Komitee wil hê Gigaba moet kom verduidelik

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Foto: ANA

Die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake wil hê minister Malusi Gigaba moet die departement se siening oor die toestaan van toestemming vir die bedryf van ’n private terminaal by OR Tambo Internasionale Lughawe kom verduidelik.

Dit volg nadat die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, vroeër die week beslis het Gigaba het die Grondwet en die kabinet se etiese kode oortree. Regter Neil Tuchten het op 17 Desember in die hooggeregshof in Pretoria beslis dat Gigaba gelieg het in die saak rakende die Oppenheimer-familie se Fireblade Aviation.

Die konstitusionele hof het intussen Gigaba se aansoek om te appelleer teen die hooggeregshof se bevinding van die hand gewys.

Die Oppenheimer-familie het Dinsdag hul private terminaal op die OR Tambo-lughawe heftig verdedig op ʼn vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake. Hulle het aangevoer Gigaba het gelieg.

Die komitee het by verskeie geleenthede al met die departement oor die kwessie in gesprek getree. Hlomani Chauke, voorsitter van die komitee, het gesê die bedryf van ʼn private terminaal moet gedoen word met ’n duidelike ooreenkoms wat rolle en verantwoordelikhede uiteensit en die belastingbetalers se geld beskerm.

“Die openbare beskermer se bevindinge en die konstitusionele hof se bevinding trek egter die toelaatbaarheid van inligting wat die departement voorheen aan die komitee voorgelê het in twyfel. Die vergadering volgende week is om die departement se huidige siening oor die saak te bepaal.”

Chauke het gesê dit is net regverdig dat die komitee die departement en die minister die geleentheid gee om duidelikheid oor die saak te gee. “Die openbare beskermer en konstitusionele hof se bevindings dui egter op ʼn totale vermorsing van belastingbetalers se hulpbronne aangesien groot bedrae geld op sinnelose litigasie oor die saak uitgegee is. Die komitee gaan moet dink oor wat moet gebeur om die geld wat op litigasie bestee is, te verhaal.”

Die komitee sal indien versoek ook inligting aan die parlement se etiekkomitee verskaf. Dié komitee het vroeër gesê hy sal Gigaba se lot oorweeg sodra die OB se verslag amptelik na die komitee verwys is.

Mkhwebane beveel in haar verslag aan dat pres. Cyril Ramaphosa stappe moet doen teen Gigaba. Mkhwebane het Ramaphosa 14 dae gegee om op te tree en hy moet binne 20 dae aan haar terugvoering gee oor die stappe teen Gigaba. Sy het ook voorgestel dat die parlement tugstappe teen Gigaba moet doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marius ·

Verduidelik betaal hom af dit is deur die hof en die OB uitgewys dat hy oneerlik was wat nog????

zoom zoom ·

Ontneem hom van alle pensiongeld wat hy het/kan kry asook verlofgelde en alles in Sy bank. Verkoop Sy eiendom en stuur hom tronk toe .

Dries ·

Daar is al strafregtelike klagte gele, en di hof het bevind hy het gelieg en sy aansoek om apel is geweier… Vir wat moet nog iemand iets aanhoor, voor daar daadwerklike optrede is???

Neels ·

Lyk my die komitee reken hulle is magtiget as die drie instellings wat hom reeds van sy troontjie afgestoot het. Die meerderheid van die komitee is mos maar sy mede kaders en hulle sal en moet hom glo en reel vir n ander sitplek op die sous trein

Jeff Ralph ·

Jullle weet wat sal gebeur. Sal jare vat vir vervolging (uitstel, uitstel en nog uiiiiittttstel. And then it just goes away when the next scandal is uncovered. Nie een van hulle het ooit paal gestaan vir wat hulle gedoen het.

Ben ·

Hoe vertrou ‘n mens hierdie man? Hy is ‘n verleentheid vir homself (sex tapes) , vir die ANC en die Land. Die “Pupblic Protector” is reg. Hy moet afgedank word.

LouE ·

As daai gesig verdwyn gaan ek die bottel sjampanje in die yskas oopmaak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.