Komitees ‘salueer’ minister oor gebruik van ras vir hulp in toerismebedryf

(Foto: Love South Africa/Facebook)

Die parlement het Maandag gehoor die nuwe koronavirus “raak almal en onderskei nie tussen ras, geslag, landelike of stedelike gemeenskappe nie”.

Tóg het die komitees oor onderskeidelik toerisme, asook handel en nywerheid, ekonomiese ontwikkeling, kleinsakeontwikkeling, indiensnemings en arbeid die minister “gesalueer” omdat sy die gebruik van BEE-beginsels – wanneer hulp aan diegene in die toerismebedryf toegeken word – “verdedig”.

ʼn Fel hofstryd woed steeds oor die gebruik van ras as kriteria vir die toekenning van hulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s). Die burgerregtegroep AfriForum het Dinsdag gesê die organisasie nader die Konstitusionele Hof nou op ʼn dringende grondslag omdat klein toerisme-ondernemings wat deur lede van minderheidsgroepe besit word, net soos alle ander ondernemings dringend hulp benodig.

Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër AfriForum en Solidariteit se aansoek dat ras nié gebruik word nie, van die hand gewys.

Die voorsitters van die twee parlementêre komitees het die uitspraak verwelkom en gesê dit is in ooreenstemming met die doelwit van ekonomiese transformasie.

Hulle het ook gesê die Covid-19-pandemie het ʼn verwoestende uitwerking op die toerismebedryf gehad en het eienaars van ondernemings in dié bedryf, asook hul werkers, op hul knieë gedwing weens ʼn verlies aan inkomste en werksgeleenthede.

Hulle het die toerismeverligtingsfonds geloof vir sy hulp aan KMMO’s om te verseker hulle oorleef die gevolge van die pandemie.

Die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het gesê die departement het meer as 11 000 aansoeke vir hulp ontvang. Altesaam 4 000 aansoekers sal elk R50 000 van die fonds ontvang.

Volgens die komitees sal die geld tussen al nege provinsies verdeel word en gaan verseker word dat nedersettings, townships en klein dorpies nie agterweë gelaat word nie.

Hulle het ook die bedryf se bydrae van R30 miljoen vir die gebruik van drie hotelle in Durban, Johannesburg en Kaapstad as kwarantynfasiliteite, geloof en het ʼn beroep op ander instellings gedoen om dieselfde te doen.

Daar is nog geen aanduiding van wanneer die toerismebedryf weer oopgestel sal kan word nie. Reis, behalwe onder spesifieke omstandighede, bly verbode.

“Die komitees neem kennis dat die departement begin het met ʼn breë konsultasieproses met internasionale rolspelers soos die VN se Wêreld- toerismeorganisasie, G20-lande, rolspelers in die Afrika-unie, asook plaaslike belanghebbendes om ʼn omvattende nasionale toerismeherstelplan in werking te stel sodat die bedryf kan opstaan ná die verliese wat weens die Covid-19-pandemie veroorsaak is.”

Hulle het ook die herprioritisering van die begroting om voorsiening vir Covid-19 te maak, verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Pampoen ·

Dit is skynbaar die begeerte van hulle hart dat witmense niks moet kry nie en moet krepeer van ellende. Ek behou die reg voor om in die toekoms alle vrywillige bydraes SLEGS aan die mense te gee wat ek wil. En hulle kan my nie stop nie!

Francois ·

Ek wonder wat het die Ruperd gesin nou te se dat hulle miljoune skenking slegs vir swartes is

Andre ·

Dit wys net hoe ver mense dié komitees kan vertrou om na die land om te sien.

Hekwag ·

Nou maar goed, dan’s dit van nou af “ons” teen “hulle”!

Tanya ·

Né? En dan word ek gekeer om te werk ook? Vir seker kan hulle haar maar “salueer” en die “hulp” elders aanwend. Ek sal my besigheid bedryf of hulle daarvan hou of nie.

Lizanda ·

Of hulle dit nou wil weet of nie, en dis ‘n baie bitter pil om te sluk HULLE HET ONS baie meer nodig in hierdie land as ons vir julle!!!

Deon ·

Gaan hulle nou al die geld uit deel vir die toerisme bedryf? Ek vra want hulle weet nie wanneer hulle gaan oopmaak nie… Elke ou kry R50 000? Dis baie maar nie regtig veel nie… Baie gaan dit in elk geval nie maak nie..

Francois ·

Dit help nie ons beveg die ding in die Suid Afrikaanse howe nie. Hulle is almal ras behep. Al wat gaan werk is as dit na die internationale howe deurgegee word.

gatgogga ·

Ek stem saam. Ons sal van nou af moet sekermaak dat elke rassistiese vergryp deur hierdie regering, pertinent aan die wereldklok gehang word. Laat dit opgaar – ons gaan elke greintjie simpatie vorentoe nodig kry.

Kobus ·

En die wit agentskappe het nie swart werkers indiens nie? As jy ‘n Zebra skiet,skiet jy net op die wit strepe sodat die swart strepe bly leef?

ronel ·

Duidelik vergeet die “slimmes” dat elke “blanke” besigheid n magdom swart gesinne se enigste bron van inkomste is! Wys jou net hoe ver hulle dink

katerinadiekat ·

I honestly think they don’t care, as long as whites suffer, some black people will be sacrificed too, for that goal.

