Verskeie Kaapstadse buurte sit sonder vullisverwyderingsdienste nadat die Kaapstad-metro noodgedwonge sy personeel uit Gugulethu moes onttrek weens dreigende aanvalle op die stad se werkers.
Gewapende mans het werkers van die vullisverwyderingsafdeling Maandag in Gugulethu gevolg. Die misdadigers het daarop aangedring dat die metro “beskermingsgeld” betaal sodat sy personeel nie aangeval word nie.
Dit is nie die eerste keer dat só iets gebeur nie en volgens Grant Twigg, burgemeesterskomiteelid van afvalbestuur, gebeur dit al hoe meer gereeld in sekere dele van die stad.
“Hierdie groeiende tendens het die metro genoop om as ʼn voorsorgmaatreël tydelik sy vullisverwyderingsdienste uit die gebied te onttrek,” sê hy.
“Ons doen ook ʼn beroep op die polisie om die neiging te ondersoek en stappe te doen. Misdadigers kan nie toegelaat word om dienslewering op hierdie manier te kaap nie.”
Volgens Twigg is soortgelyke aanvalle onlangs in Philippi-Oos, Lower Crossroads en Nyanga aangemeld.
“Vullisverwyderingsdienste is ook tydelik in Manenberg opgeskort weens ʼn opvlamming van bendegeweld in die gebied,” sê hy.
Die metro het intussen berading aan die personeel verskaf wat Maandag deur die gewapende mans geteiken is.
“Die metro se departement van afvalbestuur ondersoek verskeie maniere om dienste so gou moontlik te herstel, insluitend om met die direktoraat van veiligheid te werk,” sê hy.
“Alle vullis wat in hierdie tyd ophoop, sal verwyder word sodra die gebiede weer veilig is om binne te gaan.”
Dis landwyd deel van die ANC en sy terroris alliansies wat anargie kweek en saai.
Korrek.
In Centurion word hierdie trokke begelei deur Metro polisie voertuie
In die Moot begelei die GPF en privaat sekuriteits maatskappye ook die trokke. Soms ry ons in die nag net om die voorspelbare roetine vir die kwaaddoeners deurmekaar te maak. Wanneer hulle opstaan om hulle klipgooi dag te begin is die asblikke reeds oornag gelig.
Waar is ons POLISIE en wat doen hulle? Ek sal graag wil weet wat nou hier gaan gebeur … “Ons doen ook ʼn beroep op die polisie om die neiging te ondersoek en stappe te doen.”
Polities gemotiveerde aanvalle. Van die politieke partye het geen moraliteit, etiek en ordentlikheid nie.
Hulle kry nie eens skaam vir wat hul doen teen die land se infrastruktuur en alle belastingbetalers nie.
Kiesers moet versigtig wees vir wie hul stem. Nou sukkel bv. Zimbabwiërs om van Zanu PF ontslae te raak, want hul het te lank toegelaat dat die party aan bewind is.
Los hulle vullis net daar waar dit is aangesien hulle geen respek vir die belastingbetaler het nie. Laat hulle in hulle eie gemors lewe.
Dis mos nie die inwoners se skuld nie, hierdie is misdadigers.
Dit is reg Piet wat egter tel is die feit dat die inwoners weet wie dit is en moenie kom vertel die gemeenskap is bang vir hulle nie en in baie gevalle gooi die polisielede ” blind eye ” en versuim dood eenvoudig om hulle werk te doen.
DA beheerde stede is onder terroristse aanvalle. Dis duidelik. Wat doen Cele omtrent dit?
Cele sê SHUT UP!
Stop dienste in daai gebiede
Is nie altyd daai mense nie is nabure woongebiede ook soms
Anargie heers deur die hele land. Die polisie sal nie ‘n vinger verroer nie want die vis vrot van sy kop af . Die regstelsel het ingeplof. Dis die waarheid.
Ek is nou al so moeg van die “vis vrot” storie. Dink tog iets anders uit!
As die gemeenskappe nie in dienslewering belangstel nie, stop doodeenvoudig die dienste! Of kry polisie om die trokke te vergesel? In Manenberg kan die bendes solank inspring. Lewer dienste in gemeenskappe wat daarvoor betaal en dit verwelkom.