Komitee wil EFF-LP’s vir 30 dae skors

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) dreig met regstappe indien die Nasionale Vergadering ʼn aanbeveling deur die parlement se komitee oor regte en voorregte dat 12 van die party se LP’s sonder betaling geskors word.

“Ons is nie geskok nie, hulle het tot die slotsom gekom aangesien daar ʼn duidelike mandaat vanaf Luthuli-huis is dat die EFF in die hardste moontlike terme hanteer moet word,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

“Ons sal hulle in die Nasionale Vergadering kry wanneer hulle die aanbevelings maak en beswaar aanteken, en indien dit nie werk nie sal ons die hof nader,” het hy gesê.

Die komitee sal Maandag sy finale verslag aanvaar waarna dit aan die Nasionale Vergadering voorgelê sal word vir goedkeuring. Die komitee stel voor dat Ndlozi, Julius Malema, Floyd Shivambu, Mpho Ramakatsa, Khanyisile Litchfield-Tshabalala en Godrich Gardee vir 30 dae sonder betaling geskors word.

Sivambu en Ramakatsa is op sewe aanklagte skuldig bevind terwyl Malema op vier aanklagte skuldig bevind is. Elsabe Louw, Ngwanamakwetle Mashabela, Nthako Matiase, Hlengiwe Maxon, Magdalene Moonsamy en Andile Mngxitama is elk op twee aanklagte skuldig bevind en is daar ook voorgestel dat hulle sonder betaling geskors word, maar vir ’n korter periode. “Die komitee het voorgestel dat dié groep vir 14 dae sonder betaling geskors word,” het Lemias Mashile, voorsitter van die komitee, gesê.

Die ander agt EFF-LP’s is net op een aanklag elk skuldig bevind. “Die komitee het besluit dat die lede mondelings aan die parlement moet om verskoning vra,” het Mashile gesê.

Die EFF-LP’s het vroeër vanjaar chaos in die Nasionale Vergadering veroorsaak terwyl president Jacob Zuma besig was om vrae te beantwoord oor Nkandla. Hulle het “betaal die geld terug” begin dreunsing.

Klik hier om vorige berigte oor die aangeleentheid te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.