Komitee oor verdediging vergader gou oor onluste

Betogings in die Durbanse-middestad. (Foto: AFP)

Die gesamentlike staande komitee oor verdediging sal Woensdag dringend met die minister van verdediging en senior bestuur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) vergader oor die sekuriteitsituasie in die land en verwante sake.

“Die komitee ag dit dringend om met die minister en hoëlui van die weermag te vergader om inligting te ontvang oor die interne sekuriteitsituasie ná onluste, vandalisme en plundertogte in KwaZulu-Natal en Gauteng,” het Cyril Xaba, medevoorsitter van die komitee, in ʼn verklaring gesê. “Die komitee versoek kalmte en die herstel van wet en orde. Die komitee is bekommerd oor die impak van dié voorvalle op die ekonomie en poste, veral in die lig dat ons ekonomie net begin herstel het van die verlammende effek van die pandemie.”

Die komitee ondersteun die ontplooiing van soldate om die polisie te ondersteun. “Ons wil bepaal wat die rol van die SANW in die twee provinsies is,” het Elleck Nchabeleng, medevoorsitter van die komitee, bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Hierdie is lankal nie meer “onluste” nie… Kyk na die definisie van terrorisme, Dit wat tans in Suid Afrika plaasvind, word 100% in daardie definisie omskryf!!!

Johnny

Bietjie laat as jy my vra – Hulle kon mos voorsien dat daar probleme gaan wees.

Werner

Teen die tyd dat hulle klaar vergadering gehou het en vreetsaam verkeer het is daar niks van hulle of die land oor nie.Klomp patete

annie

Die opperraadgewer moet net eers winkels toe vanoggend. Waar draai sy so? Haar voorraad kopdeksels is nou aan’t uitrafel. Daar’s niks so goed soos ‘n nuwe hooftooisel vir beter dink nie. Ah, hier’s sy nou. Ek het nou net gewonder, moet ons nie ook maar sigarette…. oppad ok gedink om vir arme paapie wat so ly ‘n eetdingetjie by ChickenLicken te koop, maar daar’s net chaos. Het die weermag sy nuwe Gupta-wapen getoets? Nie? Nooit? Ooh! Skink tog gou ietsie sterk. Nie sterk koffie nie, man. Waar’s jou maniere?

Yvonne

As die regering waarlik die wil gehad het het hulle lank reeds geantisipeer dat die chaos gaan gebeur en daarop voorbereid was maar nee hulle wag dat dit eers gebeur en probeer dan die gemors regmaak…miljoene der miljoene verder