Komitee wil weet oor R14 m. ‘studiegeld-fout’

NSFAS-betaling

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel word wat ʼn balans van meer as R13 miljoen na bewering in die student se rekening toon. Foto: Twitter

Die portefeuljekomitee vir hoër onderwys en onderrig het Donderdag gesê die komitee verdien om ingelig te word oor die administratiewe fout wat daartoe gelei het dat R14 miljoen in die bankrekening van ʼn student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) in Oos-Londen inbetaal is.

Connie September, voorsitter van die komitee, het gesê die komitee moet ingelig word hoe so iets kon gebeur en hoekom dit so lank gevat het vir die fout om aan die lig te kom. “Dit is onaanvaarbaar dat so ʼn ernstige fout ongesiens kon insluip met geld wat deur die parlement bewillig en deur verskeie entiteite hanteer en uitbetaal word totdat dit in ʼn persoonlike bankrekening beland,” het September gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn administratiewe fout deur Intellimali, die maatskappy wat daarvoor verantwoordelik is om die maandelikse toelae van begunstigdes van die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) by WSU uit te betaal, het daartoe gelei dat R14 miljoen in die student se bankrekening inbetaal is. Die student moes eintlik R1 400 ontvang het.

Die student het nie die oorsig aangemeld nie. Toe die maatskappy uiteindelik in Augustus die fout raakgesien het, het die student reeds R818 000 van dié geld bestee.

September het gesê die portefeuljekomitee vir hoër onderwys en onderrig aanvaar dat NSFAS nie te blameer is vir die fout nie, maar meen steeds die maatskappye wat deur NSFAS gebruik word om die geld uit te betaal, moet “onberispelik doeltreffend” wees.

Intellimali het Woensdag gesê ʼn forensiese ouditeur is aangestel om die saak te ondersoek en daar sal gepoog word om die geld terug te kry. Regstappe sal na verwagting teen die student gedoen word.

“Dit is jammer dat die student nie navraag gedoen het oor die ekstra paar nulle by die bedrag wat sy moes ontvang het nie,” het September gesê. Die komitee wag tans om van die departement en NSFAS oor die saak te hoor en die moontlikheid bestaan dat verteenwoordigers van Intellimali ook ontbied sal word om voor die komitee te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

m ·

Wie gee so groot studiebeurs. Die persoon kon ook ma gedink het. Daar gaan soos gewoonlik niks hiervan kom nie.

Eish ·

Kundigheid van tenderpreneurs en n swetterjoel ander redes. Bedrog kan ook nie uit gesluit word nie. Dit n bitter snaakse fout om te maak.

Basjan ·

Connie September, voorsitter van die portefeuljekomitee vir hoër onderwys, het gesê die komitee moet ingelig word hoe so iets kon gebeur en hoekom dit so lank gevat het vir die fout om aan die lig te kom. “Dit is onaanvaarbaar dat so ʼn ernstige fout ongesiens kon insluip met geld wat deur die parlement bewillig en deur verskeie entiteite hanteer en uitbetaal word totdat dit in ʼn persoonlike bankrekening beland,” het September gesê.

Ek wil ook graag weet hoe so ‘n fout kon insluip. Iemand gaan moet bontstaan om te verduidelik. Die geld gaan nie van die student verhaal kan word nie. Dit is reeds opgebruik.

jaco ·

waarom so n bohaai oor net R818000? Wat van die miljoene rande wat uitgegee is op Zuma se paleis in Nkandla? wat van miljoene rande staatsgeld wat vir die Guptas gegee word? wat van miljoene rande wat uitgegee is op sokkerstadions vir die 2010 wereldbeker?
En so kan my lys aangaan en aangaan. Parlementslede van ALLE politieke partye is in elk geval LAASTE om te kla oor staatsgeld wat gemors word. ELKEEN van hulle kry n salaris van R1.3 miljoen PER JAAR, asook n lekker kar, verniet vlieg, n lekker huis, n onthaaltoelae, n onbeperkte selfoonkontrak en en en…

MARTIE ·

Ek wil net weet hoe is dit moontlik om so helse fout te maak? Is daar net een persoon wat betalings maak? Hoekom is die fout nie opgetel dadelik nie? Daar is baie meer nulle in veertien miljoen rand as in duisend vierhonderd rand.

Hulle moet laat die persoon wat die fout gemaak het die geld terugbetaal!

bgj van der westhuizen ·

die student sal niks trug betaal nie wand sy of hy het nie geld nie en nie mant is gepla nie wand dit is mos die belasting betaler se geld wat gemors is as jy in n maatskapy so in out maak is jy sonder werk wonder net wat gaan hulle nou met daar die werker doen as hy van nsekere kleur is sal hy niks oor kom nie

dance ·

Wie kan haar in haar omstandighede verkwalik. Geld uit die hemel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.