat het van Brian Molefe se R30 milj goue handdruk geword?

leser ·

stem saam, sluit hom toe en gooi sleutel vêr weg
te veel kommitees wat geld mors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.