Komiteelid bedank ná klankopname-skandaal

Sheila Senkubuge, burgemeesterkomiteelid oor paaie en vervoer. (Foto: Christel Cornelissen)

Sheila Senkubuge, Tshwane se burgemeesterskomiteelid wat haar te midde van ʼn storm oor haar beweerde gekafoefel met die stad se eerste burger bevind, het bedank.

“In die lig van onlangse gebeure, en ondanks die vele suksesse, het dit duidelik geword dat pogings om my te vernietig die fokus wegneem van die doel van my rol in die amp.

“Dit sal onvermydelik dienslewering aan ons inwoners beïnvloed,” voer Senkubuge in haar bedankingsbrief aan. Haar bedanking is onmiddellik van krag.

Maroela Media het vroeër onthul dat Senkubuge nie ʼn Suid-Afrikaanse burger was toe sy in 2016 ʼn DA-raadslid geword het nie.

Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, het die afgelope week onder skoot gekom nadat ʼn storm losgebars het oor haar beweerde seksuele eskapades met Stevens Mokgalapa, burgemeester van Tshwane.

Mokgalapa is vroeër die week op spesiale verlof geplaas nadat ʼn klankgreep van die twee se beweerde gekafoefel van Sondag af wyd op sosiale media versprei is.

Dit is glo onwettig met behulp van ʼn meeluisterapparaat in Senkubuge se kantoor gemaak. In die klankopname kan glo ook gehoor word hoe verskeie topamptenare bespreek word.

Sheila Senkubuge, burgemeesterkomiteelid oor paaie en vervoer, en Stevens Mokgalapa, burgemeester van Tshwane. (Foto: Christel Cornelissen)

Mokgalapa en Senkubuge het die week klagte van onder meer afpersing by die Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. Hulle beweer die klankgreep is versprei omdat hulle nie wou toegee aan ʼn eis dat vier geskorste werknemers heraangestel word nie.

Senkubuge voer in haar bedankingsbrief aan dat sy haar bes gedoen het tydens haar ampstermyn en met die grootste etiek gewerk en verseker het dat sy bo enige verdenking is.

“Dankie dat u my, ’n jong swart vrou, die geleentheid gegee het [as jongste vroulike burgemeesterskomiteelid] om hierdie party as ’n raadslid te dien, en nie net in die rol nie, maar ook as lid van die burgemeesterskomitee van 2016 tot 2019.”

Senkubuge gaan dan voort om talle “prestasies” te lys wat die departement van paaie en vervoer in haar tydperk as burgemeesterskomiteelid bereik het. Sy lys ook toekennings wat sy glo ontvang het.

“Ek bly vir ewig nederig en geëerd dat ek die geleentheid gekry het om te dien,” sluit Senkubuge af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

MH ·

Haar enigste “sukses” en “prestasie” is wat sy met die burgemeester reggekry het.

K P ·

Ek het al verskeie kere op die forum gekla oor die agteruitgang van die strate in Pretoria. Nou weet ek presies hoekom ek dit waargeneem het. Ek weet nie wie is meer pateties die da of anc

W H School ·

Watse skandaal ? Dis ” doing what comes naturally ” Ethel Merman.

Jared ·

Nou beweer die DA dat die OVK moet verduidelik hoe die dame verkies kan word. Die DA is nie net soos die ANC nie, hy is erger as die ANC – net so korrup, onbevoeg as die ANC, maar boonop skynheilig ook. Die DA gaan verwoes word in 2021. Ek lag my ‘n papie hoe die DA se obsessie met transformasie en RA hom telkens byt.

eff ·

Hierdie mense het nie ‘n greintjie skaamte in hulle nie. Eerder as om te sê “Jammer, ek het drooggemaak en oneerbaar opgetree” word ons eie lofprysings besing en die blaam voor ander se deur geplaas; en dan die vermetelheid om af te sluit met “Ek bly vir ewig nederig…”

Hagar ·

Uganda het jou nodig. Jy is besig om jou merkwaardige vermoens kwaliteite hier te verkwis en daar kan jy vrylik voortgaan met jou seksuele eskapdes.

André-Chris ·

Die derduisende, as dit nie honderde duisende is nie, Afrikaanse DA gegriefdes, omdat die DA dit toegelaat het en daarvan bewus was, kan mos nou die korrekte morele besluit neem en na die party toe oorgaan waar hulle hoort … die VFPlus!

Neels ·

Dit gaan ook oor praktiese beleidsake en die rigting van die land, nie net gevoelspolitiek nie. Beswaarde DAs wat nie met die VF Plus se beleid en manier van doen hou nie kan ‘n nagmerrie word vir Groenewald en sy vrinne. Dan is daar ‘n groot verskil tussen die DA in die Wes-Kaap en die DA in die res van die land.

Jared ·

Die DA moet baie dringend wakkerskrik en besef dat die “korrekte” velkleur nie ‘n kwalifikasie is nie. Inteendeel; ons sien met Mphiti, Maimane en nou hierdie “dame” hoe die teendeel eintlik waar is.

Elsa ·

Nou weet ons hoekom die paaie so swak en vol slaggate/sink gate is..

Hans ·

Hulle Rook, en hulle drink en hulle steek ons in die skande.

Pieterd ·

Ten minste is daar ‘n greintjie integriteit om te bedank. Dit ontbreek by soveel ander politici wat erger skandes aangevang het.

Irma ·

Ag genade. Ons regerings amptenare is bykans almal skuldig aan dieselfde ding en dan is dit ewe skielik ‘n groot storie as hulle iemand van die opposisie party kan diskrediteer. Skynheilig. Ek stem nie hiermee saam nie maar dis die tyd waarin ons lewe. Aanvaarbaar of nie

Johanna Botha ·

Die DA maak droog …..ons area val letterlik uitmekaar met straatligte wat deur die dag ook brand en bossies wat ooral opkom …geel sakke word netso gelos vir weke ….wat makeer die DA !

John ·

Sodra ‘n party aan die groot klok gehang word begin die vuil wasgoed afval. Geen party, of kerkgenootskap for that matter, kan vir ewig sy misdrywe hetsy onderlinge twis wegsteek nie. Moenie te veel hoop op ander partye se hoogheiligheid nie.

PIPPIE LANGKOUS ·

DIS hoekom on spaaie in so gemors is in die distrik!!! Watse geleerdheid het sy om so ‘n posisie te bekom. Gaan kafoefel op ‘n ander plek. Laat jy skuif Sheila!!!

George in Bloem. ·

“Vele suksesse? Rerig? Hahahahahanhahahahaha!!!!!!!!!

A Mac ·

Ag siestog, shame, dat hulle nou so lelik is met jou? Jy het dan sulke wonderlike werk gedoen saam met die burgermeester. Ja dame, soms gebeur daar meer dinge agter toe deure wat nie altyd daar bly nie. As jy nou so heerlik met die burgermeester vergader het, laat mens net wonder wat jy mos gedoen het om die werk te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.