Kommentator hof toe ná rassisme-beskuldiging hom sy werk kos

Argieffoto: Pixabay

Solidariteit gaan Woensdag by die hooggeregshof in Pretoria ʼn lid van die vakbond verteenwoordig nadat hy glo valslik deur ʼn kollega van rassisme beskuldig is, en sy kontrak gevolglik onregmatig en eensydig deur die SAUK gekanselleer is.

Die vakbond argumenteer dat dit tot ʼn verlies aan inkomste van sowat R1 miljoen vir Pieter van den Berg gelei het. “Dit is egter nie die eerste keer dat Solidariteit oud-SAUK-werknemers verteenwoordig nadat hulle eensydig deur die nasionale uitsaaier afgedank is nie,” volgens Anton van der Bijl, hoof van die Arbeidsreg-afdeling by Solidariteit.

Volgens Van der Bijl is Van den Berg na afloop van die uitsending van ʼn Superrugbywedstryd op 7 Mei 2016 deur ʼn tegniese kontroleur van rassisme beskuldig. Dit het glo gekom nadat Van den Berg die betrokke kontroleur gevra het om sy werk korrek te doen. Volgens Van den Berg was die kontroleur onder die invloed van alkohol, laat vir sy roeptyd én het hy die reëls van die stadion verontagsaam.

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

“Dié beskuldiging het die nasionale uitsaaier genoeg rede gegee om Van den Berg se kontrak op te skeur sonder dat hy sy kant van die saak kon stel. Ongeag die feit dat Van den Berg twee poligraaftoetse geslaag het, wat sy vertelling van die gebeure die betrokke aand bevestig het, het die SAUK steeds voet by stuk gehou en mnr. Van den Berg is gevolglik sy inkomste kwyt,” het Van der Bijl verduidelik.

Volgens Van der Bijl dagvaar Van den Berg nou die nasionale uitsaaier vir ʼn verlies aan inkomste. “Van den Berg het nog sowat ʼn jaar op sy kontrak oorgehad wat hy moes uitdien en het dus ʼn geweldige verlies gelei,” het Van der Bijl gesê.

“Solidariteit ag hierdie saak as baie belangrik. Dit is ʼn skrikwekkende dag wanneer jy op grond van vals beskuldigings jou inkomste kwyt is, ten spyte van poligraaftoetse en die werklike feite. Solidariteit sal dus hand en tand namens Van den Berg baklei om hom voorts heraangestel te kry in sy pos as uitvoerende regisseur van RSG Sport,” het Van der Bijl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Moeg ·

Ek is so moeg vir mense wat gryp na die rassisme halm. 80% kan nie hulle werk behoorlik doen nie, maar beskuldig altyd ander van foute. Ek het gewonder wat het geword van Pieter, hy was uitstekend. RSG is sport oorsig in die oggende is nou glad nie meer op standaard. Geen uitslae word behoorlik gegee en geen dekking van sekere sport soorte. Ek hoop jy wen die saak Pieter. Jy het ‘n fantastiese stem en manier van aanbied vir sport.

honourable member ·

Altyd die ou rassekaart. Dit word so uitgebuit deur hierdie mense. Vat jou pak soos n man en hou op tog so bedreig voel. Hierdie mense is darem so pateties dis lagwekkend. Ek wonder wat sal gebeur as ons begin rassekaarte pluk in die werkplek want ons moet heeldag hierdie mense se rassisme verduur…

Staal ·

Dit is n algemene trant waar dieselfde modus operandi gevolg en deurgevoer word. By my, n SOE, is 2 hoogs bekwame kolegas summier deur sekuriteit verwyder toe n vroulike kollega hulle van rassisme aangekla het nadat hulle haar oor haar werk etiek aangespreek het. Wat sy gedoen het was om hulle werk in die stelsel opsetlik terug te hou terwyl sy die wat nader aan haar is se werk baie vinniger deurgevoer het. Die gevolg was dat dit gelyk het of hulle nie behoorlike produksie toon nie terwyl die wat sy aanhelp hoër produksie getoon het. Toe hulle haar daaroor aanspreek het sy hulle van rassisme aangekla en hulle is verwyder. Ek het maande later vertroulik gehoor dat sy erken het dat wat sy gesê het nie die waarheid was nie.

quo vadis ·

skrikwekkend; die pot met paddas word warmer gestel deur vele

Schalk ·

Nog bevestiging van swart rassisme, Cyril en Malema dieselfde geen verskil ewe onbeholpe.

Hanna Hoekom ·

Rassisme: die kaart wat jy uitpluk wanneer jy GEEN argument meer het nie! Hoop mnr vd Berg kry wat hom toekom. Vat hom, Flaffie!

pieter ·

DIT HET TYD GEWORD DAT ONS AS BLANKE LUISTERAARS SAAMSTAAN EN IETS DOEN,TE LANK SIT ONS STIL EN LAAT ONS TOE DAT ONS MEDE MENSE SE REGTE VERTRAP WORD.

riaan ·

Ek stem!

Hoop Solidariteit gaan SAUK bestuur persoonlik vir regskostes verantwoordelik hou anders kry SAUK maar net weer “baleout” met belastingbetalers se geld.

Theresa ·

Eis skadevergoeding by die verlore inkomste.
Enige mens mag aangespreek word (eintlik afgedank word) as jy onder die invloed is by jou werk. Laatkom is disrespekvol teenoor ander en as jy nog onbeholpe en onbekwaam in jou werk is, HOEF jy nie die werk te hê nie.
A nee a SAUK – skandelike gedrag!!! Mooi so Solidariteit – veg vir regverdigheid.

Celtis Africana ·

Die klas van rassisme gaan ons van elke openbare posisie verwyder, soos dit ook reeds gedoen het.
Ek gee nie om waar dit is nie, maar n eie stukkie aarde van selfbeskikking is ons enigste uitkoms.

Johan ·

Ek sal net graag by SABC wil hoor of hulle enige Swart werknemer sal wegjaag as n Blanke hom of haar beskuldig van rassisme.

Anoniem ·

En so mors die reeds sukkelende SAUK net nog meer geld, dit is hierdie onbekwame en ondeurdagte optrede van die werknemers van die SAUK, en ander “SOE”s, wat die geld soos water laat vloei! Dit maak’n mens siek en sat om oor hierdie goed te lees want op die uiteinde is dit tog maar die verbruiker en die belastingbetaler wat betaal vir hierdie gemors!

KoosGrapJas ·

Hoewel ek dit al gese het, is die ‘n baie goeie voorbeeld wat tans in SA gebeur. Die oomblik dat jy een van die “meerderheid” kritiseer dan brandmerk hulle jou as rasis. Dis waarom ons nie sal kan herstel as ‘n land nie, want dubbel standaarde is die orde van die dag en dit word toegepas op vel kleur.

FM ·

Looi hulle Pieter. Moet nie ophou nie. Hou aan om aan te hou. Vasstaan!!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.