Kommentaar oor elektrisiteitsverhogings ingedien

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

AfriForum en AfriSake het vandag hul geskrewe kommentaar rakende die elektrisiteitsverhoging wat Eskom vir die 2018/2019- finansiële jaar aangevra het, by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) ingedien. Dié organisasies voer aan dat die kostes van Eskom se beweerde korrupte aktiwiteite en wanadministrasie by die berekening van die verhoging in die komende jaar se elektrisiteitstarief uitgesluit moet word.

Eskom het ’n aansoek ingedien vir ’n verhoging van bykans 20% in die 2018/2019-elektrisiteitstariewe vir direkte kliënte, en 27,5% vir munisipale kliënte.

“Eskom kan nie verwag dat die publiek korrupsie en wanadministrasie moet finansier deur elektrisiteitstariewe te verhoog nie. Die Daily Maverick het net gister berig dat Willie Mathebula, die nasionale tesourie se hoofverkrygingsbeampte, aangedui het dat Eskom in die 2016/2017 finansiële jaar met R31,3 miljard van die voorgeskrewe voorsieningskettingbestuursproses afgewyk het,” sê Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslike regering.

AfriForum en AfriSake lig verskeie gevalle uit waar daar waarskynlik korrupsie of wanadministrasie in Eskom was:
– die McKinsey/Trillian-sage waar R1,6 miljard na bewering onwettig aan dié maatskappye betaal is;
– die beweerde onwettige uitbetaling van bonusse aan sekere senior Eskom-beamptes ter waarde van R5 miljoen;
– die beweerde onwettige vooruitbetaling aan die Gupta-maatskappy Tegeta (R659 miljoen);
– die beweerde onwettige afskryf van ’n boete van bykans R2 miljard wat aan Tegeta opgelê is;
– beweerde tenders (bykans R1 miljard) toegeken aan ’n maatskappy wat gedeeltelik besit word deur Matshelo Koko, dogter van die waarnemende hoof uitvoerende beampte van Eskom;
– die beweerde vrugtelose en vermorste uitgawes en oorspandering op die Ingula-, Medupi- en Kusile-kragstasies; en
– die beweerde onwettige insluiting van voorsiening vir betalings aan onafhanklike kragvoorsieners, alhoewel die kontrakte vir die nuutste “venster” nog nie met die onafhanklike kragvoorsieners gesluit is nie.

Volgens Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregadvieseenheid by AfriSake, moet privaat energieverskaffers toegelaat word om die mark te betree. “Die grootskaalse bedrog wat tans in Eskom aan die orde van die dag is, dien as genoegsame bewyse dat hierdie tipe monopolie onder staatsbeheer tot nadeel van nie net die sakesektor is nie, maar ook die breër publiek. Die speelveld is nie gelyk nie, en dít te wyte aan magsmisbruik. Eskom se bestuur en die parlementêre komitee getaak met die ondersoek na die beweerde bedrog in Eskom moet verseker dat die verantwoordelike partye aan die pen ry en dat die sakesektor en breër publiek nie weereens slagoffers van tariefverhogings is nie.”

Hierdie voorlegging vorm deel van ’n langertermynstrategie van AfriForum en AfriSake om korrupsie en wanadministrasie in Eskom te bestry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Louis ·

Hulle her die monopolie, hoe gaan jy by hou met verhogings
Vra maar net

Charles ·

Daar is tegnologiese ontwikkelinge wat gebruik kan word en ons is tans besig om moontlikhede te ondersoek en sal in die komende maande meer hieroor aan die publiek bekendstel!

jaco ·

hulle gaan natuurlik luister na kommentaar/kritiek/versoeke van wit mense. hulle sal eerder met ‘n argument kom dat ryk wit mense met hulle rassistiese wit monopoliekapitaal vir apartheid gestraf moet word. wat hulle egter vergeet, is dat die “slagoffers” van apartheid OOK die verhoogde tariewe moet betaal.
eendag is egter eendag wat “die massas” gaan sê genoeg is genoeg…

Susan ·

jaco, die “slagoffers” van apartheid betaal nie!! Hulle steel hulle elektrisiteit of KRY dit doodeenvoudig gratis want hulle betaal nie hulle rekeninge nie.

