Kommer by Mpuma-hospitale oor kragonderbrekings

Argieffoto

Argieffoto

Die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) het Vrydag gesê hy is baie besorg oor Eskom se besluit om kragonderbrekings in te stel by twee agterstallige munisipaliteite in Mpumalanga.

Eskom het Donderdag aangekondig dat hy geskeduleerde kragonderbrekings in eMalahleni en Msukaligwa wil instel. Gebiede soos Witbank en Ermelo word hierdeur geraak.

Eskom het gesê munisipaliteite wat agterstallig is in hul betalings, moet instem tot kontantbetalings, ʼn geskrewe ooreenkoms van die raad indien dat die skuld verreken sal word en ʼn betalingsplan voorlê vir die agterstallige bedrag, om kragonderbrekings te verhoed.

Gegewe die skaal van die agterstallige skuld aan Eskom, glo ongeveer R1 miljard, is dit waarskynlik dat die saak nie vinnig opgelos sal wees nie. Die munisipaliteite het aangedui dat hulle nie die geld het om Eskom te betaal nie.

Hasa het gesê alhoewel hospitale met kragopwekkers kan funksioneer, is dit nie ʼn langtermynoplossing nie. Die hospitaalvereniging het in ʼn verklaring gesê die situasie kan tot ʼn voortdurende risiko vir pasiënte lei, insluitend diegene wat moontlik kritieke sorg benodig. “Dit is daarom ʼn saak van dringendheid dat die regering deur sy betrokke agentskappe reageer om die kragtoevoer na die betrokke hospitale in te stel, om seker te maak dat gesondheidsorg nie hieronder ly nie.”

Hasa het bygevoeg dit is ook dringend noodsaaklik dat Eskom moet begryp dat die verskaffing van gesondheidsorg by die betrokke hospitale nie beïnvloed kan word weens die versuim van die munisipaliteite om hul skuld te betaal nie.

Eskom het Donderdag gesê kragonderbrekings as gevolg van nie-betaling bly ʼn “pynlike besluit” en word slegs as ʼn laaste uitweg gebruik. “Ons troos onsself daarin dat ons alles in ons vermoë gedoen het om die geld op ʼn vriendskaplike wyse in te samel.”

Eskom was nie dadelik beskikbaar om te reageer op Hasa se besware nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

E vd Merwe ·

Die krag is alreeds elke dag af. 4 1/2 ure elke weeksdag en 5 ure Saterdae en Sondae. Dis n skande dat mens elke maand jou rekening betaal maar Eskom was nooit betaal nie. Nou moet ons daaronder lei.

Andalucia Kuzelj ·

Dit is hoogs ongehoord!

Ons betaal klokslag elke maand selfs meer as die aanvraag!

R4 600 000 se fondse in die Munisipale rekening is nie geallokkeer nie.

Tot dusvêr is R1 600 000 se bedrog gepleeg deur vier lede in die Munisipale binnekring! Arrestasies was in die week gemaak.

Water en krag is gereeld nie beskikbaar nie – sonder Eskom se onder breking skedule – as ń norm hier!

Daar is honderde nuwe RDP huise wat nie eers krag meters het nie.

Munisipale werkers vra R700 dan wysig hul jou “pre-paid” meter om die laaste krag verbruik te registreer.

Dan brand ons straat ligte 24 uur elke dag.

Ons is ń hardwerkende, eerlike, God vresende gemeenskap wat tot hier toe en nie verder gaan sê!

Ons staan nou saam en neem geregtelike stappe.

Die Verbruikers Wet moet noodgedwonge toegepas word.

Die voorstelle van 2014 aan die leierskap om ń Invorderings departement op die been te bring is van die hand gewys!

Vullis verwydering is net so swak! Ons betaal vir vier keer per maand maar word twee keer gediens sonder aan passings op ons rekening.

Genoeg is Genoeg.⌛

Witbank Staan Nou Saam!☄

Reënboog Nasie met ń Toekoms!?

w ·

Hukom word die beamptes wie die geld gesteel het nie vervolg nie. Die prepaid meters se geld is mos vooruit gegee by die mun. Skelm B…..

brens ·

wed jou die kragopwekkers werk ook al lankal nie meer nie!! of dele is reeds gesteel.

Henk ·

Wat presies is die probleem, sou daar kragonderbrekings by die staats hospitale wees? Dar is in elk geval GEEN diens nie, so, ‘n kragonderbreking sal net hulle teetyd verleng!

Andalucia Kuzelj ·

Dit is hoogs ongehoord!

Ons betaal klokslag elke maand selfs meer as die aanvraag!

R4 600 000 se fondse in die Munisipale rekening is nie geallokkeer nie.

Tot dusvêr is R1 600 000 se bedrog gepleeg deur vier lede in die Munisipale binnekring! Arrestasies was in die week gemaak.

Water en krag is gereeld nie beskikbaar nie – sonder Eskom se onder breking skedule – as ń norm hier!

Daar is honderde nuwe RDP huise wat nie eers krag meters het nie.

Munisipale werkers vra R700 dan wysig hul jou “pre-paid” meter om die laaste krag verbruik te registreer.

Dan brand ons straat ligte 24 uur elke dag.

Ons is ń hardwerkende, eerlike, God vresende gemeenskap wat tot hier toe en nie verder gaan sê!

Ons staan nou saam en neem geregtelike stappe.

Die Verbruikers Wet moet noodgedwonge toegepas word.

Die voorstelle van 2014 aan die leierskap om ń Invorderings departement op die been te bring is van die hand gewys!

Vullis verwydering is net so swak! Ons betaal vir vier keer per maand maar word twee keer gediens sonder aan passings op ons rekening.

Genoeg is Genoeg.⌛

Witbank Staan Nou Saam!☄

Reënboog Nasie met ń Toekoms!?

Susan ·

Gelukkig het julle straatligte, waar ons woon is die afgelope paar jaar GEEN straatligte nie. Kla, soebat en dreig help net mooi niks nie, huisbrake kom gereeld voor. Ons is siek en sat vir hierdie korrupte spul?

Stephan ·

Ek stel voor dat die inwoners wat deur hierdie krag onderbrekings geraak word regshulp moet kry om die betrokke munisipaliteite tot verantwoording te roep. Plaas hulle onder administrasie en laat daar ‘n in diepte ouditeers ondersoek gedoen word om die wanpraktyke te ontbloot en die skuldiges dan strafregtelik vervolg word. Die tyd het aangebreek dat die publiek begin tande wys. As ons nie begin optree nie is ons tevrede met die diens wat ons ontvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.