Komitee wil vakante posisies in SAUK-raad vinnig vul

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie wil oor drie weke gereed wees om die vakatures in die SAUK-raad te vul.

Prof. Hlengiwe Mkhize, voorsitter van die komitee, het gesê aansoeke het op 31 Desember gesluit en 323 benoemings is ontvang. Die komitee het ook besluit om die 80 benoemings wat in Oktober ontvang is te oorweeg.

Die komitee sal op 26 Februarie ʼn kortlys van 24 kandidate opstel waarna hul name en CV’s op die parlement se webtuiste gepubliseer sal word vir openbare insette. Onderhoude sal dan van 5 tot 7 Maart plaasvind.

Mkhize het gesê kandidate sal onderworpe wees aan die verifikasie van hul kwalifikasies, sekuriteitsklaring en openbare insae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

James ·

Ek verstaan nou nie. Hulle dan so diep in skuld en sukkel om salarisse betaal.

J ·

Vorige berugte op MM het gelees hulle wil afbetaal. Hoe nou? Skielik weer poste vul en hulle is tegnies bangkrot.

Lynette Pienaar ·

Dink hulle nie dis tyd om af te skaal op onnodige aanstellings nie? Die wat wel daar is kan dan vir n verandering hulle salarisse verdien! Te veel personeel!

Corrie Hugo ·

Jammer maar julle verstaan,die vaktures is by die SAUK raad en die uitsaaier kan funksioneer sonder die lede nie,hulle dus nie deel van personeel korps nie

lewies ·

Al raad wat ek vir die onderhoudskomitee as belasting betaler wil gee is: laat die kandidate Psigometriese toetse skryf en stel hulle sommer ook bloot aan ‘n poligraaf evaluering en ‘n sekerheidklaring. Die hele SA IS MOS NOU GEKRIMINALISEER. SKOLE, HOSPITALE, SARS, KRAGVOORSIENER, TE VEEL OM OP TE NOEM.

SjN ·

Wat nou, dit was altyd standaard prosedure met enige aanstelling, dit vat lank voor dit indring, shame

1+1 ·

Mag ons as belasingbetalers weet hoe die keuringsprosedure verloop het, wat die kriteria is waaraan hiedie persone moet voldoen en hoe die onderhoudprosesse gaan verloop? Psigometriese evaluering, Poligraaf blootstelling en Sekerheidsklarings vir ‘n begin!!

Wiehan ·

Hoekom moet al die staas instellings “rade” he. Dis net kader ontplooiing en mors van geld. Wat bring hul na die tafel. Niks/zero/ziltz. Kyk na privaat maatskappye, een baas.

John ·

Gaap! Who cares? Bla… bla… bla… His masters’ voice…

George in Bloem ·

Duidelik is daar nog genoeg “gravy” in daai SABC “train” oor om nog ‘n paar ANC kaders se sakke vol van die belastingbetaler se hardverdiende geld te stop. Want dis tog al wat gaan gebeur. Niks van die voorwaardes gaan nagekom word nie. Dis net weer ‘n spul leuens. Die ANC maak mos nes hy wil. Geen reels word nerens op watter vlak ookal nagekom nie. Dit gaan mos lekker hier in Azania.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.