Komitee versoek einde van poskantoorstaking

Argieffoto

Argieffoto

Die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie en posdienste het Dinsdag gesê poskantoorwerkers moet dadelik terugkeer werk toe ná die vrywillige bedanking van die Raad van die SA Poskantoor.

“Die Raad het bedank ná ʼn vergadering op 31 Oktober tussen die komitee, die raadslede en uitvoerende bestuur, en Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste,” het die komitee in ʼn verklaring gesê. “Die komitee het dit in dié vergadering benadruk dat die vakbonde saam met die bestuur van die SAPO moet werk om ʼn volhoubare oplossing te vind en werkers aan te moedig om dadelik terug te keer werk toe.” Klik hier om meer te lees.

Die staking deur die tydelike werkers duur nou al vier maande lank. Vakbonde eis ʼn verhoging van 8% en permanente aanstellings van alle tydelike werkers. Die staking het die finansiële situasie by die poskantoor vererger, wat nou ʼn agterstand van R400 miljoen beleef terwyl posvolumes steeds afneem.

LP’s het vroeër vandeesmaand gehoor die Poskantoor is op die rand van ʼn ineenstorting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Boesman ·

Dalk moet hulle dit sommer net los. Ons almal gebruik reeds die courier services.

lui werkers ·

Dank die lui werkers af. Stel mense aan wat bereid is om te werk.

Griet ·

Die tydelike werkers sal verseker nie meer nodig wees nie? Verder: herstruktureer SAPO en onderhandel met die personeel wat oorbly (verkieslik sal hulle die personeel wees wat nie gestaak het nie….) ‘n salaris verhoging.

Ghost ·

Daar word te maklik gestaak deesdae en hulle kom altyd weg met die stakings. So dit gaan nooit stop sit nie. Hulle net te onosel om te besef hulle benadeel net hulle self met sulke stakings.

Bielie ·

Jy kan nou wragtig nie verwag dat alles sal verloop as Zuma se 25 jarige dogter in beheer is van menslike hulpbronne nie. Die wekkas moet staak totdat al ou Cwele se nuut aangestelde gabbas ook bedank.

Lucas ·

Die stupid werkers dink nie verder as hulle neus nie. As die poskantoor ineenstort het hulle in elke geval nie werk nie, maar dis nou mos n norm in die wonderlike Suid Africa en stakers kom weg met moord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.