Agge nee ·

Ek wonder hoeveel miljoene is vir die kokkerot-grotte waar die arme mense in die Limpopo en Mpumalanga gevange gehou word? Seker ‘n lekker vet porsie vir tannie Poppiei se BEE maatjies.

Jessey ·

Wel niks keer my om Ras as kriteria te gebruik vir waar ek hulp wil gee nie. Siende dit is hoe die wet werk. Blykbaar is die Grondwet net geldig as dit pas.

Remlut ·

Die regering se mense moenie rassisties wees nie, maar hulle self is RASSISTE ?

Henk ·

Dan sal ek maar net al my swart werkers laat gaan en net wit mense indiens neem

AndréS ·

Wittes mag nie hulp kry nie, dan mag hulle seker nie belasting betaal of swartmense in diens neemnie

Bart-Man ·

En so sal ek antwoord. My non essential hushuip word vervang met n essential skottelgoedwasser. My non essential tuinhulp met n grassnyer. So begin die games.
Die eienaars van besighede in die bedryf voel nou seker seergemaak en lekker stupid, want hulle het hulle mooi Afrikaanse of Engelse besigheids name vervang met iets inheems, meer aanvaarbaar, meer Afrika.
En Afrika het teen hulle gedraai.
Ek loop by plekke met daai name ook verby.

Wondergraag ·

Kyk ek weet mens moet die President se opdrag uitvoer, maar kom ek vra so, as dit die ministers waaronder die die President ook is, se houding is oor ras, hoekom moet ons nog gesag gee aan hulle. Dink dus tyd dat daar besef word dus tyd om saam te staan. Hulle wil ons nie hier he, maar tog benodig hulle ons vir hulp. Kom maar altyd terug na “tribes”. Die een tribes sal nie sorg vir die ander nie. Wel die in die mags posisie het hulle tribe en sal net sorg vir hulle. Daar sal nooit ‘n reenboog nasie wees nie.

Anoniem ·

Daar was nog nooit ‘n reënboog nasie gewees nie. Dit was nog altyd net “Pie in the sky”. Mense wat gedink het hierdie lot kan ‘n land regeer moet hulle koppe laat lees.

Wondergraag ·

Daarmee stem ek 100% saam. Wat net die ergste is, is dat hulle tog weer net gaan stem vir hulle want dit kan mos beter gaan, whaha

Pieter ·

Ek wonder wat sal gebeur indien mense wat geld skenk en belasting betaal ook ras gebruik as kreteria. Belaglik dat ons steeds na velkleur kyk in 2020, veral in hierdie tyd

Leeuwyfie ·

Dit herinner my baie aan die hitler saluut.
Ek sal voorstel dat die indiensneming nou ook verander, sodat diegene wat nie as deel van die people gesien word nie hul eie mense in diens neem.

Lorna ·

Man hkm help die wit boere nie net die witmens nie of beheer die regering hulle ook
Ek weet nie meer so mooi nie
Ons regering is walglik

Willem ·

Hulle moet belasting verhaal van mense wat voldoen aan BBEEE

Hermanus ·

So, mag ek maar nou ophou om tax en uif te betaal. Want ek betaal dit al jare en ek het nie n sent gekry deur 5 weke by die huisbte sit nie. My UIF is afgekeer, my werkgewer het al 8 keer probeer om dit deur te sit…

Fedup ·

Okay, let me help them then. 90% of international tourists is white. We will now ask them politely to not visit this country because of their race. Good luck with your little tourism ventures.

Pieter ·

IK van 70 se saluut. Toerisme in wit besit het baie swart werknemers. Nou benadeel jy die swart agtergeblewe ook daardeur. Duidelik is die ineengeweefde demografie van ons ekonomie nie verstaanbaar nie en selfs daar geld skeiding. Ek sal graag op elke toerismebesprekingsvorm in die toekoms hul BEE status wil sien, omdat dit so belangrik nou is. Dan kan ek hulle vermy en bespreek by ‘n wit plek. Hopelik is hulle billik en nie vir belasting geregistreer nie agv lae omset.

JohanR ·

Waar het die ANC eerste aangeklop toe die Covid-19 pawpaw die fan slaan? By Rupert en Oppenheimer twee wit sakemans. Nie by Julius Malema en Patrice Motsepe nie. Die wit mans wat Julius Malema al soe lekker in die verlede beledig het, het toe elkeen R1 biljoen gegee om ALMAL wat deur die virus geraak word te hulp…. wit, bruin, swart, skaape, voels en beeste. Tyd Rupert en Oppenheimer om julle geld terug te vra as dit nie regverdig gebruik gaan word nie. Ons wittes sal dan aanhou skenk vir Solidariteit, AfriForum ens, waar wit mense gehulp word en julle kan dan aangaan om julle Covid-19 ding dan te doen. Klink regverdig ne?

ES ·

Dit is nou maar net weer bewyse dat ons nie op die regering kan staatmaak vir enigiets nie. Selfbeskikking is van die begin af die orde van die dag gewees.

Jacobus ·

Nog geen kuur vir virus of stupidity in die pyplyn. Pampoen, ek sal my menslike plig doen teenoor my werkers maar die res met negatiewe omsigtigheeid benader.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.