Kommentator vergoed ná vals rassismeklag

Pieter van den Berg tydens een van die hofverskynings. Foto: Solidariteit

Solidariteit het Vrydag ʼn reuse-oorwinning in die hooggeregshof in Pretoria behaal vir ʼn lid, ʼn bekende sportkommentator, wat valslik van rassisme beskuldig is.

Dié hof het bevind Pieter van den Berg, wat in 2016 valslik van rassisme by ʼn Superrugby-uitsending beskuldig is, moet R990 000 in skadevergoeding ontvang.

Dit volg nadat Van den Berg ná afloop van die uitsending van ʼn Superrugby-wedstryd op 7 Mei 2016 deur ʼn tegniese kontroleur van rassisme beskuldig is nadat Van den Berg dié betrokke kontroleur, wat laat was vir sy roeptyd én die reëls van die stadion verontagsaam het, gevra het om sy werk korrek te doen.

“Hierdie geval is net nog ʼn voorbeeld van beskuldigings van rassisme wat rondgeslinger word waar daar hoegenaamd nie sprake van rassisme is nie. Die feit dat ʼn gerespekteerde omroeper met integriteit sy werk kwyt is bloot omdat ʼn kollega valse beskuldigings teen hom gemaak het, is verregaande. Ons is dankbaar dat die hof weereens bevind het rassisme moenie gesoek word waar dit nie bestaan nie,” het Van der Bijl gesê.

Van den Berg het ná die uitspraak gesê hy is so dankbaar dat ʼn nagmerrie van amper drie jaar verby is.

“Dit is jammer dat vryskutmense aan die kortste ent moet trek en nie arbeidshof toe kan gaan nie. Ek moes hooggeregshof toe en dit het twee jaar en agt maande geneem vir die uitspraak. Die hoë koste, tyd en energie wat verbruik is, kon baie beter aangewend word as daar ʼn doeltreffender en vinniger roete was.

“Ek hoop baie mense leer hieruit dat dit heeltemal onaanvaarbaar is, dat mense wat onder druk verkeer weens watter rede ook al die raskaart misbruik tot hulle eie voordeel teen onskuldige mense wat dan onnodig aan die pen ry.”

Van den Berg het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor Solidariteit en die regspan, asook vir die ondersteuning wat hy van kollegas by RSG en die radiostasie se luisteraars ontvang het.

“Die belangrikste was my vrou aan die spits wat my elke tree bygestaan het, in ondersteuning en gebed saam met pastoor Dave Strydom, ons kinders, familie en vriende … Dit was baie, baie swaar, maar dankie vir al die ondersteuning en onderskraging. Julle was ongelooflik! Positief en dankbaar kyk ons nou vorentoe … en ek hoop die rugby-kommentaarhokkie verwelkom my met ope arms terug.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Dries du Toit ·

Nog n siek storie. Ons word vernietig deur hierdie mense wat net een ding voor oe het en dit is dat ons skoert uit hierdie aaklige land waar ons geen bestaansreg het nie

Johan ·

Dries die land is nie aaklig nie, dit is sekere demoniese wesens wat aaklig, on opleibaar, on opgevoed is. Suid Afrika is n baie mooi land met die regte mense aan die stuur kan die land en sy mense floreer.

Cilliers ·

Dankie Solidariteit/Afriforum so begin die dividende nou van al jul harde werk uiteindelik inrol. Dit lyk my hierdie jaar het vir julle goed afgeskop, soos ook met die Schweizer-geval.

Ellisras ·

En hy is steeds sy werk kwyt. Die ergste is dat dieselfde rassiste steeds by die SABC werk. Ek hulle kom niks oor nie. Behalwe dat hul poste nog vir ‘n jaar gewaarborg is. En die Belasting betaler betaal.

Deon ·

SABC wys nie Superrugby nie. So dit moet DSTv se Supersport wees. Dis nou Ashwin Willemse se werkgewers.

ne ·

Hoera!!!!! vir Solidariteit. Dankie dat julle ons “mense” so ondersteun

Kallie ·

Ons sal moet afstig want anders gaan ons saam met die ANC hier sink. Op ons eie sal ons weer n sterk eerstewereldland gou word, hulle wil ons mos uitdruk.

Ernest ·

Ja Kallie, ons kan afstig. Ek ondersteun dit. Probleem is net……na n paar dekades word alles net WEER weggegee. Witmense het mos n obsessie om altyd alles wat hulle het te wil weggee.

Hartseer ·

Kan die klaer nie aangevat word nie. Hier moet n onskuldige man vir 3 jaar pyn en vernedering elke dag in die gesig staar en boeta kom niks oor nie. Tyd dat die ander partye ook bietjie suffer.

