Komitee oor onteiening sukkel weens koronavirus

(Foto: Sidney Severin/Unsplash)

Die Covid-19-pandemie dreig om ʼn einde te maak aan die werksaamhede van die ad hoc-komitee oor die wysiging van art. 25 van die Grondwet wat onteiening sonder vergoeding kan vergemaklik.

Die komitee het Vrydagaand aanlyn vergader om die penarie te bespreek: Die openbare raadplegingsproses is nog nie afgehandel nie en die openbare sittings waartydens die raadplegingsproses moet plaasvind, kan weens die afsonderingsregulasies nie gehou word nie. Die regulasies verbied openbare byeenkomste.

Die probleem vir die ad hoc-komitee is dat sy mandaat op 31 Mei (komende Sondag) verstryk. Daar is nog verskeie stappe in die proses wat gedoen moet word en daar is geen manier dat dit teen dan afgehandel gaan wees nie.

Voorts gaan dit taamlik moeilik wees om die Nasionale Vergadering (NV) so ver te kry om die mandaat te verleng, want hoewel albei huise van die parlement hierdie week sittings het – die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) Dinsdag en die NV Woensdag – is die verlenging van die ad hoc-komitee se mandaat nie op die ordelys nie.

As die komitee se mandaat verval kan hy nie sy werk voortsit nie en moet ʼn nuwe komitee aangewys word.

Die ad hoc-komitee het dus Vrydagaand oor partygrense heen eenstemmigheid gehad dat die speaker van die parlement gevra moet word om die komitee se mandaatverlenging as ʼn saak van dringendheid op die ordelys te probeer kry.

Dr. Annelie Lotriet, DA-LP, het die publiek gewaarsku dat die vertraging en moontlike onderbreking nie beteken die proses is afgehandel nie.

“Die inperkingsmaatreëls se verbod op openbare byeenkomste is nie permanent nie. Die stryd teen onteiening sonder vergoeding sal daarna voortgaan,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Magda ·

sukkel julle sukkel nie, julle is onbevoegs want hoe lank wil julle nog aangaan met dit – Die moes al lankal klaar gewees het.

Nico ·

Alles is mos deur die Boerevolk op gebou, nou wil hulle kom afbreek en vernietig, weet mos nie hoe om te boer nie.

Venter ·

Ek wonder wanneer wil die mense begin groot raak die grond wat gevat moet word is nou die wat land aan die gang hou betaal die eienaars vir hulle grond ons sien dan nou hoe deel die regering miljoene uit stop die ekonomie RSA het mos geld dit is vir ons bewys hoekom wil hulle nou grond sonder vergoeding bekom ek skaam my vir die mense wat die land bestuur wat ons bly en gebore in is

JohanR ·

Hoop julle sukkel vir altyd….of te minste tot die ANC uitgestem is….hoopelik gou….kan nie wag nie….hoop ek lewe nog om die te kan sien.

Kanjynoumeer ·

Volgende verkiesing 2024 en dan weer 2029.
Waar HY in beheer is hoef ons nie te vrees nie.
Daar is n groter plan.

Althes ·

Ek hoop bid en vertrou dat die Regering glad nie daarby gaan uitkom nie….
Die ANC verdeel SA en mag hul tot verantwoordelikheid geroep word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.