Stephanus ·

Daar is GEEN manier wat die gewone man op straat ‘n 27,5% verhoging kan bekostig nie!!!!

Johnny B ·

Net meer sonkrag geysers en krag besparing maatreëls gaan volg en Eskom gaan net minder krag verkoop en groter verliese ly.

Kwaad vir krag ·

Hoekom moet ons, die publiek, meer en meer betaal om die Guptas te verryk? Tegeta Exploration verskaf sub standaard steenkool aan Eskom teen belaglike pryse, waarvan meer moet verbrand word omdat die kwaliteit daarvan so laag is, om die ligte aan te hou. En ons Jan alleman moet net betaal betaal betaal!!! Eskom het R600M van ons geld vooraf aan die Guptas gegee om Optimum myn te koop, en dan die sub standaard steenkool terug aan Eskom te verkoop! Hoe dom is die energie reguleerder om sulke snert toe te laat? Iemand kry seker ‘n ietsie by iemand vir die twak. Eskom en die Nationale energie reguleerder kan gaan doppies blaas.

Pietsepan ·

Eskom het een van die grootste soustreine geword. Al die kontrakte is oorbetaal sodat die Eskom bestuurders ook ‘n byvallertjie kry.

Chris Ws ·

Escom kan eerder die beurtkrag terug bring as om ons krag kostes met 20% te verhoog.Lynn Brown beter ingryp.

Vermeende ·

As invlasie 6% is hoe kan daar vir verhoging van meer as invlasie gevra word, al Eskom se onrealistiese loon eise word nou aangestuur vir die armste van die gebruikers om te befonds.

Onnosel ·

Siende dat ek onnosel is sê my bietjie verstand dat wanneer ek minder van my produk verkoop moet ek meer vra om dieselfde inkomste te verdien. Dis nou presies wat hier gebeur.

Elsa ·

wie betaal dan vir die onveilige en onwettige aansluitings veral op Beyers Naude?
Niemand word aangekeer en en pale trek helemal skeef… tyd dat daar opgetree word….vra as julle nie weet hoe nie
Nagtelike konneksies moet opgevolg word en verhoging los nie die probleem op nie
Laat die hogeres maar self opdok

Lodewyk ·

Die tyd kom dat ons weer lampe en koolstowe gaan gebruik.
Wat het ons gehad voor kerse en houtvure ? ELEKTRISITEIT

Anoniem ·

Jong, Lodewyk, ek weet nie so mooi nie. Gaan ons Tegeta se sub-standaard kole gebruik?

Eina! ·

HELP! My klein salaris kan nie byhou met al hierdie nonsens nie whaaaa :-(

Marinda ·

Weereens is dit ñ kwesie van skop ons terwyl ons lê. Ai, ai, ai. Ek stem saam Eina

snoefie ·

salarisse bonusse en voordele van eskom, telkom, munisipaliteit ens moet deur opposisie partye vasgestel en gereguleer word. jan publiek kan nie byhou met die besture en direksies se vraatsug nie. as eskom die onwettige verbindings uithaal en nagaan soos dit hoort gaan daar geen verliese wees nie. blankes word R25 000 beboet as hulle kragmeters uitbrug. doen dieselfde met kragdiewe. verder verkoop elektrisiteit direk aan die publiek en skakel so die huidige middelmanne uit. onthou ook, een kw, een prys of jy nou R10 se krag koop ib tsakane of R10 000 se krag koop in seepunt

HPV ·

Vir +/- R250k kan mens jou eie sonkrag installasie laat doen en jy groet Eskpm permanent. Jy dra dan ook by tot ‘n kleiner koolstof voetspoor.
Dit is maar ‘n klein motor se prys. Alternatiewe kraginstallasies word by die dag goedkoper. Mens kan dit ook in fases laat doen.

Johan J ·

Dit is hierdie jaar bykans 30% verhoging,,,,, maar wat van volgende jaar??? Hoeveel gaan dit dan wees?
Vragie: Watter bedrag bonusse gaan die Escom-mense hierdie jaar kry?

bgj van der westhuizen ·

eskom is n klomp skelms hulle buit die burgers van die land uit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.