Tik tok tik tok ·

My tipe werk is om ou assets aan needed skole te skenk
So vra n wit kollega hoekom gee ons sulke goeie stoele weg want ons grensposte het hoë aanvraag vir stoele
Die dame wat saam my werk snap net daar en freak uit wie dink sy is sy om in haar werk in te meng met reply na my toe dat die wit dame n rassis is en so kan ek haar taal verstaan en sy sê aan swart kollega sy gaan Maandag n klag lê teen die wit kollega
So wat daarvan gaan kom weet ek nie
Ek ys in my skoene want hul is daarop uit om ons te koggel by werk en ek gaan sekerlik as getuie geroep word
Vrees dat my 30 jaar diens in my gesig kan ontplof en my onskuldige kollega sin ook

Piet kokewiet ·

Ja presies sal enige iets se om mens kwaad te maak dat hul jou kan uit werk.

Jack Klok ·

Nou wag ons nog net dat die skreiende misbruik van die rassekaart in die gevalle van Penny Sprrow en Vicky Momberg ook reggestel word.

Die grondwet beskrm vryheid van spraak. Vryheid van spraak beteken dat jy dinge mag sê wat ander mense aanstoot kan gee. As jy slegs dinge mag sê wat niemand aanstoot kan gee nie, ook bekend as politieke korrektheid, dan het jy nie vryheid van spraak nie.

Swart politici sê gedurig dinge wat my as blanke gruwelike aanstoot gee maar dit word nie as rassisme of haatspraak hanteer nie.

Hennie ·

Niemand kan ons vernietig nie.Bly net getrou aan God . Alles wat hulle probeer draai teen hulle . Die wiel draai stadig.Bly net glo.

Gert ·

Wil graag met Jack saamstem. Hierdie hele storie van haatspraak is ‘n siek aanval op spraakvryheid, deel van die totale aanslag teen alle regte wat ons in ‘n vrye land gehad het. In vrye samelewings mag jy enigiets se, ongeag wie aanstoot neem.

Jos ·

Vasberadenheid om geregtigheid te laat seevier. Baie geluk. Ek het in my werksomgewing gesien hoe verval disipline en werk kwaliteit en uitset van 1994 af oor lakse werkers wat die rassekaart uitruk as daar teen hulle opgetree word oor hulle werksuitsette en vermoe.

Skroef ·

Is die tegniese adviseur aangekla en gaan hy gedwimg word om skadeverhoeding persionlik aan Van de Berg te betaal?

lewies ·

Mooi so Solidariteit!! Die volgende valse beskuldiging vanaf gesiene en geliefde politieke leiers kan seker binnekort volg. Ons is dankbaar dat die regstelsel in SA steeds betroubaar is. Julle keuse van sake bewys dat julle dit verantwoordelik doen.

Sterkte met die stryd terwille van die WAARHEID!!

PJC ·

As ń mens in die hof lieg is jy mos besig om meineed te pleeg en moet jy mos aangekla en gestraf word daarvoor. Dit gebeur deesdae gereeld en ek sien nooit dat teen diesulkes opgetree word nie. Het dit dalk iets met hul velkleur te doen?

Piet Pompies ·

Ek het vandag weer gesien, alle werknemers is gelyk aan mekaar, maar van hierdie werknemers is meer gelyk aan mekaar.
‘n Senior werknemer wat sy maatjies het en sekere reels op hulle toepas en dan die res van die werknemers wat alle reels moet nakom.
Gelukkig is sulke gedrag nie volhoudbaar want die besigheid se waardes kom in gedrang, dan val die pap op die grond.
Diskriminasie is allerdaags, selfs onder dieselfde kultuur groepe.

Hanna Hoekom ·

Die Raskaart: wanneer jy geen ander kaart (argument) het om te speel nie!

JZ ·

N sieklike gewoonte van mense.wat nog niks oordenklik in n1000jaar kon vermag het nie.

Schalk ·

DIE BETROKKE PERSONEELLID MOET ONMIDDELIK VAN RASSISME AANGEKLA WORD EN OOK TRONKSTRAF OPGELE WORD! HY IS DIE RASSIS. DIS SULKE MENSE WAT NIKS OORKOM NIE, WAT VAN MY N RASSIS MAAK!

aj ·

Nou moet Pieter ‘n klagte van kwaadwillige vervolging indien teen die klaer! En eise instel vir ‘pyn en lyding” en naamskending!

Pieter is ‘n openbare figuur wie se reputasie baie skade aangedoen is deur die vals klagte. Hy het baie boonop baie inkomste verloor.

Laat die klaer en die werkgewer aan Pieter vergoeding betaal omdat hy nou gebrandmerk is …. inkomste vir die res van sy lewe!

Lizelda ·

En hulle kan gerus (wat nooit sal gebeur nie) op nasionale televisie onverskoning vra.

Tokkolos ·

Ek soek nie hul verskoning nie
Want hul word gedwing om dit te doen en bedoel dit nie

Dries ·

Kom mense in julle duisende en sluit aan by SOLIDARITEIT!!!!!! dis wat ek gaan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.